Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Psalmdigter pleit by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig – ons volk durf vandag presies dieselfde woorde gebruik: "Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (3)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE VROU VOOR DIE HEK
Ek wens hierdie verhaal wou helfte soveel plesier aan die leser verskaf as aan die skrywer. En dit is nie uit selfvoldaanheid oor die werk nie - en dié is ook maar daar; daar is ander mense wat gelukkig minder menslik is - maar omdat hy herinneringe terugbring, groen en vars en lewend, uit my ver- vergange kinderjare.
Dlit moet 'n veertig jaar wees, of miskien langer, wat die pad oor Huisrivier se Berg aangelê is. Voor dié tyd het 'n mens van Ladismith (Kaap) of na Calitzdorp nie 'n berg oor gery nie maar 'n bergpoort deur die Caledons-Kloof. Dikwels as kind het ek daardie poort deurgery; ek is seker ek sou baie van die draaie en driwwe en kranse vandag nog herken; en regtig, ek wens ek kon weer daardeur gaan, eenmaal vir oulaas. Maar ek twyfel of daar vandag 'n rybare pad bestaan. Op sy beste was meeste van die pad pure rivierbed; daar is geen ander plek nie, die poort is nou, buiten in die middel waar hy oopgaan om plek te maak vir 'n aanleggie en 'n plasie. Ek onthou daar het ene ou Oom Freek Pretoors gewoon; ons het dikwels daar aangery en uitgespan en 'n koppie koffie of iets geniet. Dis nes ek my nou sien die slagboomhek in die klipmuur oopmaak om in te ry.
Soheentoe gaande — om waar ek nou woon vandaan te reken — ry 'n mens van Calitzdorp af deur Gamka, dan 'n vlakte op, 'n hoogtetjie of wat oor die poort deur (by die halfpad se plasie verby) tot jy, anderkant uit, Taaiskloof kry. Daarvandaan 'n baie steil hoogte uit, en 'n endjie verder laat jy 'n velddam met 'n veekraal, "Die Sand" het ons hom genoem, regs lêen jy ry tussen twee reekse rante af, "Die Poortjies," tot jy amper op Blouhoogte in Ladismith se pad kom. Daarmee kan jy dan links aanhou, Soutkloof af, as jy na die dorp toe wil gaan of regs, Blouhoogte oor, na my ou plaas Hoeko toe
Daar was tye toe ons — "ons" beteken Pappie — daar veldgrond gehad het, en toe het ons vee self daar op Die Sand gelê; ek het baie maal met die kar saam gaan slagding daar haal (was nog te 'n kind om self te ry). En nog voor daardie tyd — dis lang jare waar ek van praat — het die geskiedenis voorgeval wat hieronder volg. Dat ek die voorgaande dingetjies gemeld het, is nie omdat hulle opsigself van belang is nie waar om aan die leser te wete gee dat ek hier van plekke praat waar ek netso bekend mee is as met my eie huis; dan sal hy verstaan waarom ek hierdie stoie so lank onthou het. Want in daardie ou dae is hy aan my vertel, en die verteller lê lange tyd in sy graf. Dinge wat in 'n mens se vroeë kinderjare 'n diep indruk op jou gemaak het, vergeet jy nooit, en minder nog as hulle vasgeknoop is aan jou eie omgewing van daardie tyd self.
Die verteller van die verhaal, ou Oom Sybrand van Wyk, het nie ver van ons af gewoon nie - op dieselfde plaas Hoeko. (Daar was baie eienaars van die een plaas, want hy is vrugbare landbou-grond onder vaste water.) Een jaar, toe dit bitter droog was, sodat ons "vaste water" ook maar onleibaar swak geword het, het ek beeste opgepas by Oom Sybrand op 'n vleiland "waar daar 'n meer "vaste" fontein is. Die oom had 'n tuintjie en 'n vrugteboordjie daar onder die fontein se sloot, die bome bietjie verwaarloos want dit was 'n hele end van sy huis af; maar ek proe nou-nog die suur appels wat nooit tyd gekry het om soet te word nie. Verder was daar 'n blok vleierige grasland, biesies en tone, swak wei; maar die beeste had, daardie jaar, nie vir uitsoek nie.
Een namiddag het Oom Sybrand daar kom water lei in sy tuintjie, en toe hy klaar was daarmee, by my onder die appelboom kom sit en gesels. Groterige, frisgeboude oukêrel, yl rooibaard, vaalrooi bos hare wat sonder gereelde aandag moes klaarkom. 'n Man wat vir niks op aarde gestalt het, mens of dierasie nie. Maar vir die donderweer en vir die donker was hy so vreesagtig as 'n kinderbaba. Hy had die naam dat hy nooit alleen wou wees in die nag, buite of binne nie. Dit was eintlik 'n gaande grap onder die bure om hom te nooi om saans te kom kuier; en kinders het hom banggemaak met lakengedaantes op sy werf. Sy vaste bynaam was ou Bang Sybrand. Dis begryplik dat sulke mense gedurig spoke sien wat nie daar is nie; wat hulle sien is onhelder en hulle loop nie nader om te ondersoek nie. Oom Sybrand het seker genoeg spoke gesien om die lewende bevolking van die plaas te verdubbel met dooies. Maar die spook waarvan hy netnou hier sal vertel kan nie een van daardie drogskeppings van sy vreesagtige verbeelding gewees het nie, soos die leser met my sal saamstem.
Ek laat die ou hiervandaan praat, soos daar met my onder die appelboom.
Ja, Neels, die droogte is swaar vanjaar. Maar jy kan nog geen vermindering aan hierdie fontein-straaltjie bespeur nie. Jammer dat hy so kort bo die onderlyn van my grond is dat ek driekwart van die water moet laat mors - loop in die rivier in. Was hy daar bo by my huis dan was hy goud werd. Hy steur hom mos aan geen droogte nie. Buiten in '65; toe het hy bot,droog gaan staan. In daardie jaar was al die toue en fluitjiesriet en pypsteel en ruigte en papkuil wat jy hier sien, witvaal nes daardie pol wat ek verlede week daar uitgesteek het. By ou Bart in die rivier het die wilgerbome tot in die wortels verdroog. Die wat nou daar staan het later weer gegroei.
Dit was in die winter van daardie jaar, en koud man, koud - die droogste winters is mos altyd koudste – dat ek die nag die ontmoeting had in Caledons-Kloof. Sal ek jou vertel daarvan? Ja? Nou ja.
Ek is middag twaalf-uur van Calitzdorp af weg, meer as betyds om voor sononder hier by my huis te wees. Want ek is nie 'n man wat my met donker-gejakkery ophou nie. Nog voor twee span ek uit by die snaakse fonteintjie daar bo op die hoogte anderkant voor die poort, en om drie uur span ek weer daar in. Maar ek was skaars 'n kwartier of so weer aan die gang, skrik my haar-perd Windsnel vir een of ander bogtery — 'n vos is mos maar altyd vol nukke — en voor ek hom kon regeer, vlieg hy met sy maat en al uit die pad uit, en die kar 'n wal in, en my disselboom by die voorste boude onder die buikplank mors-af.
Ek het die perde dan maar daar uitgespan en aan ‘n bos vasgemaak en teruggeloop, 'n halfuur agteruit, na 'n veewagter se kraal toe wat ek verbygekom het, om te sien om 'n byl te leen te kry. Die ou skepsel had wat jy kon noem 'n byl, wat hy opgetel het toe sy baas dit weggegooi het, stomp-verroes; maar daarmee moes ek dan maar sukkel. Die ou het my darem met sy knipmes ook gehelp, soveel as die help dan beteken het; en eindelik had ons 'n dik ggenoeg doringhout af en skoon en met rieme vasgewoel aan die stuk disselboom wat nog hou onder die buikplank. ' (Maar daardie noodshulp, laat ek nou maar dadelik sê, het my darem met my kar deur die poort gebring en tot hier by my huis. Ek hou my nie met vrotsige werk op nie.)
Maar toe ek weer ingespan was en die gawe ou jong iets gegee het, was dit sterk skemer. Daar val toe 'n reëntjie, bietjie te vinnig vir 'n motreen, en hy word al sterker. Dit was nou so koud dat my twee perde staan en bewe in die tuig — die enigste maal in my lewe dat ek dit van perde gesien het. Hier en daar val 'n veertjie kapok tussen die reëndruppels.
Ek is 'n man wat niks daarvan hou om in die donker rond te werskaf nie. Maar dit was maar kort endjie na ou Freek Pretoors toe daar in die poort, en hier kon ek ook nie alleen bly in die nag nie. Ek sou dan maar tot daar ry en daar oorbly. Ek wou die ou veewagter huur om met my saam te ry tot daar, maar hy was te getrou. "Nee, Baas; ek is in my eie Baas se hotnotskap; ek moet sien dat sy trop vee jampêre is."
En so het ek dan maar alleen gery, die donker kloof en die donker nag in. My ou jas was dun en gaar; my hande so styf dat hulle nes ystertange die leisels vasknyp; ek sit en bewe op die kar en daar was geen bangigheid voor nodig nie.
Eindelik, dank die hemel — ek ken mos die fatsoen van die bo-rante van die kranse soos ek hulle deur die reën dof teen die lug kan uitmaak - kom ek by die laaste draai wat ek moet omgaan om op Freek Pretoors se plasie uit te kom waar die poort sy wydte gee. Soos jy weet, die ou grondjies en die opstal is agter met die krans toe en voor met 'n klipmuur, al langes die pad, met 'n slagboom waar 'n mens inry na die huis toe. Reg-oor die hek, oorkant die pad, staan 'n tamaai wit, elsboom. Netsoos ek om die hoek kom en onder die boom deur dat ek wou stilhou om die hek oop te maak, gaan my hart staan. Neels, daar is mense wat voorgee hulle is nie bang nie. Ek het gewens een van hulle was in my plek daar.
Ek kon die huis dof beken, nes 'n swarter blok teen die swart kranse. Die hek se style wys ook swart strepe. Dit was kort na volmaan, en die maan moet op gewees het, maar dis toe van die reën, en die poort is altyd maar donkerder as die oop wêreld.
Voor die hek staan 'n vrou se gedaante, albei albei hande oop, plathand na my toe gedraai, om te wys: "Moenie hier inkom nie." Dit kon 'n gewone vroumens gewees het, so natuurlik is haar houding en al haar trekke. Maar waarom sou 'n vrou hier in die reën staan in die nag, met net 'n paar stukkies onderklere aan? En sy skyn wit -- lyk amper of sy lig gee; en ek kan die huis en die hek dwarsdeur haar sien.
Wat nou, Neels, vra ek jou? Al kon ek die hek ook oopkry, sou ek oor die vrou moes ry, of deur haar, om by die huis te kom. Ek het half daaraan gedink om te skree, maar dan moes ek oor haar verby skree, en dit kon ek nie regkry nie. Die huis staan so groot as hy is pikdonker; geen lig in geen venster nie; die mense slaap. Was daar een liggie gewees, dan had ek seker darem maar, uit desperatigheid,geskree, as ek 'n geluid kon uitkry.
Nou wat dan? Inry kon ek nie; hier bly staan kon ek ook nie - strakkies kry die vrou dit in haar kop om aan te kom en by my te kom opklim. Nou ja, ek sal maar aanry deur die nag, huistoe. Erger as hier kon dit vorentoe mos ook wees nie. Toe trek ek dan maar my perde op en ons ry, voor die hek en voor die verby — met die pad poort-op. Vir die perde moes die gedaante op een of ander manier onsigbaar gewees het; hulle wys geen teken van skrik of selfs dat hulle dit sien nie.
Ons was al 'n hele end, weg, drie, vier van die kranse se kronkelings deur, voor ek die moed had om die eerste maal om te kyk. Maar ek sien niks agter my nie — en ek het daarvandaan aangehou met omkyk; die vrou het my dan nie agterna-gesit nie.
In Taaiskloof dog ek, nee, hier moet ek darem afhaak om my perde 'n gerfie voer te gee en vir my by 'n vuur warm te maak. Ek was nou dwarsdeur nes 'n blok ys. Netsoos ek wil uitdraai tussen die taaibos en die laagtetjie - Neels ken mos die óu uitspanplek daar — hier staan dieselfde vroue-gedaante weer. En sy wys weer met die twee plat hande "Nee, moenie hier uitdraai nie." Ek moes maar weer aanry.
Toe ek 'n endjie weg was, en weer omgekyk het, en ek sien daar kom niks agteraan nie, het ek afgeklim en my perde gelei Taaiskloof se steil hoogte uit, al was dit dan maar om van die loop 'n bietjie warm te word. En dit het gehelp ook, Neels. Bo-op die hoogte het ek weer opgeklim. Dis nou afdraend huistoe. Die Sand se dam verby, die Poortjies af, netnou op Blouhoogte met my huis daar oorkant die rivier voor my oë.
"Toe maar, my ou perdjies," sê ek. "Julle weet dis nie julle oubaas se gebruik om julle so te behandel nie; maar hierdie slag moet julle maar deurloop. Nog 'n uur, hoor; en julle kry elkeen twee groot gerwe in julle eie warm stal."
Maar toe ek reg-oor Die Sand se dam kom -- daar draai mos 'n ou skurwe twee-spoor, veldgeryde paadjie uit — daar staan die vrou die derde maal. Maar hierdie slag staan sy nie op die uitdraai om naby in die pad te hou nie; sy staan voor in my pad om my te keer — ek moet hier uitdraai. En weer moes ek maar gehoorsaam.
Toe ek by die veepos op Die Sand kom, is alles dood en verlate. Ek hoor geen vee in die krale blêr en rumoer nie. Die dam is seker opgedroog, geen wonder ook nie, en die vee en veewagter weg na die ander Rietfontein. Uitgespan en my perde vasgebind en voer gegee agter die hoë doringheining van die kraal om tog effentjies beskut te wees, en met my arms vol hout - daar lê oorgenoeg - na die strooihuis toe aangestap om binne vuur te maak. Dieselfde koue reën val nog al die tyd —en daardie reën, kan ek jou nou maar hier sê, Neels, was die eerste breek van die groot droogte van '60 tot '65.
Die hout was natuurlik sopnat, maar dit was goeie ghwarriehout en daar was dun takkies by, en ek het sommer aan die binnekant handevol droë strooi van die pondok uitgebreek; en dit duur nie lank nie of daar brand 'n heerlike vuur, die mooiste aangesig van 'n vuur wat ek ooit in my lewe geniet het.
En toe, by die lig van die vuur eers, sien ek ek is nie daar in die strooihuis alleen nie. Die vrou is weer daar, dieselfde een — buiten dat dit nie nou haar gees is wat ek voor my sien nie maar haar liggaam, en die liggaam is 'n lyk. Sy sit plat op die grond, vooroor, haar kop tot op haar kniee gesak byna so goed as nakend, haar klere van haar afgetrek om haar kindjie toe te maak wat sy met haar dooie arms nog aan haar dooie bors vasdruk. Terwyl ek nog kyk, skree die kindjie. Die gees van die moeder het my nie te laat daar gebring nie.
En ek, Neels, ek wat Bang Sybrand is, het die nag daar by die lyk gebly en die kind warm gehou. Die volgende oggend het daar mense met 'n wa verby gekom en hulle het my gehelp om die liggaam op die kar te sit. En so het ek met die doringhout-disselboom en die dooie moeder en die lewende babatjie by my huis aangekom. (Die kind is deur familie aangeneem en grootgemaak. Maar ek sal jou ander dag verder van hom vertel.)
Teenswoordig se kinders . . .. jy is nie te jonk Neels, om van sulke dinge te weet nie. Vir 'n arme meisiekind wat tot een kwaad verlei word, is daar mos hier op aarde geen genade nie. En dit moet maar so gehou word; want waar sou ons almal heen beland as ons vroumense nie in die pad bly nie?
Hierdie moeder was 'n skone kind, nog nie agtien nie. Van haar eie mense, daar êrens in Calitzdorp se wêreld, was sy verstoot tot sy uit die vertwyfling van haar ellende haar kindjie gevat het, en die pad te voet, om 'n oom daar êrens aan Dwarsrivier anderkant Ladismith om toevlug en herberg te gaan soebat. In die kloof het die reën haar gevang, en toe sy hier na die kraal toe uitdraai om skuilte te soek, was alles donker en stil en verlate, en sy moet nie eens vuurhoutjies by haar gehad het nie. So is sy dan verkluim omdat sy haar eie laaste warmte en haar laaste armoedige kleertjies vir haar skande-kindjie opgeoffer het.
Soos van nog 'n sondares wat ons van lees, Neels,was haar liefde groot.