29 Januarie 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Agterlikheid is geen lewenslange vonnis waaronder sekere mense noodwendig gebuk moet gaan nie.  Dis nie 'n onvermydelike toestand nie, maar 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte te lewer as die res van die wêreld nie.  Dis baie gerieflike bos waaragter hulle hul innerlike swakhede, luiheid en totale gebrek aan ambisie kan verskuil.