NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een ding moet jy nooit doen nie, en dis om oor die verlede te tob.  Jy kan niks aan die verlede doen nie.  Jy kan die horlosie nie terugdraai nie.  Die mens kan alleenlik aan die hede en toekoms iets doen.  Daarom moet jy jou ophou bekommer oor die dinge wat jy nie kan verander nie.

VARS BOKKOMS GRATIS!

UIT ONS FONTEINTJIE

Lees reeks by Uit ons fonteintjie

Hierdie is ‘n ware verhaal wat ‘n predikant vir ons vertel het.  Hy was ‘n leraar in ‘n gemeente in een van die buitewyke van Londen.   Hy vertel:  “Op ‘n koue, winderige dag met vallende sneeu, stap ek in ‘n kort, modderige straat  na my huis toe nadat ek ‘n paar gemeentelede besoek het.  Dit was al sterk donker toe ‘n man met ‘n mandjie op sy kop aan die oorkant van die straat verskyn en hard begin skreeu:  “Bokkoms!  Drie vir ‘n rand!  Mooi bokkoms, vars en goedkoop; drie vir ‘n rand!”   So stap hy die straat af, steek naderhand oor en kom terug tot by die hoek waar ek staan.  Ek sien hy het lus om ‘n gesprek met my aan te knoop, toe hy sê:  “Meneer, wat dink u van hierdie bokkoms?"

Hy hou drie in sy hand, terwyl hy die mandjie met die res vaardig op sy kop balanseer.   “Dink u nie hulle is lekker nie?” Hy hou hulle na my uit, asof hy wou hê dat ek daaraan moes ruik.  “ En dink u nie hulle is baie goedkoop nie?”

Toe ek dit beaam, sê hy:  “Wel, meneer, waarom kan ek hulle dan nie verkoop kry nie?  Ek het nou al ‘n myl en ‘n half langs hierdie nare straat geloop en hierdie goeie en goedkoop vis te koop aangebied en niemand kom iets koop nie!”

“Ek is nie daaroor verbaas nie,” sê ek.  “Die mense is sonder werk en ly honger.  Hier is baie huise hier rond wat nie meer 'n rand ekstra besit nie.”

“O so?  Ek het geweet hulle is arm, maar ek het gedink drie vir ‘n rand sal hulle trek. Dan sal ek hulle maar op ‘n ander plek gaan verkoop.”

“Hoeveel sal jy neem vir die hele boel?” vra ek

.      Hy kyk my verbaas aan, doen ‘n vinnige berekening en vra:  “Meen u met profyt en al meneer?”   “Ja.”  “Dan sal ek veertig rand neem en bly wees om dit te kry.”

Toe ek die geld vir hom gee, sê hy:  “Baie dankie, maar wat moet ek nou met die goed maak?”
Gaan staan hier om die hoek in die middel van die straat en skreeu net so hard as wat jy kan:  “Bokkoms verniet!” En dan gee jy drie aan elke man, vrou en kind wat na jou toe kom tot die mandjie leeg is.”

Toe hy oor sy verbasing gekom het, sê ek:  “Die bokkoms is mos nou my eiendom en ek kan daarmee maak wat ek wil.  As jy nie lus het om dit te doen nie, gee dan maar weer my geld terug.”

Dit was genoeg aansporing vir hom om te doen wat ek vra.  Hy het tot in die middel van die aangrensende straat gegaan en verder gestap  onderwyl hy uitroep:  “Bokkoms verniet!  Heerlike bokkoms verniet!”

Hy kom by ‘n huis waar ‘n groot vrou uit die venster na hom staan en kyk.  “Hier, mevrou, bokkoms verniet!  ‘n Pragtige kans vir u.  Kom haal hulle!”

Die vrou het net haar kop geskud en ongelowig van die venster af weggedraai.
“Wat ‘n dwaas,” sê hy, “maar hulle sal nie almal so wees nie.  Bokkoms verniet!”

‘n Klein dogtertjie het uitgekom en hy roep haar nader.  “Hier kindjie, neem hierdie vir jou mammie en sê vir haar hoe goedkoop hulle is, bokkoms verniet.” Maar die kind was bang en het die huis ingehardloop.

En so, straat af deur die pappery van sneeu en modder, het die goedkoop vis gegaan, terwyl die verkoper uitroep:  “Bokkoms verniet!” en dan boos byvoeg:  “O julle dwase!”

“Wel?” vra ek toe hy naderhand weer die hoek van die straat bereik waar ek gestaan het.
“Wel!” sê hy.  “Kan jy nou meer!  Toe u vir my geld gee vir bokkoms wat u nie wou hê nie, het ek gedink u hoort tuis in ‘n gestig vir malmense.  Nou dink ek al die mense hier rond is geskikte geselskap vir u.  Maar wat moet ek maak met die bokkoms, as u hulle nie wil hê nie en hulle ook nie?”

“Kom ons probeer saam,”sê ek.  “Ek sal saam met jou gaan en dan skree ons altwee.”
Straataf gaan ons albei en hy stree:  “Bokkoms verniet!” en toe roep ek ook uit:  “Wil iemand bokkoms hê vir ete?”

Hulle het my stem gehoor en herken. Toe kom hulle uit, hier twee, daar drie, daar weer ses, mans en vrouens en kinders; almal kom gretig nader om van die welkom voedsel te kry.  So vinnig as wat ek hulle uit die mandjie kon haal, het ek drie aan elke applikant gegee en spoedig was alles gedaan.  Toe die mandjie leeg was, was die hongerige skaar wat niks gekry het nie, baie groter as die wat iets ontvang het, maar hulle was te laat; daar was nie meer bokkoms nie.

Tussen die teleurgesteldes staan die groot vrou wat toe met ‘n bitsige tong lostrek: “Waarom kry ek niks?  Is ek nie net so goed soos die ander nie?  Is my kinders nie net so honger soos hulle s’n nie?”

Voor ek kon antwoord, wys die verkoper na haar en sê:  “Kyk meneer, daar staan dieselfde vrou vir wie ek hulle die eerste keer aangebied het en sy het haar neus daarvoor opgetrek.”

“Ek het nie,” roep sy boos uit;  “ek het nie geglo dat jy dit bedoel nie.”

“Dan bly jy maar daarsonder vir jou ongeloof,” sê hy.  “Goeie nag meneer en baie dankie!” 

Nou ja, hierdie waar storietjie het beslis ‘n baie betekenisvolle naskrif. Moenie dit oorslaan nie, want dit kan miskien ook vir jou iets goeds beteken:

God het jarelank sy boodskapdraer na jou gestuur om vir jou sondes vergifnis aan te bied, verniet!  Het jy  nog steeds in hoogmoedige ongeloof  daarvan weggedraai soos daardie vrou?  Maar as jy besef het hoe nodig jy dit gehad het en met dank aanvaar het, juig ons saam met jou vir daardie heerlike verlossing toe jy ‘n kind van die Here geword het.  Prys sy Naam!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1393 gaste aanlyn