VLAGLIED VAN SUID-AFRIKA

Ons Unievlag is in 1928 ingestel, agt jaar na Uniewording en is onveranderd na Republiekwording in 1961 weer gebruik totdat hy in 1994 vervang is met hierdie bont gedoente wat gehys word wanneer hulle sing: Kosie soek ‘n lêplek in Afrika...

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
Vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
Die pand van ons erfnis, geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
Die vlag van  ons eie Suid-Afrika!