NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Talle mense gebruik God se genade as 'n noodwiel in plaas daarvan dat dit hulle stuurwiel is waarmee elke dag bestuur word. Geen wonder soveel 'voertuie' het die pad verlaat nie!

SIN VAN DIE LEWE

Ds A.E. van den Berg

“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense” (Prediker12:13).                            

Baie mense glo dat die wêreld op selfvernietiging afstuur. Let op die toenemende natuurrampe, pessiektes, hongersnode, ens. So ook die geskiedenis – beskawings het gekom en gegaan. Dit maak van die moderne mens 'n onsekere mens. Hy leef in 'n wêreld wat lengte, maar nie diepte het nie. Ten spyte van die verligting wat kennis en tegnologie bring, bly die duisternis en onsekerheid toeneem.

Enkele jare gelede is 'n inboorlingstam in die hart van die Amasone ontdek wat nooit met die beskawing in kontak was nie. Benewens 'n filmspan wat hulle vanuit 'n helikopter gaan afneem het, het die Brasiliaanse owerheid verdere kontak met hulle verbied om hul eiesoortigheid te bewaar. 'n Kameraman het vertel dat van die inboorlinge selfs spiese na die helikopter gegooi het.

Wat 'n kontras – 'n stuk wêreld wat te midde van die beskawing in die tyd stilstaan. Een groep mense gooi nog spiese terwyl 'n ander groep die buitenste ruimte verken! Alhoewel die afstand tussen die kamera-span en die inboorlinge net buite die bereik van die spiese was, was die kulturele afstand tussen hulle duisende jare verwyderd!  

Wie was die beste daaraan toe? Die ruimte-tegnoloë of die inboorlinge? George Bernard Shaw skryf dat verstandige mense hul by die wêreld aanpas. Onverstandiges probeer die wêreld by hulle te laat aanpas. Die Brasiliaanse inboorlinge het hulle by die wêreld van hul omgewing aangepas.

Die moderne mens is 'n soeker en vra gedurig vrae. Wie is ek? Waar pas ek in? Is ek veronderstel om iewers in te pas? Wat is my doel?   Ons bevind ons op 'n onseker planeet met geologiese plate wat gedurig verskuif. Daarom is daar aardbewings, gety-golwe en aardverwarming wat 'n veiligheidsrisiko skep. Watter werklike sekerheid is daar op hierdie wankelrige planeet van ons? Die mensdom weet dat as hy nie reg te werk gaan, hy homself gaan vernietig. Daarom sing Boney M “Don’t kill the World” ja, die mensdom is ernstig besorg oor omgewingsbesoedeling. Dit laat by baie mense 'n gevoel van sinloosheid en verlorenheid ontstaan.  

Dis egter nie 'n nuwe probleem nie. Ongeveer 3000 jaar gelede het Salomo ook gesukkel om die betekenis van die lewe te vind. Hy het aardse drome nagejaag. En telkens as dit hom genot verskaf het, was dit van korte duur en was by weer terug waar hy begin het. Genot was nie die doel van die lewe nie. “Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?   Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan” (Pred.1:3,4).

Salomo was gefrustreerd. Die somtotaal van sy drome en prestasies het hom koud gelaat en nie sy lewe verander, soos hy gehoop het nie: “En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek vir geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid.... Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het.... en kyk, dit was alles tevergeefs en ʼn gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie” (Pred.2:10,11).  

Salomo kon sy krom wêreld nie reguit buig nie. “Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie” (Pred.1:15). Iets het ontbreek. Die feit dat hy die kennis gehad het om te weet hoe dinge moet wees, maar niks daaraan kon doen nie, het hom hewig ontstel. “Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart” (Pred.1:18)

Ek wonder wat Salomo van ons lewe sou sê? Daar is meer tegnologiese ontdekkings die afgelope 60 jaar as in die voorafgaande 5,000 jaar gemaak.   Die mensdom het oneindig meer vermag as wat Salomo ooit van kon droom.   Die tragedie is dat ons geensins gelukkiger is nie. En ons grootste vrees? Om dit wat ons besit, te verloor.   Die wêreld skyn te krom te wees om iets daaraan te kan doen. Hoe verskriklik om in so 'n onsekere wêreld te leef wat jy eendag net so gaan verlaat!   'n Sinlose bestaan!

God het Salomo die regte pad geleer deur hom eers die verkeerde pad te laat ervaar.   Ons leer mos uit ons foute.   God wys Salomo op 'n baie groot waarheid wat elke gelowige moet insien om 'n sinvolle bestaan te kan voer – Salomo moes leer om tussen God se verlossingsgeskiedenis en die mens se geskiedenis te onderskei; twee hemelsbreë verskille wat ons moet insien om sinvol te leef.   Let op die mens se geskiedenis – dis 'n tablo van prestasies en foute. Beskawings het hulself vernietig deur God te tart. In die verlossingsgeskiedenis, soos die Bybel dit duidelik uitspel, laat God ons na versoening deur die kruisdood van Jesus kyk.  

Toe Salomo die troon by sy vader erf, het hy God om wysheid gevra en dit sowel as groot rykdom verkry.   Dit het hom die mag, wysheid en geld besorg om al sy aardse drome te verwesenlik. Dit was alles tydelike genot, maar niks betekenisvol nie. “Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en ʼn gejaag na wind” (Pred.2:17).

God het dit alles toegelaat om Salomo die grootste les wat 'n mens op aarde kan leer, te leer: 'n Lewe sonder God is betekenisloos, al het jy al die geld, roem en mag!

Met ons verstand kan ons ontsaglik baie kennis verkry, selfs van die heelal.   Nogtans weet ons dat daar 'n oneindig groot bron van onontdekte kennis is; iets wat van die voortyd af altyd bestaan het. Ons is nie die skepper daarvan nie.   Die ganse heelal is aan hierdie bron van kennis onderworpe, 'n kennis wat ons net van God kan ontvang.

Daarom is die indirekte vraag van Salomo aan God ook ons vraag: “Waar pas ek in?” Ek weet dat daar 'n ewige dimensie aan my lewe is en dat lewe nooit gaan ophou nie. Ek gaan egter nie soos 'n dier sterf en alles is verby nie! Ek gaan van 'n wankelbare planeet na God se ewige woning verhuis.  

Daarom kan geen aardse prestasie die verlange na die ewige dinge in my siel vervang nie. Daarom het die lewe slegs sin as ons nie op wêreldse dinge hoop nie, maar op God se verlossingsgeskiedenis en die reddingsboei wat Hy in Jesus na ons uitgooi, vasgryp. “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê” (Joh.10:10).  

In Jesus nooi God ons om die ewigheid saam met Hom deur te bring. Daarom kan die wêreld maar vergaan. In Jesus vergaan ons nie saam nie. God is met gelowiges, al keer die wêreld om jou om. Jeremia se wêreld het met die ballingskap behoorlik omgekeer!   Hy was op moedverloor se vlakte toe die Here met hom gepraat het:

“Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig...   Toe het ek gesê: Ag, Here, Here, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk. Maar die Here het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red...” (Jer.1:4-8).  

Toe God hom op sy godgegewe taak wys, het Jeremia se vrees vir dit wat mense kan doen, onmiddellik verdwyn. Mense-geskiedenis is niks; verlossingsgeskiedenis is al wat tel. Wie dit insien, vind sin in die lewe.  

Salomo skryf: “Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word....het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uit te vind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan...” (Pred.8:16,17).    

Op aarde maak dinge nie altyd sin nie. Die ewigheid daarenteen sal vol betekenis wees. Dit wat op die aarde krom en skeef is, sal daar reguit wees. Dit wat op aarde ontbreek, sal daar in volheid voorsien wees.   Daarom hoor ons Salomo in die laaste hoofstuk van Prediker baie anders as in die eerste een praat en die grootste wysheid meedeel: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense”.

Los derhalwe die ou aarde en al sy probleme. Moenie dit jou probleme maak nie. Die verlossingsgeskiedenis leer ons om eerder na 'n nuwe Jerusalem waar alles reguit gaan wees te beur. Sorg dat jy deur jou bekering daar gaan wees om dit te aanskou. Jesus het deur sy lyding vir jou die pad baie moontlik gemaak.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3108 gaste aanlyn