NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe weet jy wanneer iemand heel moontlik 'n wonderlike vriend of goeie huweliksmateriaal is? Dit sal iemand wees met 'n sin vir die klein dingetjies, wat lekker kan lag, saam met jou en oor homself.

DIE LAASTE POUS (SLOT)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

DIE LAASTE REGERING

"Die EU is besig om ‘n ekonomiese diktatuur te vorm.  Amerikaanse handelsondernemings wat al met die EU gebots het, het almal sleg daarvan afgekom.  Microsoft is bv. geskud toe dit in Februarie 2007 na ‘n EU ondersoek ‘n reuse boete opgelê is.  Daarbenewens skuld Microsoft die EU ook glo ‘n aardige bedrag.  En dis maar net een van die talle groot Amerikaanse maatskappye wat deurgeloop het. Apple, Intel, Google en MasterCard het die spit ook lelik afgebyt. "

15.1     Die geskiedenis herhaal homself

Daar is min dinge so gevaarlik soos godsdiens in bose hande!   Romeinse keisers het miljoene mense daarmee beheer.  Dit gaan weer gebeur wanneer die Antichris as eindtydse Babiloniër die geskiedenis op dieselfde wyse afsluit as wat Nimrod daarmee begin het – ‘n geweldenaar wat homself in sy eie ryk vergoddelik.

Die ideologie van internasionale eenheid wat met die bou van die toring van Babel in oorleg met afgodery nagestreef is, sal sy toppunt met die aanbreek van die ryk van die Antichris bereik. In Europa span kerk en staat alreeds saam om ‘n beduidende greep op die mensdom te verkry; ‘n heroprigting van die laaste Heilige Romeinse Ryk (HRR).  Hierdie heilig dui nie op geloofsekerheid nie, maar op ‘n kerkbeheerde wêreld.

Die Roomse Kerk het ‘n verterende passie om die wêreld te bekeer; nie tot Christus nie, maar tot haarself.   Al het die keiser van kleredrag verander, het die eeu-oue sisteem en uiteindelike doelwit van hierdie ryk presies dieselfde gebly.  Die Antichris sal pas na die heroprigting van die tempel in Jerusalem as laaste pous aanbid word!

“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thes.2:3,4).

Die ganse wêreldgeskiedenis gaan om die finale oprigting van die HRR; die ryk van die Antichris wat die afgelope 1500 jaar al ses herlewings gehad het.   Die sewende en finale herlewing is op hande.

Karel die Grote was ‘n proto-tipe van die Antichris en die eerste koning wat die HRR laat herleef het.   Hy is op 2 April 742 in Noord-Europa gebore en is as die grootste van alle Middeleeuse konings beskou.  Nadat hy in 800 nC as keiser gekroon is, het hy met die slagspreuk Deur die swaard en die kruis gewelddadig oor Wes-Europa geheers.

Hy was ‘n wreedaard wat deur ‘n see van bloed geloop het om onderdane tot die Katolieke geloof te dwing.  Hy het geen meningsverskil geduld nie en teenstanders by die duisende laat vermoor.  Toe die Saksers verslaan is, het hy hulle ‘n keuse gestel - doop of dood.  Daarna het hy 4500 van die rebelle op een dag laat onthoof.

Herlewings van die HRR is altyd deur ‘n onheilige verbintenis tussen kerk en staat gekenmerk.  So ook geweld en ‘n minagting vir menselewens.  Oral waar dit herleef het, het miljoene teenstanders gesterf.   Die Inkwisisie waartydens miljoene mense om die lewe gebring is, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  Die laaste herlewing van die HRR was na ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Hitler en Mussolini wat op die Tweede Wêreldoorlog uitgeloop en na beraming 50 miljoen lewens geeïs het.

15.2 ‘n Onheilige passie

Die Roomse Kerk streef na ‘n eenwêreldregering met die pous as hoof.   Dis die ryk van die Antichis wat deur die Groot Verdrukking (Mt.24) ingelei word.   Rome is stelselmatig besig om die ganse mensdom deur godsdiensmisleiding aan haar te onderwerp.

Tydens sy 2004 nuwejaarstoespraak het pous Johannes Paulus II gesê: “Ons ag die totstandkoming van ‘n Nuwe Internasionale  Orde al hoe noodsaakliker as vrug van ondervindings en resultate wat in die laaste jare deur die Verenige Volke verkry is.  Dit moet ‘n sisteem wees wat in staat sal wees om gepaste oplossings vir huidige probleme te bied en moet gegrond wees op een gemeenskap wat bronne verdeel en in die buitengewone resultate van die wetenskaplik en tegniese vooruitgang deel (Afrikaanse vertaling van Webblad van die Vatikaan).

15.3    Die Europese Unie

15.3.1   ‘n Droom verwerklik

Die droom van ‘n verenigde Europa het na die Tweede Wêreldoorlog in aanvang geneem en later tot die vorming van die Europese Gemeenskap (EG) gelei.  In 1992 het verteenwoordigers van die 12 lidlande die Maastricht Verdrag (1992) onderteken waarna die EG die Europese Unie (EU) genoem is.

15.3.2  ‘n Nuwe ekonomiese reus

Die EU wat tans uit 27 lidlande bestaan, bult al vir ‘n paar jaar sy ekonomiese spiere op die wêreldverhoog.  Dit het Amerika so vroeg as 2001 as die grootste enkele ekonomiese handelsblok ter wêreld verbygesteek nadat die wêreld vertroue in Amerika verloor en na meer betroubare beleggingsalternatiewe begin soek het.  Toe Europa na jare van relatiewe ekonomiese stilstand begin opbloei het, het talle lande hul buitelandse handelsbelange daarheen verskuif.

Die wêreldekonomie draai tans grootliks om ‘n Europese as.    Terwyl die laers van die Amerikaanse ekonomie hoorbaar rammel, vuur die Europese ekonomie op al haar silinders.  Dit skep beleggersvertroue wat reuse geldbedrae na Europa kanaliseer en haar groter beheer oor wêreldmarkte bied.

Toe die Euro in 2002 in gebruik geneem is, het Europa feitlik onmiddellik groter eenheid en samewerking op geldelike gebied ervaar.  Teen Desember 2006 was die waarde van die Euro note in omloop meer as diè van die Amerikaanse dollar.   Daarbenewens het dit in 2006 met ‘n ongelooflike 14% gegroei - verstommend vir so ‘n jong geldstelsel!

Die Euro het vir alle praktiese doeleindes die Amerikaanse dollar as die vernaamste wêreldgeldstelsel vervang.   Talle lande het hulle buitelandse dollar-reserwefondse na Euro verander.  Daarbenewens gebruik al hoe meer lande die Euro naas hul eie geldstelsels wat van buitelandse vertroue in diè geldstelsel getuig.   Dit het teen die tweede helfte van 2006 alreeds die 600 biljoen merk verbygesteek; byna dubbeld die waarde van die 12 geldeenhede wat dit in 2002 vervang het!

Die verstommende vertoning van die Euro het buitelandse vertroue in die Europese ekonomie skerp laat toeneem.  Iran ontvang bv. Euros vir meer as die helfte van haar olie-uitvoere.  Venezuela oorweeg dit om in die toekoms slegs Euro vir hare te vra.  In Maart 2006 het die Russiese minister van finansies ‘n mosie van wantroue in Amerika gestel en aangekondig dat Rusland haar buitelandse dollar-reserwefondse van 70% na 50% verlaag, maar haar euro-reserwes van 25% tot 40% verhoog.

Vandag is die Euro die amptelike geldstelsel van 16 van die 27 lidlande.  Meer as 327 miljoen Europeërs en 173 miljoen mense buite die EU maak van die Euro gebruik.  Teen November 2008 was daar reeds meer as 750 biljoen Euro in omloop wat dit die geldstelsel met die hoogste samevoegende geldwaarde ter wêreld maak.

15.3.3 Dikatoriale magte

Die EU is besig om ‘n ekonomiese diktatuur te vorm.  Amerikaanse handelsondernemings wat al met die EU gebots het, het almal sleg daarvan afgekom.  Microsoft is bv. geskud toe dit in Februarie 2007 na ‘n EU ondersoek ‘n reuse boete opgelê is.  Daarbenewens skuld Microsoft die EU ook glo ‘n aardige bedrag.  En dis maar net een van die talle groot Amerikaanse maatskappye wat deurgeloop het. Apple, Intel, Google en MasterCard het die spit ook lelik afgebyt.

Toe Microsoft die witvlag hys, het Europa die reëls vir wêreldbesigheid begin dikteer.  Microsoft se onvermoë om iets aan die situasie te doen of selfs vir toegewings te beding, het die rooiligte vir Amerikaanse besighede in Europa laat aankom.  Die boodskap was baie duidelik:  Jy gehoorsaam of….!

Die EU skenk tans aandag aan die moontlike instelling van ‘n sterk Europese weermag.  Indien dit verwerklik, is dit die fondament wat Europa in ‘n polisiestaat kan omkeer en die geskiedenis homself sal laat herhaal.  Alle herlewings van die HRR het ‘n sterk militêre onderbou gehad.   Die kantore en lesingsale van die EU se Ministersraad is nie toevallig in die Karel die Grote-gebou in Brussels geleë nie!

Op 30 Maart 2006 het die Europese Volksparty wat uit 38 politieke partye bestaan, ‘n spitsberaad in Rome geborg wat deur talle hooggeplaastes insluitende die Duitse kansellier asook die pous bygewoon is.  Dit het die band tussen Europa se konserwatiewe politici en die Roomse Kerk so versterk, dat die pous by daardie geleentheid selfs ‘n beroep op EU leiers gedoen het om Europa se Christelike waardes in ere te herstel.

Sodra die pous daarin slaag om kerk en staat saam te smelt, word die EU ‘n Roomse unie van nasies.   Konserwatiewe Europese politici maak sterk opgang en gaan binnekort met die pous saamspan om Europa van ‘n kultureel-godsdienstige ondergang te red.   Al wat tans ontbreek, is ‘n sterk leier.  En daarvoor is die pous die aangewese persoon.

15.3.4   ‘n Roomse federasie

Die EU neem reeds wêreldrykafmetinge aan en gaan binnekort na 10 groepe, elk met ‘n eie leier, verklein word.  Dit sal ‘n herhaling van die geskiedenis wees.  Openb.13:1-10 meld van die dier wat uit die see opkom om die mensdom te mislei.  Dis ‘n verenigde Europa en unie van 10 volksgroepe wat deur een diktator beheer sal word.   Die Vatikaan sal ongetwyfeld die sentrale regering vorm waarna al hoe meer lande hul nasionale selfbeskikkingsreg gaan prysgee om in ‘n federale Roomse owerheid met alleenbeheer oor ekonomiese- buitelandse en verdedigingsake te verdwyn.

Die EU is die finale gestaltegewing van die HRR met die pous as hoof.  “En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het” (Openb.13:16,17).

Een van die grootste spitsberade wat tot die ontstaan van die EU gelei het, is in Aachen (Duitsland), die plek waar Karel die Grote begrawe is, gehou.  Is dit bloot toevallig of het die gees van Karel die Grote teruggekeer?   Sy bose strewe het miljoene lewens geeïs. Die Bybel waarsku dat ‘n veel groter vervolging op die laaste gelowiges wag.  Wie gaan die finale Karel die Grote wees?  Weer ‘n Duitser?

15.4 Tussen sekularisme en Islam

Die pous lieg as hy voorgee om geen godsdiens op die EU af te dwing nie.  Hy weet al te goed dat Europa slegs via godsdiens kan verenig.  Sekularisme sowel as Islam laat Europeërs vandag baie anders oor godsdiens en kultuur dink.  Die wrede moord op die Nederlandse filmmaker Theo Van Gogh het spanning tussen Europeërs en Moslems laat toeneem.  Daarbenewens krap Moslem immigrante rasseverhoudings al hoe meer deurmekaar.  Geen wonder dat die EU lede geen Moslems in die EU wil toelaat nie!

Sekularisme is net so ‘n bedreiging.  Europa is eeue lank aan haar Roomse waardes gekenmerk en eers na die Franse Rewolusie begin sekulêr word.  Dit, saam met Islam, bedreig vandag haar ganse bestaan.   Die Roomse Kerk verwelkom egter hierdie spanning omdat die geskiedenis bewys dat nasionale krisisse mense saamsnoer om d.m.v ‘n sintese die oplossing te vind.  Al manier om Europa teen atheïste (tese) en Islamiete (antitese) te beveilig, is om dit onder ‘n Roomse banier (sintese) te verenig.  Gevolglik sien die EU al hoe meer na die Vatikaan op.

15.5   Die laaste Romeinse Ryk

Die heroprigting van die laaste HRR sal die mensdom skielik en sonder waarskuwing tref.  Die EU gaan geskaak word en in die hande van ‘n meestermisleier beland (Dan.11:24,25).  Hy sal soos ‘n lam (godsdienstige) lyk, maar soos ‘n draak (diktator) praat.  Sy sal ongekende lyding tot gevolg hê (Dan.12:1); ‘n verdrukking wat, soos in die dae van Antiochus Epiphanus, 42 maande sal duur.

Antiochus Epiphanus het hom in 167 vC in die tempel in Jerusalem tuisgemaak en vanaf die lente van daardie jaar tot en met die herfs van 164 vC oor Palestina geheers.  In hierdie 42 maande het hy mense verdruk en talle laat doodmaak.  Die laaste Antiochus Epiphanus (Antichris) sal vir ‘n soortgelyke tyd ‘n soortgelyke rol vertolk.

Europa gaan binnekort ‘n valse godsdiensherlewing beleef wat elke lewe op die aarde gaan raak en die mensdom baie smarte besorg.   Europeërs beskou Islam as ‘n baie groot bedreiging.  Twee van hulle hoofstede is by geleentheid deur Islamitiese fanatici met bomontploffings lamgelê nl. London en Madrid.

Al manier waarop Islam sowel as sekularisme uitgeskakel kan word, is om die pous toe te laat om ‘n leiersrol te vertolk.  Die Vatikaan gee voor om Europa se geskiedkundige status van Westerse beskawing en godsdiens te herstel.   Dis maar net ‘n rookskerm.   Die pous sien in hierdie bedreiging die gulde geleentheid om sy merk af te druk.   Sterk leiers sien ‘n geleentheid in elke krisis raak!

15.6   Benediktus XVI die laaste pous?

15.6.1   Johannes Paulus II

 

Pous Johannes Paulus II  het die Roomse Kerk in die stroomversnelling na die ryk van die Antichris geplaas.  Sy heerskappy was een van die drie langstes in die geskiedenis van die Roomse Kerk.   Alhoewel hy baie talentvol was, het hy dikwels slegte besluite geneem.  Desondanks het hy die Vatikaan as ‘n bastion van teologiese konserwatisme ingerig.

Op 12 Maart 2000 het die Britse Sunday Times berig dat die pous gesondheidsprobleme ondervind het en sy verstandelike vermoëns aangetas was.   Hy was dus strenggesproke nie meer in beheer van die Vatikaan nie.  Die magslugleegte wat toe ontstaan het, is deur fanaties-konserwatiewe kardinale gevul wat die pous verknoei en woorde in die mond gelê het.  Geen naam is genoem nie omdat die koerant nie ‘n storm wou veroorsaak nie.  Kardinaal Josef Ratzinger was egter een van die hoofverdagtes!

15.6.2   Onverbiddelik konserwatief

Liberale kerklui het niks van Ratzinger gehou nie omdat hy onverbiddelik konserwatief was.  Hy het by geleentheid selfs liberale Roomse professore op die rooi tapyt gehad en hulle gedwing om hul vrysinnige standpunte te verander.  In 1997 het hy selfs ‘n vrysinnige Sri Lankaanse teoloog uit die kerk laat ban.  Ratzinger is weens sy afkeur in vrysinnige tendense soos die aanvaarding van homoseksualisme as ‘n alternatiewe liefdeslewe asook die vrou in die kerkamp spottenderwyse Cardinal No genoem.

Die kantoor waarin hy deur sy voorganger aangestel is, was eers die Kantoor van die Inkwisisie genoem.  Ratzinger was hoof van die dogmatiese afdeling van die Vatikaan en as’t ware die hoëpriester (Cardinal Enforcer) van Roomse ortodoksie.   Hy het eers in 1997 die oog begin opval toe hy saam met pous Johannes Paulus II ‘n gedugte span teen liberale Roomse teoloë gevorm het.  Hy is weens sy waaksaamheid oor die tradisionele Roomse leer spottenderwys die rottweiler van die Vatikaan genoem.

Die Vatikaan was vasberade om Roomse vrysinnigheid uit te roei en ‘n effektiewe Inkwisisie daarteen geloods.   Liberale kardinale wat nie uit hul amp ontslaan is nie, se status is verlaag.    In Suid-Amerika is alle liberale kerklui met konserwatiewes vervang; mense wat die Vatikaan gebuikspreek het.

‘n Week voor Ratzinger se aanwysing as die nuwe pous, is sy Values in Times of Upheaval uitgegee waarin hy Europa oproep om na haar Christelike erfenis terug te keer.  Ratzinger beywer hom vir nuwe geesdrif vir tradisionele Roomse leerstellings, veral diè oor die Maagd Maria.  Hy lê ook baie sterk klem daarop dat die kerk nie demokraties nie maar eerder sakramenteel en hierargies moet wees.

Toe Ratzinger pous geword het, het hy die ampsnaam Benediktus XVI aangeneem ter nagedagtenis aan Benediktus van Norcia, die stigter van ‘n vyfde eeuse Benediktynse Monnikorde.  Benediktus XVI word allerwee beskou as die persoon wat die meeste ywer aan die dag lê om Roomse Katolisisme in Europa te versprei.   Hy is die sesde Duitse pous in die geskiedenis van die Roomse Kerk.   Die ander was almal voor die 11de eeu.

Benediktus XVI is uiters konserwatief en roep mense gereeld op om volwassenes in die geloof te wees en hulle nie deur moderne tendense te laat mislei nie.   Daarbenewens voer hy ‘n verbete stryd teen relatiwisme.  Laasgenoemde voer aan dat geen enkele godsdiens daarop aanspraak kan maak dat dit die enigste saligmaker aanbid nie.

15.6.3 Die Antichis

Kan Benediktus XVI dalk die Antichris wees?  Openb.13:11 sê dat die Antichris soos ‘n lam lyk, maar twee horings het en soos ‘n draak praat.

Eerstens lyk die Antichris soos ‘n lam.

Christus is die Lam van God (Joh.1:29).  Die pous eien wederregtelik die titel van leraar van Christus vir homself toe en ag homself Christus se verteenwoordiger op aarde.  Miljoene beskou hom dan ook as die belangrikste man op aarde.  Vooraanstaande staatslui raadpleeg die Vatikaan gereeld oor wêreldsake.  George Schultz, gewese Amerikaanse staatsekretaris, het die pous voor elke belangrike samespreking persoonlik gaan spreek.  Op 24 Desember 1988 het Yasser Arafat selfs die pous (Johannes Paulus II) gaan spreek.  Nadat die Sowjetunie begin wankel het, het Gorbachev ook gereeld met die pous beraadslaag.

Die ongehoorde mediadekking wat pous Johannes Paulus II tydens sy afsterwe en   begrafnis ontvang het, het baie gelowiges ontstig.  Die vergootglaseffek wat die wêreldmedia aan hierdie oordrewe pousgodery verleen het, is ‘n duidelike bewys van die krag waarmee die Roomse seestroom mense wêreldwyd meesleur.  Meer as ‘n miljoen mense het die begrafnis in Rome bygewoon terwyl etlike miljoene beeldradiokykers van uiteenlopende kulture en godsdienste drie ure lank sielsgemeenskap met ‘n prototipe van die Antichris gehad het!

Tweedens het die Antichris twee horings.

Die twee horings herinner ‘n mens aan die pous se tweepuntige ampshoed.  In Engels word dit die two horned mitre genoem.  Die pous is soos ‘n lam met twee horings!

Derdens praat die Antichris soos ‘n draak.

Openb.12:9 meld dat die Satan ‘n draak en die slang van ouds is.  In Joh.8:44 noem Christus hom die vader van die leuenOm soos ‘n draak te praat, is om te lieg.  Dit waarna Openb.13:11 verwys, gaan om baie meer as blote leuens.  Satan gaan, soos in die tuin van Eden, baie subtiel te werk.   Onthou dat dit wat hy vir Eva gesê het, vir haar aanneemlik geklink het.  Satan het selfs van God gepraat!

Is dit nie presies wat die pous doen nie?  Hy is vrot van leuens en lei miljoene der miljoene siele weg van Christus af!   Desnieteenstaande word hy wêreldwyd as ‘n groot geestelike leier vereer.  Dis om soos ‘n draak te praat!  “hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thess.2:9).

Bose mense hang bose leiers aan.   Die Vatikaan is berug vir haar leuens en het bv. al male sonder tal oor haar kindermollesterende kerklui gelieg.  ‘n Paar jaar gelede is ‘n priester in Amerika ontslaan omdat hy toegelaat het dat kinders op ‘n gereelde basis gemollesteer en verkrag is.  Daarna is hy in ‘n hoë pos in die Vatikaan aangestel.  Gee die Roomse Kerk dan nie om wat mense van haar dink nie?

Benediktus XVI het ‘n sterk persoonlikheid wat mense wêreldwyd beïndruk.   Hy is ‘n besielende diplomaat wat ernstig aan sy onverbiddelik harde beeld gewerk het.  Wanneer sy sagte persoon met sy onverbiddelik onbuigsame leer vergelyk word, kom hy soos ‘n lam voor.  Hy praat egter soos ‘n draak!

Dan.8:23 vertel ons watter soort mens die Antichris sal wees - die slegste ooit op aarde!  Hy is hard van aangesig. Dit verwys na sy gesindheid en optrede jeens teenstanders.  Al hierdie aaklige eindtydprofesieë kan baie maklik in Benediktus XVI gestalte verkry.  As geestelike- en morele wêreldleier kan hy ‘n wêreldregering met absolute gesag vorm.

15.6.4   Van krag tot krag

Die Roomse Kerk het in die paar jaar van Benedictus XVI se ampsbediening van krag tot krag gegaan.  Hy blaas van meet af aan nuwe lewe in die Roomse Kerk en wen selfs Protestantse steun vir sy ondernemingsgees.  Benediktus XVI is hard besig om ‘n verenigende mag te vorm!

Die feit dat hy ‘n Duitser is, tel baie punte.  Daar was van meet af aan ‘n goeie wisselwerking tussen Duitsland en die Roomse Kerk.  Wanneer laasgenoemde probleme met lastige vyande ondervind het, het Duitsland haar gehelp.  En wanneer Duitsland gesukkel het om haar onderdane te beheer, het Rome haar daarmee gehelp.  Die Roomse Kerk is in werklikheid die kleefmiddel waarmee die Duitse volk aanmekaar gehou word.

Josef Ratzinger is in werklikheid nie gekies om die Vatikaan te bestuur nie.  Daar was baie ander kardinale en biskoppe wat dit net so goed kon doen.   Hy is doelbewus gekies om die wêreld onder Roomse beheer te plaas.  “Maar pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).

Benediktus XVI het ‘n betreklik lelike verlede.  As dit die man is wat die Roomse Kerk as leier vertrou, kan ‘n mens maar net raai hoe dit in die Vatikaan self gaan en hoe boos die Roomse Kerk in die toekoms gaan word!   Na Johannes Paulus II se dood was daar in werklikheid net twee sterk kandidate vir die pos – Ratzinger en ene Francis Arinze, ‘n swarte.  Beide het openlik verklaar dat die bekering tot Christus nie noodsaaklik is om in die hemel te kom nie.

Benediktus XVI stel baie in Israel (veral Jerusalem!) belang.  Hy praat selfs van ‘n versoening met die Jodendom.  In sy God and the World leef hy vir die oomblik dat die Jodendom die Christendom aanvaar.  Hy spreek dieselfde versugting in sy Salt of The Earth uit.  Nodeloos om te sê, is sy begrip van Christendom niks anders as Roomse Katolisisme nie.  Die Roomse Kerk streef in werklikheid na ‘n eenwêreldgodsdiens met die herboude tempel in Jerusalem as hoofsetel (2 Thess.2:4).

Ironies genoeg het die Roomse Kerk talle massamoorde op Jode (Tweede Wêreldoorlog) vanuit Rome georkestreer.  Die Protestantse nasies van Europa asook diè in die Britse Gemenebes het deurentyd aan hul Joodse bevolking veiligheid gewaarborg.  Nie Roomse lande nie!   Desondanks beïnvloed die Roomse Kerk Israel toenemend.  ‘n Paar jaar gelede is ‘n nuwe shekel met ‘n lelie met drie blare daarop gemunt; een en dieselfde lelie wat die Roomse Kerk as spesiaale embleem vir die Maagd Maria gebruik!

15.7 Berekende optrede

Die gees van Adolf Hitler is besig om oral in Europa te ontwaak en gaan verskriklike gevolge vir die mensdom hê.  Europa hunker na ‘n mag wat haar beeld sal herstel en haar vyande vernietig.  Die pous wil so ‘n mag hê.   Daar is vir hom niks belangriker as dit nie.  Luister gerus na sy toesprake.  Kyk waarheen reis hy.  Let op met wie hy praat.  Dis alles berekende optredes; ‘n middel tot ‘n doel!

Benediktus XVI wil die godsdienstige lugleegte wat in Europa ontstaan het met Roomse Katolisisme vul.  Hy draai nie doekies om nie.  Hy sê wat hy wil hê - Europa moet na haar oorspronklike godsdienstige wortels terugkeer.  Dis die tema van die meeste van sy toesprake.

Europa is besig om te ontwaak. Al die ingrypende kulturele en godsdiensveranderings van die afgelope paar jaar laat Europeërs besef dat iets aan hul benarde situasie gedoen moet word.   En wie beter as die pous kan hulle red?   In sy Values in Times of Upheaval bied die pous ‘n oplossing vir Europa se probleme aan - Europa moet haar Christelike erfenis opeis deur na Roomse Katolisisme terug te keer.

Tydens Benediktus XVI se besoek aan Frankryk in September 2008 het hy ‘n indringende gesprek met president Sarkozy oor kerk-staat verhoudings gevoer.  Frankryk het geen erkende staatsgodsdiens nie en is sedert die Franse Rewolusie ‘n sekulêre staat wat godsdiens as ‘n private aangeleentheid beskou.  Die pous het by mnr. Sarkozy aangedring om ernstig te herbesin en die Roomse Kerk toe te laat om die samebindende faktor te wees wat die Franse gemeenskap kan genees.

Benediktus XVI is daarop uit om die hele Europa deur diplomatieke gespreksvoering onder die Roomse Kerk te verenig.   Wat hy as pous in Frankryk gedoen het, was nie uitsluitlik vir Frankryk alleen bedoel nie, maar vir die hele Europa.  Sy versoek het soos ‘n kanonskoot oor die hele Europa getrek.  Benediktus XVI  weet dat as hy Frankryk kan omkeer, niks in sy pad sal staan om die res van Europa om te keer nie.

Die band tussen die Vatikaan en Europese leiers word al hoe sterker.   Hulle streef na dieselfde doel.   So konserwatief as wat hulle in die politiek is, is die Vatikaan in haar godsdiens.  Dit laat die sekulariste eensaam op die kantlyn staan.  Hulle poging om Europa se tradisionele God uit alles geban te kry, gaan juis tot hulle verdwyning lei!

Behalwe vir sterk leierskap, het Europa alles wat nodig is om die tamboer van die wêreld te slaan en die mensdom na haar pype te laat dans.  Haar huidige leiers laat hulle egter deur Moslems en sekulariste rondruk.  Maar nie die pous nie.  Gevolglik leen die situasie hom al hoe meer daartoe dat die Roomse Kerk haar stempel op Europa kan afdruk.

Gelowiges moet uit die geskiedenis leer dat hoe harder die Vatikaan werk om Katolisisme gevestig te kry, des te meer moet sy dopgehou en alarm gemaak word.  Dit wat vandag in Europa en elders gebeur, dien as ‘n waarskuwing wat van die dakke af verkondig behoort te word.   Die mensdom behoort die mag van die pous meer as diè van die atoombom te vrees.  Niks kan erger as ‘n Europa in Roomse hande wees nie; nie eens sekularisme nie!

15.8   Duitsland speel ‘n beslissende rol

Die geskiedenis herhaal homself.  Duitsland gaan weereens ‘n beslissende rol in die totstandkoming en samevoeging van die komende eenwêreldregering speel.  Die EU is die Trojaanse perd waarin Duitse strewes versteek word.  Karel die Grote was ook van Duitse afkoms en het homself as die beskermer van die kerk en haar aardse belange beskou.  Hy het Europa destyds van ‘n beskawingsverval gered en d.m.v ‘n sentrale regering baie van die eenheid van die ou Romeinse Ryk herstel.  Dit het die weg vir die ontwikkeling van ‘n verenigde Europa gebaan.

Ten spyte van hulle donker verlede, word Duitsland en die Vatikaan aangemoedig om Europa te lei.  Al hoe meer Europese volke span met die Vatikaan saam en sien na die pous op. Die geskiedenis skreeu hierteen.  Woorde soos sameswering, verraad, bloedvergieting, onverdraagsaamheid en teregstelling beskryf die handelswyse van die HRR van die Middeleeue.  Die mensdom behoort eerder te verhoed dat so ‘n iets weer gebeur!

Die hereniging van Duitsland (1989) was ‘n draaipunt in die geskiedenis. Vandag is almal se oë op Duitsland.   Die krag agter die Antichris is van die Satan met Duitsland as sy lakei.  Die verskillende Duitse Ryke het altyd Europese mantels vir hul strewes geniet.  Duitsland het selfs ‘n nasionale geldstelsel aanvaar omdat dit haar droom dien.

Duitsland ervaar ‘n baie ernstige Islam-probleem.  Die terreuraanval op die World Trade Centre (11 Sept.2001) is bv. in Hamburg beplan.  Islamitiese terreurgroepe word in die geheim in Duitsland opgelei en laat anti-immigrasie (Neo Nazi) gevoelens hoog opvlam.  Dit sorg weer vir ‘n oplewing in konserwatiewe politiek soos die Nasionale Demokratiese Party van kan getuig.

Europa se behoefte aan ‘n militêre Duitsland laat stemme vir ‘n kernbewapende Duitse weermag opgaan.   Daarbenewens is daar oral in Europa ‘n groeiende anti-Amerikaanse sentiment te bespeur.  Duitsland is goed oppad om haar as ‘n supermoondheid te vestig waarmee sy Amerika, haar Tweedewêreldoorlogteenstander, sal troef.

Gevolglik staan die mensdom voor die deur van die mees plofbare ontketening van politieke en militêre magte ooit in die geskiedenis.   Die vrug van politieke mag in Roomse hande, is alles behalwe goed.   Die mensdom gaan geskok word as die sluier van hierdie vrugte verwyder word.  Mense sal nie glo dat iets wat so goed lyk, so boos kan wees nie!   Dan sal hulle onthou dat Eva ook deur ‘n skynbaar goeie vrug mislei is!

Slotwoord

Die rookskerm wat tans oor die internasionale kerklike terrein hang, is aan Roomse misleiding te wyte.  Talle internasionale organisasies en bewegings het gemene sake met die Roomse Kerk en is niks anders as voorbokke vir die komende eenwêreldregering en godsdiens nie.

Die hoer van Openbaring is profeties en geskiedkundig alle gelowiges se vyand.  Satan gebruik die Roomse Kerk om Protestantse kerke subtiel binne te dring en Protestantisme te vernietig.  Haar grootste vyand is Bybelgetroue gelowiges wat die knie nie voor Baäl buig nie.

Die tyd het aangebreek dat gelowiges kerke nie meer blindelings moet volg nie, maar hulle op die proef te stel of hulle werklik uit God is.  Kerklike misleiding is besig om plaaslik sowel as internasionaal orkaansterkte te bereik.  Dis een van die duidelikste tekens van Christus se naderende wederkoms.

Dinge is besig om soos ‘n legkaart vir die grootste tragedie in menseheugenis in plek te val.

Gelowiges mag nie soos die dissipels van ouds in die krisisuur aan die slaap gevang word nie (Mt.26:40-45).   Ons staan onder ‘n heilige verpligting om diegene wat slaap, wakker te skud en soos ‘n wag op die muur (Eseg.33) alarm te maak!

Johannes waarsku die gelowiges teen ‘n bose groepering wat alreeds in sy tyd in die kerk aan die werk was - mense wat hulle as gelowiges voorgedoen het, maar in werklikheid werktuie van die Satan was.   Hulle het die Skrif misbruik om ‘n vreemde boodskap uit te dra en mense op ‘n dwaalspoor te plaas.

Johannes het van hulle geweet en kon nie daaroor swyg nie.  Hy sou liefdeloos teenoor sy medegelowiges en ongehoorsaam aan God wees.  Paulus het self geen doekies omgedraai nie en hard met ‘n gemeentes gepraat: “O, onverstandige Galasiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie…..? (Gal.3:1).

Sulke waarskuwings staan altyd in die teken van liefde en gehoorsaamheid aan God.  Hy wat nie waarsku nie, is liefdeloos.  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot terregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat die mens volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16,17). “En wat noem julle My: Here, Here! En doen nie wat Ek sê nie?” (Luk.6:46).

Waarom waarsku Protestantse kerke nie oor hierdie aartsgevaar nie?  Die meerderheid staar hulle blind daarteen terwyl dit so duidelik is soos die hand wat die galgtou gereed maak.   Baie jare gelede het die NG Kerk haar leraars opdrag gegee om lidmate oor die Roomse gevaar in te lig en selfs ‘n skrywe uitgegee.   Vandag nie meer nie; die gevolg van ekumeniese verdraagsaamheid!

Die tyd het aangebreek dat gelowiges baie duideliker standpunt teenoor die Roomse Kerk inneem en mense dringend teen haar waarsku.  Babilon het in werklikheid nooit ophou bestaan nie.  Dit leef al vir meer as 1,600 jaar in die Roomse Kerk voort.  Gevolglik rus God se oordele nog steeds op haar!

Soos wat Lot en sy gesin Sodom en Gomorra fisies moes verlaat om die oordeel van God te kon oorleef (Gen.19), sal gelowiges Rome geestelik moet verlaat om aan God se oordeel te ontkom.  “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem” (2 Kor.6:17).   Kerke wat gemene sake met Rome het, sal haar straf met haar deel!

Roomse Katolisisme is die grootste klug en die pous die grootste bedriëer van alle tye.  Dit het slegs die skyn van Christendom, maar is in werklikheid verbloemde heidendom.  Haar leer en lewe bots so hewig met die Skrif, dat daar hoegenaamd geen heil in haar te vinde is nie.  Haar leer van redding deur die doop, regverdiging deur goeie werke, selfkastyding, boetedoening, die vagevuur en gebede vir dooies is heidens.  Dis Baälaanbidding met ‘n Christelike voorkoms!

Die laaste HRR word opgerig sonder dat mense dit besef.  Die boosheid is besig om haar sluier te laat val.   Dis nie Ragel nie, maar Lea!   Gelowiges moet hulle gereed kry vir die finale stryd op aarde.  "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu...." (Efes.6).

Maak daarom baie seker van waar jy self staan.  By die uitverkorenes wat tot die dood toe teen Satan en sy trawante weerstand gaan bied, of sal jy op die ou einde ook maar soos miljoene der miljoene kerkgangers agter die Antichris aangaan?

Dink jy of volg jy maar net blindelings?   Die Bybel is die mees korrekte dokument in jou besit.   Glo dit met jou hele hart en plaas jou lewe opnuut in die hand van die Skrywer daarvan en jy sal nie verlore gaan nie, maar die kroon van die lewe ontvang (Openb.2:10).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1721 gaste aanlyn