DIERBAAR SUID-AFRIKA

Land van die vaders,  land van vrome Trekkers,
Jy is ons dure pand, ons geliefde vaderland;
Jou dien met al ons vlyt!  Jou beskerm in sware stryd!
Dierbaar Suid-Afrika. Gee ons die manne, rein in al hul wandel,
Manne met Trekkersbloed, trou in al hul handel.
Dan is ons onbevrees, sal ons toekoms veilig wees.
Dierbaar Suid-Afrika.

Gee ons die vroue, eerbaar in hul wandel
Vroue met Trekkersmoed, rein in al hul handel.
Dan bly ons roem bewaar, dan ook bly ons volk gespaar.
Dierbaar Suid-Afrika.