UIT DIE CHAOS VAN DIE EEUE

Nog 'n besielende, sterk marslied deur Stephen Eyssen en DF Viljoen wat ons sangers vandag gerus weer uit volle bors kan sing om daardie volkstrots wat die verraaiers onder ons so hard probeer vertrap, helder wakker te maak:

Uit die chaos van die eeue het verrys 'n stoere volk;
Met die durf van pioniere word ons nasiestryd vertolk.
Met die polsslag van ons volksiel word ons dank jou toegedra;
Deur ons sangers, skilders, bouers, roem ons jou, Suid-Afrika.
Ons sal handhaaf, ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra;
Ons sal sal sterk wees in ons liefde vir ons volk, Suid-Arika.

Hoor die skoon ruis oor ons velde, soetste taal van klein en groot;
Klanke wat ons hier verwelkom, van vaarwel ook by die dood.
Dis die taal van onse vaders in ons volksvergadersaal.
Op ons kansel, in ons howe klink die Afrikaanse taal.
Ons sal handhaaf, ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra;
Ons sal sterk wees in ons liefde vir ons taal, Suid-Afrika.

Een van hart en sin en strewe, vasvertrouend op die Heer,
Sal ons bou 'n toekoms, heerlik op die skone van weleer.
Uit die diepte van ons harte smeek ons vurig om gena;
Om te hou wat ons verwerf het, om te bou Suid-Afrika.
Ons sal handhaaf , ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra;
Ons sal sterk wees in ons liefde vir ons land, Suid-Afrika.