En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde.
Dit is die lied van jong Suid-Afrika (3x) Die klop van ons ossewawiele
het die eeue se rus verstoor.
Die klank van ons voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die koms van jong Suid-Afrika. (3x)
Waar glorie van songloed die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dis die land van jong Suid-Afrika . (3x)
Die golwende veld is ons woning
en ons dak is hemelblou;
Die vryheid alleen is ons koning.
Sy wagwoord is handhaaf en bou.
Die stryd wat ons vaders begin het,
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die eed van jong Suid-Afrika. (3x)
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde.
Dit is die lied van jong Suid-Afrika (3x) Die klop van ons ossewawiele
het die eeue se rus verstoor.
Die klank van ons voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die koms van jong Suid-Afrika. (3x)
Waar glorie van songloed die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dis die land van jong Suid-Afrika . (3x)
Die golwende veld is ons woning
en ons dak is hemelblou;
Die vryheid alleen is ons koning.
Sy wagwoord is handhaaf en bou.
Die stryd wat ons vaders begin het,
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die eed van jong Suid-Afrika. (3x)