AL ONS VYANDE LIEFHÊ?

Ds A.E. van den Berg

Die saak van jou vyande lief te hê en met hulle te versoen, is baie meer ingewikkeld as wat baie christene oor die algemeen dink.

God gee aan gelowiges opdragte in sy Woord.  Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes.  In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.  
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê?    Indien wel, weerspreek die Bybel hom.  In Ps.139:21,22 lees ons die volgende woorde: “Here, sou ek nie diè haat wat U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?  Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my”.  Die Bybel weerspreek hom defnitief nooit.  Die Bybel moet net reg verstaan word.

In Matt.5:44 val die klem op die woorde “julle vyande”.  Ons het dus ons eie vyande wat nie noodwendig God se vyand is nie en daaraan moet ons werk. Dit gee ons die gulde geleentheid om van ons geloof in Christus teenoor hom te getuig.  
Daar is egter vyande wat ons nooit mag liefhê nie nl. God se vyande.  Dis die vyande waarvan koning Dawid in Ps.139 skryf.  Ons kan maar van heilige haat praat omdat hierdie vyande God in die eerste plek benadeel.  Indien hulle God haat, moet ons hulle, soos ‘n koning Dawid van ouds, met ‘n heilige haat haat. Dis God se sterk afkeur en dis net logies dat Hy van sy kinders verwag om dieselfde afkeur te hê en toe te pas.  Die vraag is dan: kan daardie plaasmoordenaar wat ‘n kind van die Here so verniel en verkrag voordat hy hom vermoor, dan ‘n vriend van God wees? Dat hy God en God se kinders haat is duidelik, daarom is hy ‘n vyand van God en ook ‘n vyand van God se kinders.
Ook diegene wat God se vyand liefhet, het God by implikasie nie lief nie.  Koning Agab is ‘n voorbeeld hiervan.  In 1 Kon.20 lees ons hoedat hierdie goddelose koning van Israel ‘n opdrag van God verontagsaam en hom die oordeel van die Here op die hals gehaal het.

Waarom het Suid-Afrika in die spoelsloot van die lewe beland?  Omdat die Agabs van ons volk nie na die Woord van God geluister en die vyand verslaan het nie.  Hierdie vyand is nie kinders van God nie.  Hulle is eerstens God se vyand.   Hoe kon die Agabs van ons volk dit selfs oorweeg het om die vyand, wat geen geheim van hulle bose bedoelinge met die Boerevolk gemaak het nie, saam met hulle op die wa van staatkundige beplanning laat sit en van hulle “broers” gemaak het? Vandag heers die moderne Benhadad oor die Boerevolk!   Nee, God se vyand verdien geen liefde nie, maar eerder algehele uitwissing.  
Dink vir een oomblik waar Suid-Afrika vandag sou gewees het indien die Agabs van ons land die Benhadads betyds verdelg het.   

As jy die vyand van God nie verslaan nie, verslaan hy jou!