'n Minder bekende maar nie minder pakkende lied deur Theo W Jandrell en FR Sigismund is ook in die FAK opgeneem:
Ek ken 'n land van ossewa,
waar voorgeslagte, deur bangste nagte
hul leed moes dra.
My eie land Suid-Afrika.
Ek ken 'n volk so groot en vry,
van vroegste tye, deur swoeg en lye
so taai gebrei!
My eie volk Suid-Afrika.
Ek ken 'n taal, nog jonk en fris
bykans verlore, maar nou herbore,
so dierbaar is!
My eie taal, my erfenis.
Ek min jou, land van ossewa;
waar ek ook swerwe, en tot ek sterwe,
Suid-Afrika!
Ek sal jou op my harte dra.