25 FEBRUARIE 2026

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n kosbare Sjinese spreekwoord oor die nutteloosheid van besit van te veel aardse dinge:  Al het jy 10 000 rysvelde, kan jy maar een bord vol op 'n keer eet. En al het jou paleis 1000 kamers, kan jy maar op een bed slaap. Onthou dan, as jou besittings jou verhinder om die HERE te dien, sou dit vir jou beter wees daarsonder.