NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God se oordeel oor volke en enkelinge is persoonlik van aard – Hy ondersoek harte: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë...” (Jer.17:10).

DIE TROMSLANER

UIT ONS FONTEINTJIE

Lees reeks by Uit ons fonteintjie

'n Amerikaanse dokter vertel dat hy tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ‘n chirurg in die leër was:
Op ‘n keer was daar na ‘n bloedige slag honderde gewonde soldate in die hospitaal.  Onder hulle was daar ‘n seun wat slegs drie maande tevore as tromslaner by die magte aangesluit het.  Hy was swaar gewond en my assistent wou hom ‘n verdowingsmiddel toedien, maar hy wou dit nie neem nie.

“Maar die dokter het gesê jy moet dit neem.”  

“Stuur asseblief die dokter na my toe,” was sy antwoord. Toe ek by hom kom, vra ek:  “Seun, waarom weier jy om die verdowingsmiddel te neem?  Toe ek jou daar op die veld gekry het, wou ek eers by jou verbygaan, want ek het gedink jy is te ver heen om nog moeite met jou te doen.  Toe jy egter jou oë oopmaak, kom die gedagte by my op dat jy seker êrens ‘n moeder het wat aan jou dink en toe wou ek jou nie op die veld laat sterwe nie en ek het jou hierheen laat bring.   Maar jy het baie bloed verloor en is uiters swak en jy moet maar liewer die verdowingsmiddel neem.”

Hy het sy hand in myne gesit en my in die oë gekyk en gesê:  “Dokter, toe ek nege jaar oud was, het ek die Here Jesus as Verlosser aangeneem.  Van toe af vertrou ek op Hom.  Hy sal my ondersteun en my krag gee wanneer u aan my arm werk.”

Ek wou hom ‘n bietjie brandewyn gee om hom te versterk, maar hy het geweier.  “Dokter, as ‘n seuntjie van vyf jaar het ek langs my moeder neergekniel en sy het haar hand op my kop gesit en gesê:  ‘Charlie ek bid dat jy tog nooit sterk drank mag proe nie, want jou vader het in ‘n dronkaard se graf beland.  Ek bid dat jy bewaar mag bly van hierdie bitter beker.’  Ek is nou 17 jaar en het nog nooit iets anders as koffie en tee gedrink nie.  As ek nou miskien voor die Here moet verskyn, wil ek nie graag daarheen gaan met brandewyn in my maag nie.”

Ek het destyds nog vir Jesus gehaat, maar ek het die seun se getrouheid aan sy Meester geëer en die kapelaan na hom toe gestuur.

“ Ai Charlie, ek is jammer om jou in hierdie toestand te sien, “ sê die kapelaan met gevoel.

“ O dit gaan goed met my,” sê Charlie.  “Die dokter wou my eers ‘n verdowingsmiddel gee en toe ek dit weier, wou hy my bandewyn gee, maar ek het dit ook geweier.  As die Here my nou oproep, is ek gereed.”

“Jy sal miskien nie sterf nie, Charlie, maar as die Heer jou wil wegneem, is daar dalk iets wat ek vir jou kan doen?” vra die kapelaan.

“Ja meneer, neem asseblief my Bybel hier onder my kussing en stuur dit vir my moeder.  Haar adres is daarin.  Skryf vir haar ek lees nog elke dag daarin en ek bid dat die Heer haar wonderlik sal seën.  En skryf asseblief aan die hoof van die Sondagskool in Brooklyn en sê vir hom dat ek nooit sy baie gebede en voorbeeld en goeie raad vergeet het nie, veral nie deur al die gevare van die oorlog nie, en hier in my sterwensuur bid ek dat die Here hom ryklik sal seën.”

Daarop kyk hy na my en sê:  “Dokter, nou is ek gereed en ek beloof dat ek nie sal kreun as u my been en arm afsit nie.  Moet my net nie onder ‘n verdowingsmiddel plaas nie.”

Ek het hom dit belowe, maar ek moes self eers ‘n versterkinkie in ‘n ander kamer gaan neem om my senuwees vir die operasie te kalmeer.  Onderwyl ek gesny het, het Charlie doodstil gelê en geen kreun laat hoor nie, maar toe ek die been saag, het hy die hoek van die kussing vasgebyt.  Ek het gehoor hy prewel: “O Jesus, dierbare Jesus, staan my by!”  Hy het nie gekreun nie.

Ek kon nie daardie nag slaap nie.  Telkens as ek my oë toemaak, hoor ek hom prewel:  “Jesus, dierbare Jesus, staan my by.” Om middernag het ek opgestaan en na die hospitaal gegaan.  Sestien ernstige gevalle was al oorlede, maar Charlie het rustig geslaap. “n Verpleegster het my vertel dat twee Christenwerksters die aand om 9 uur by sy bed gelees en gesing het en dat die kapelaan toe ‘n roerende gebed gedoen het.  Daarna het hulle ‘n lied gesing, “Jesus wat my siel bemin,” en Charlie het saamgesing.  Hoe kon hy na die vreeslike pyn nog sing?

Vyf dae na die operasie het ek vir die eerste keer ‘n evangeliepreek gehoor.

“Dokter,” het Charlie gesê, “my tyd het gekom, maar Goddank ek is gereed.  Maar voor ek sterf, wil ek u uit die diepte van my hart bedank vir u vriendelikheid teenoor my.  U is ‘n Jood en glo nie in Jesus Christus nie.  Wil u nie hier bly en my sien sterwe nie?  Ek vertrou my Here tot op die laaste oomblik.”

Maar ek kon nie.  Ek het nie die moed gehad om te staan en kyk hoe die seun juigend sterwe in die liefde van Christus wat ek nog steeds gehaat het nie en ek het die kamer verlaat.  Twintig minute later kom ‘n verpleegster na my kantoor en sê:  “Dokter, Charlie wil u graag sien.”

“Maar ek was dan netnou by hom.  Ek kan nie weer gaan nie.”

“Maar dokter, hy sê hy MOET u sien.”  

Toe ek by sy bed kom, sien ek die einde is nie meer ver nie.  Hy het my hand in syne geneem en gesê:  “Dokter, ek het u lief want u is ‘n Jood en my beste Vriend in die hele wêreld was ‘n Jood.”

“Wie was dit?” wou ek weet.

“Jesus Christus, aan wie ek u wil voorstel voordat ek sterf.  Beloof my dat u wat ek nou gaan sê, nooit sal vergeet nie.”

Ek het beloof en toe vervolg hy: “ Vyf dae gelede toe u op my geopereer het, het ek die Here gevra om u siel te red.”

Daardie woorde het my diep in die hart getref.  Ek kon maar nie verstaan dat iemand onder so ‘n verskriklike pyn homself so kon vergeet en aan my ongeredde siel kom dink nie.  Al wat ek kon sê was:  “Wel, my liewe seun, jy sal netnou veilig wees.” Toe is ek daar weg en tien minute later was hy veilig in die arms van sy Heer.

Sy dood het my diep getref. Ek was skatryk aan aardse goed, maar ek sou alles wou gee om soos Charlie teenoor Christus te voel.  Maar geld kan nie so ‘n gevoel koop nie. Ek kon nie Charlie se preek vergeet nie.  Alhoewel ek onder diepe oortuiging daavan verkeer het, het ek my daarteen verset, totdat die seun se gebed uiteindelik verhoor is en my siel gered is.

Omtrent agtien maande na my bekering het ek ‘n biduur in Brooklyn bygewoon.  Christene het daar getuig van die liefde van hulle Heer.  Daar het ‘n bejaarde dame opgestaan en gesê:  “Liewe vriende, waarskynlik is dit my laaste geleentheid om van die goedheid van Christus te getuig.  My dokter het my gister meegedeel dat albei my longe al so ver aangetas is dat ek nog maar ‘n kort tydjie het om hier met u saam te kom.  Dit is vir my ‘n groot blydskap om te weet dat ek my dierbare seun in die hemel sal ontmoet.  My seun was nie net alleen ‘n soldaat vir sy land nie, maar ook ‘n krygsman vir Christus.  Hy is swaar gewond en in die hospitaal het hy onder die mes van ‘n Joodse dokter beland wat sy een arm en een been afgesit het.  Die kapelaan van sy regiment het sy Bybel aan my gestuur met ‘n brief om te sê dat Charlie in sy sterwensuur aan die dokter gesê het dat hy vyf dae tevore onder die operasie vir die redding van die dokter se siel gebid het.

Toe ek hierdie getuienis hoor, kon ek nie langer stilsit nie.  Ek het na die dame gegaan en haar hand geneem en gesê:  “Mag die Here u seën, mevrou.  Die gebed van u seun is verhoor.  Ek is die Joodse dokter vir wie Charlie gebid het, en Charlie se Heiland is nou ook my Heiland.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1555 gaste aanlyn