NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soos Jehiskia gesond geword het toe hy sy hoogmoed laat staan het, so sal die Afrikanervolk genees wanneer hy biddend op sy knieë sy hoogmoed teenoor God bely en laat staan – dan eers sal ons land herstel.

DIE VIERDE VINGERTJIE

UIT ONS FONTEINTJIE

Lees reeks by Uit ons fonteintjie

In hierdie gebeure was daar 'n predikant in Kanada wat in die noorde van die land onder die mense gewerk het.  Dit was ‘n bitter koue tyd in hierdie landstreek.  Die sneeu het soms weke aaneen op die grond gelê en daar was min mense wat dit kon uitstaan.

Nadat die predikant al maande lank daar was, hoor hy dat daar ver agter die Sneeuberge ook mense woon wat al amper wild geword het omdat hulle byna nooit ander mense sien nie.  Hy besluit toe om hulle darem ook te gaan besoek en saal sy ryperd op en ry met die voetpad wat die mense hom beduie het.  Dit was berg op en berg af tot hy weer op ‘n hoë bult uitkom en daar onder in die kloof ‘n huisie sien waar daar ‘n rokie trek. ‘n Entjie verder kry hy ‘n seuntjie wat skape oppas en wat verwonderd na hom kyk.

Hy klim toe af en sê:  “Môre my kind, wat maak jy?”
“Oom ek pas skape op,” antwoord die kind.
“En wie pas vir jou op?”
“Ek weet nie, oom,” antwoord hy.  “Ek is mos nie ‘n skaap nie.” “Maar het jy dan nog nooit van die Here Jesus gehoor nie?   Hy is mos die goeie Herder wat daarbo in die hemel woon.  Ons wat groot is en Hom liefhet, is mos sy skape, en die kinders is die lammers wat Hy oppas.”

Toe die seuntjie sê dat hy nog nooit van Hom gehoor het nie, sê die leraar:  “Ja my kind, Hy het vir ons lief en wil vir ons sorg.  As jy tot Hom bid dan hoor Hy jou, al kan jy Hom nie sien nie.  En as jy jou hart aan Hom gee en Hom liefhet en die sonde laat staan, kom Hy in jou hart woon en word jy sy lam.  Dan pas Hy jou dag en nag op, en as jy eendag sterf, neem Hy jou na die hemel daarbo.”

Die seuntjie het aandagtig staan en luister.  Toe die predikant naderhand sê, “Wat dink jy, wil jy nie ook graag ‘n lam van die Here Jesus word nie?”het hy ‘n oomblik stilgestaan en sê toe:  “Ja oom, baie graag, want ek is so alleen en baie maal in die nag is ek so bang.”  Die predikant begin  toe om hom die versie te leer:  Die Here is my Herder.  Hy sê:  “Hou nou al vyf  vingers van jou regterhand op.  Die versie het ook vyf woorde, een vir elke vinger.   Ek gaan nou na julle huis daar onder in die dal.  Jy moet nou die woorde oor en oor op jou vingers tel tot jy die versie goed ken. En hou die vierde vingertjie styf vas, want kyk dit sê  Die Here is mý Herder. Ja, liewe kind, die Here Jesus is ook jou Herder, al is jy ook so alleen hier tussen die berge.” Toe hy daar wegry, sien hy dat die seuntjie sy vierde vingertjie met sy ander hand nog altyd stewig vashou.

Toe hy by die huis kom, was die vader baie bly om hom te sien.  “Meneer. U is die eerste predikant wat ooit by ons kom.  Geen wonder dat ons al byna menssku is nie!”
Nadat hulle ‘n rukkie gesels het, sê die man:  “Ek sien daar kom ‘n swaar kapokstorm oor die berg aan. Ek moet nou eers my kind met die skape gaan haal.  Waar het u hom gekry?  U moet weet, as die storm losbars, kan ‘n mens deur die kapok niks sien nie en dan word dit sommer gou donker.”

Haastig is die pa na die plek waar die leraar hom beduie het. Intussen het die storm vinnig nader gekom, sodat dit gou pikdonker was en die sneeu soos ‘n spierwit gordyn geval het waardeur ‘n mens niks kon sien nie.  Selfs die voetpaadjie was spoedig toe onder die kapok Die kind het verdwaal.  Toe sy pa op die plek kom waar die leraar hom gekry het, was hy al ver weg in die donker en daar was geen spore meer van hom of die skape te sien nie.  Sy pa is haastig terug huis toe om ‘n groot vuur te maak en skote af  te skiet, maar hy was al ver agter ‘n rantjie en het niks daarvan gesien of gehoor nie.

Die skape het die nag een vir een by die huis gekom, want ‘n skaap verdwaal nie sommer nie.  As die kind hulle tog maar gevolg het, maar hy het seker gedink hulle loop verkeerd en toe gaan hy in ‘n ander rigting.

Laat in die nag sê die pa moedeloos:  “Nee doninee, nou is my kind al lank verkluim.  Wie kan in hierdie bittere koue nog lewe?”

Die leraar het tien dae lank by die egpaar gebly en hulle uit die Woord geleer van die Trooster, die Heilige Gees en van die Groot ontfermende Saligmaker.  Toe die kapok klaar gesmelt het, het hy met groot droefheid van die treurende ouers afskeid geneem en gery.  Hy is met die selfde pad terug.  Skielik sien hy daar oorkant teen ‘n rant iets onder ‘n bos. Daar kry hy die dooie kind en bo-op hom lê sy getroue hond, wat sy bewende kleinbasie nog wou warm hou.  Hy tel die kind op om hom op die perd te sit en daar sien hy sy een hand hou die ander hand se vierde vingertjie styf vas!

Hy bring die dooie kindjie toe net so na sy ouers terug en sê vir hulle :  “Hier is julle kind.  Kyk net na sy hande.  Waarom dink julle hou hy sy vierde vingertjie so styf vas?"

Hy vertel hulle toe weer hoe hy met die seuntjie gepraat het en hoe hy hom op die berg ontmoet het en van die versie wat hy hom geleer het.  “Julle arme kind het seker geloop tot hy nie meer kon nie en toe maar onder die bos ingekruip.  Daar het hy gehuil en geroep na sy ouers, maar niemand het hom gehoor nie.  Toe het hy opgekyk na die hemel en tot die Here Jesus gebid en seker gesê:  Die Here is mý Herder, en sy vierde vingertjie styf vasgehou.  En so het die goeie Herder van die Hemel gekom en sy klein lammetjie met Hom saamgeneem.  Julle kind is nou veilig in sy arms, salig en gelukkig in die hemel.”

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1389 gaste aanlyn