NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die tyd waarin ons nou leef word daar nie meer groot waarde geheg aan die huwelik soos God dit bedoel het nie. Elke keer wanneer iemand so ligtelik skei en met 'n ander trou, pleeg hy/sy egbreuk, 'n Gebod van God wat oortree word. Lees weer Mat 19: Jesus self sê dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander vrou trou, pleeg egbreuk.

DIERESTORIES VAN LANKGELEDE

Lees reeks by Dierestories van lankgelede

DAL, RIVIER EN KROKODIL

Die mens, wat die woeste streke van die aarde een na die ander in besit neem en die wildernis laat plek inruim vir weiland, die oerwoud vir huise en strate, het op daardie dal nog nie sy stempel afgedruk nie; geen paaie of brue of huise was te sien ergens tussen die gebroke reeks rante wat dit na die suide begrens, en die berge aan die noordekant nie. Drie myl na die weste, op die oop vlaktes anderkant die laaste rant, was ’n inboorlingdorpie geleë; nog een het teen die voetheuwels van die berge gelê. Maar altwee het kos en water byderhand gehad, en hoewel daar af en toe ’n klompie inboorlinge mag afgekom het na die rivier wat die middel van die dal afstreep, het die golwende hange aan elke kant van die water die ongestoorde gebied van wilde diere gebly.

Tussen die twee heuwelreekse loop die grond eers so effens skuins en dan skerper afdraand na die wal van die rivier toe. Op die vlakte het leeus, girafs, buffels, sebras en baie soorte bokke geloop; in die rivier was seekoeie, krokodille en waterskilpaaie; orals was voëls en ’n menigte gekleurde insekte.

Die dal was nog soos die natuur gemaak is, verward groen-bloeiend, die tuiste van diere wat die onnatuurlike behoedsaamheid wat onvermydelik kom waar die mens gejag het, nog nie aangeleer het nie. En tog, vreedsaam was dit daar nie. Vrees en agterdog het daar nag en dag geheers. Die ou renoster wat gehou het op die kruin van ’n rant nie ver van die rivier af nie, kon gedurende die hitte van die dag onder ’n doringboom staan en sluimer, veilig teen gevaar solank hy die renostervoëltjies op sy rug voel; maar sodra hulle opvlie, sou hy onseker snuif in sy twyfel omtrent die gevaar en die rigting waaruit dit dreig. Op die vlakte aan die voet van die rant kon die hartbeeste, sebras en rooibokke wei, maar uit elke trop moes een opsy staan — die brandwag! Verderweg van die rivier af, waar die doringbome in kolletjies staan, kon die girafs aan blare peusel of, met wydgespalkte bene, hulle lang nekke afbuig om in poele te drink; maar steeds was hulle op hulle hoede dat die gras in die nabyheid nie dalk deur die bewegings van ’n vyand geroer word nie.

Want die leeu jag daar, en die luiperd lê op die krans sy prooi en beloer. Die hiëna en die jakkals wag vir die oorblyfsels van die slagoffer, en aasvoels draai bo in die lug, voortdurend speurend na die oomblik wanneer hulle sal kan neerstryk om die oorskiet te verwyder. Die cheetah dwaal deur vlakte en woud, die luislang lê op die boomtak, die likkewaan grawe krokodileiers uit en vreet dit op, die hiëna en die leeu dra volstruise se kuikens weg. Geen dier kon sonder vrees eet of drink nie. Die wat in rivier of watergat kom suip, aarsel, steek roerloos vas, gaan selfs terug soos hulle gekom het, met ongeleste dors. Die gegrom van die leeu op jag, die gekug van die luiperd, klink snags oor die dal en jaag gaselle of bobbejane vrees aan; of die swygende krokodil roer die water as hy sy prooi kom gryp.

Uit die statjie van die klei-en-sparhuisies wat laag teen die hang van die berg lê, kom ’n klompie inboorlinge; die son, reg bokant hulle koppe, skitter op die lemme van asgaaie, op die kortsteelbyle wat sommige van hulle dra, en op die blinkende vel van hul skouers.

In enkel gelid stryk hulle voort en vertrap ’n streep gras tot ’n smal, ongelyke gangetjie, waarin die minder gekneusde halme eindelik weer regop sal gaan staan, tot alleen ’n effens verkreukelde strokie sal aandui dat mense hierlangs geloop het. Anders toon die gras oral in die rondte ’n ongebroke vlak sterwende groen wat saggies in die windjie roer. Die inboorlinge kom behoedsaam aan, wakker vir enige skielike beroering van die gras, wat die aanwesigheid van gevaar mag verraai; want die gras is hier meer as drie voet hoog — oorgenoeg bedekking vir ’n sluipende roofdier. Eenkeer gaan die voorloper staan en wys links, waar dit Iyk of die grasstele heftiger roer as elders in die omtrek; maar niks wys bokant die oppervlakte nie, en kort daarna vlug die diertjie wie se bewegings die gras laat roer het, sy koers duidelik sigbaar aan ’n slingerende, sigsag streep wat eindelik in die verte in doodloop.

Nou stap hulle weer verder en kom oplaas, deur ’n lap bome en ruigte heen, op ’n plek waar die rivier teen ’n reeks eilandjies vasstroom en vertak in vier kleiner lopies wat, na ’n kronkelgang deur hoër veld, weer ineenloop. Daar kon ’n oorgang gebou word, deur elkeen van die vier strome met ’n afgekapte boom te oorbrug. Op die wal kies hulle ’n boom waarvan die takke sou reik tot by die eerste van die groep eilandjies, en val met die byle weg.

By hierdie plek, in die middel van die strook bome, loop die rivier tussen steil walle, agt voet hoog en met oorhangende plantegroei; die lang palmtakke wat slap neerhang na die water toe, oorkruis die bleekwit onderkant van wilde- piesangblare; verwarde ruigte groei tussen die boomstamme en verberg die rantjie van die rivierwal. Die groter bome sprei hulle takke oor die water en ontmoet die van oorkant af, sodat daar bo-oor ’n kantwerk van bruin en groen hang, terwyl benede, die oppervlakte van die water in diep-donker skaduwee lê. Die rivier stroom onder in die duister van ’n diep geut, so swart en stil dat dit onwillekeurig die grimmige en onheilspellende laat vermoed.

Die watervlak rimpel so effens. Met geen geluid bespeur, verwyder ’n donker, onreëlmatige vierkantjie hom uit die omringende skemer en beweeg, hier oor ’n kolletjie grys, daar oor ’n smal strepie sonlig, om dan in die skaduwees verderaf geheel te verdwyn en oplaas skynbaar tot rus te kom in ’n groot, malende kolk honderd tree laer af in die stroom. Daar kom ’n roering asof ’n groot liggaam langsaam onder die water wentel, en dan rys die kop en rug van ’n krokodil bokant die watervlak. ’n Paar sekondes bly hulle so, net bokant die water uit, en sak dan stadig weg tot alleen die stomp snuit en sy skuins oë nog sigbaar is.

Die krokodil lê doodstil op die smal lysie wat onder water van die wal af inskiet. Die gewebde kloutone aan die punt van sy kort, stomp pote grawe in die sand, wat in ’n dun lagie op die rots uitgesak het; sy liggaam ontspan en kom slap tot rus op die lys, die geweldige stert agteruit in die diepte. Van kakebeen tot stert meet hy vier-en-twintig voet — meer as tweemaal die lengte van elkeen van die ander krokodille wat in daardie deel van die rivier hou. Hy was ’n reus, selfs vir sy soort, lelik en lomp, maar die beliggaming van krag en onkwesbaarheid.

Weens sy enorme grootte kon hy hom nie, soos die ander krokodille, tevredestel met ’n diëet van vis, slegs nou en dan aangevul deur vleis nie. Hy het vleis nodig as sy hoofgereg, waar hy dan kon byvoeg die visse wat hy toevallig hier en daar, sommer so half ingedagte, ophap onderwyl hy deur die water dryf. Gevolglik gaan hy dikwels na die sandbank om te vang onder die diere by die drinkplek. Sy aanwesigheid was ’n nimmer-eindigende gevaar vir die antelope, die gaselle, en ander diere wat na die waterkant kom.

Wel, ’n paar minute gelede het hy aan die oppervlakte van die water gelê en sluimer, versterk na ’n stewig maal. Vermoedelik was dit ’n geluid van die wal af wat hom wakker gemaak het. Hy kyk op, om daar op die wal iets te sien roer — ‘n bewegende silhoeët, swart teen die donker van die boomstamme en ruigte — en toe, wonderlik, want die windjie was maar sag, stort ’n boom neer dwarsoor die stroom, sodat party takke op die oorkantse wal raak, en ander die water laat rimpel waarin hy lê. Hy begryp nie wat die boom laat val het nie; ook bring hy die val nie beslis in verband met die gedaantes wat op die wal beweeg nie. Maar sy instink berig van gevaar, en hy gee pad na groter veiligheid stroom-af.

Soos hy nou daar in duister rustig lê, word sy gedagtes in beslag geneem, nie soseer deur die gevalle boom nie, as deur daardie gedaantes, wat — dit besef hy — geen bokke of bobbejane is nie, maar iets onbekends in sy ondervinding. Hy sal later so ’n slaggie moet proe hoe hulle smaak. Dit mag blyk dat hulle geur gans anders is as die gasel en die sebra s’n, dalk nog lekkerder as die van seekoeivleis. Op een of ander tyd sal hulle bepaald hier in die rivier kom drink, soos die ander wild, en dan sal hy lê en wag, net binnekant die kring van die skaduwees ....

Noudat daar ’n brug was, het die lewe verander langs daardie gedeelte van die rivier.

Inboorlinge gaan nou byna daagliks oor, partykeer met haastige skrede, asof hulle begerig is om die bestemming te bereik van hulle reis — onderneem met die oog op ruilhandel —partykeer rus hulle eers ’n bietjie, met die water reeds sigbaar daar voor. Nou en dan kom een na ’n sandbankie, honderd tree stroom-af, en buk om ’n kalbas te vul, onderwyl twee ander met asgaaie omhoog staan en waghou teen krokodille. En krokodille was daar; die reus en twee ander, versteek in die diepste skaduwees, met hulle klein ogies gevestig op die gedaantes wat daar so verleidelik beweeg. ’n Vrou kom miskien oor die sandbank, skaars-skaars tot aan die waterkant, buk, en draai dan terug met ’n stortvloed van water uit die kalbas wat sy laat kantel het in haar haas.

Maar eenkeer, terwyl die skemer neersak, het daar een gekom met ’n erdepot en, nadat sy dit gevau het, draal sy nog, hande in die stroom, en spat die koue water teen haar bene. Die reuskrokodil, wat snel uit die skaduwees skiet, sy hele lyf behalwe oë en neusgate onder die water verskuil, maak net ’n rimpeltjie op die watervlak soos hy naderkom. Binne nog ’n sekonde sou sy kake oopgespalk en gesluit het — maar daar klink ’n man se hees geskree, nogeens — die vrou vlie gillend om, en die pot tuimel in die water. Toe tref ’n asgaai die krokodil se kop en, terwyl hy na die middel van die stroom toe wegseil, voel hy met die terugkeer van sy bewussyn, ’n skerp pynsteek net agter die potjie van die regtervoorvoot.

Hy swem vinnig en merk skaars die slepende gevoel in sy regterblad, maar toe hy, in die veiligheid van die rivier laer af, stadiger gaan, gewaar hy die pyn met elke beweging van daardie liggaamsdeel; en hy ontdek dat ’n dun, harde iets nog uit sy vel steek, die punt diep in die vleis in. En onderwyl hy verwonderd rus, word sy been styf en vol pyn.

Dae gaan verby. Deur te skuur teen ’n rotsagtige plekkie in die rivierwal, het hy oplaas daarin geslaag om die diep- gestoke asgaai af te breek, maar die metaalpunt het vas bly sit, ’n lopende wond. Allengs het die pyn bedaar, en hy het al byna die volle gebruik van sy been teruggekry. Maar daar is nog af en toe ’n styfheid in, en pyn, so nou en dan. Hy het onthou, en selfs nog versigtiger geword as voorheen.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 872 gaste aanlyn