ANDERKANT DIE KRISIS

In 1961 het PH Langenhoven en Stephen Eyssen vir ons hierdie pragtige lied gegee om te sing:
Heil, ons Republiek
!
Die dag het eind’lik aangebreek
dat ons die vaandels op kan steek,
die vryheidsvaandels fier en hoog
wat band en boei nie meer gedoog.
Nou is ons vry, ja waarlik vry,
nou sing ons bly, ja waarlik bly.
Laat snaar en stem ons lied uitdra,  (2X)
Refrein:
Heil, Republiek van Suid-Afrika !
Heil, heil en nogeens heil !
Republiek van  Suid-Afrika ! Op dieselfde melodie as wat Stephen Eyssen hierdie mooi lied geskryf het, kan ons nadat die Here ons gered het, tot sy verheerliking in ons vrye land sing:

Heil, ons het oorwin!

Kom sing weer almal vrolik, bly
Ons is na jare nou weer vry.
Die vyand is vir goed verslaan
want ons het dié keer saamgestaan.

Ons vrees nie meer sy duiwelsleer
en waar ons gaan, sal ons die Naam
wat ons gehelp het, trou uitdra  (2X)
Refrein:
Ja, ons bring lof en dank aan die Heer,
Hy het ons deurgedra,
Tot die heil van Suid-Afrika !