NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Almal wil tog graag gelukkig voel maar weet nie altyd hoe om dit te bereik nie. Ware geluk spruit uit die wete dat elkeen van ons 'n taak in die wêreld het wat met dade gepaard gaan, en as ons daardie werk met 'n rein gewete doen sal ons verbaas staan oor die genoegdoening wat ons ervaar, die gevoel van gelukkig wees.

VURIGE GEBED

Ds A.E. van den Berg

Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag” (Jak.5:16).                                      

Die mensdom is geweldig behep met krag. Hoe meer, hoe beter! Let maar net op die moderne meganika; masjiene raak al hoe kleiner, maar sterker. Dit wat 'n 1600cc masjien 20 jaar gelede gedoen het, verrig 'n 1100cc masjien vandag! 'n Paar jaar gelede kyk ek op TV hoe 'n groot boot wat met die destydse getygolf in Japan hoog en droog op land gelaat is, met masjinerie in die water teruggeplaas is en die toejuiging wat die bergingspan van die skare ontvang het. Ja, mense het eerbied vir krag. So ook vir mag, veral wanneer die skynbaar onmoontlike vermag word.

 

Wat is die grootste krag waaraan u kan dink? Gebed. Waarom sê ek so? Omdat gebed die hand beweeg wat die heelal beweeg; God se hand!   In die gelese gedeelte skryf Jakobus aan gelowiges in die verstrooiing – ontredderde mense wat tydens die Joods-Romeinse vervolging vir hul lewe uit Jerusalem en die omliggende omgewing gevlug het; mense wat die mag van die Romeinse ryk aan hulle lyf gevoel het!

Net soos wat baie volksgenote wonder of die bose ANC se mag ooit gebreek sal word, het gelowiges destyds gewonder of die Romeinse mag gebreek kon word? Wie was teen die Romeinse ryk bestand?   Jakobus neem hul terug in die verlede om die toekoms in fokus te kry.   Dis mos die waarde van geskiedenis – jy draai jou om na die verlede ten einde die toekoms in fokus te kry. En dis presies wat Jakobus doen. Hy wys ontnugterde gelowiges op 'n bitter tyd in die geskiedenis van Israel – die goddelose regering van koning Agab. Hierdie man het selfs 'n tempel vir Baäl langs diè van Salomo laat bou en afgodspriesters uit die staatskas vir hul dienste vergoed!  

Dit het Elia so ontstel, dat hy God gebid het om Israel met droogte te straf. En God het!   Dis wat gelowiges se gebede kan doen – die hand beweeg wat die heelal beweeg! Stem u saam dat gebed die grootste menslike krag denkbaar is?   Net jammer dat dit bewonder maar so min gebruik word!   Om krag te bewonder, bring jou nêrens nie. Gebruik wel! Dis presies wat God van ons wil hê; om hierdie krag te gebruik.      

Hierdie krag kom uiteraard net tot sy reg indien dit reg gebruik word. Dit gaan mos met alle kragbronne so. Dit moet reg gebruik word. Die Bybel leer ons hoe om dit reg te gebruik.   Luister maar net 'n bietjie hoe bid mense.   Baie gebede is niks anders as 'n verlange-lys nie.   Nee, gebed is nie 'n inligting-sessie waarmee ons God se aandag op ons eie verlangens en versugtinge probeer vestig nie!   Gebed is nog minder 'n lys van opdragte wat ons aan God oorhandig.   Dis waarom daar geen krag in baie gelowiges se gebede lê nie – hulle bid verkeerd! Verkeerde gebede verkry nie regte antwoorde nie.

God is ʼn goeie Gewer en gee graag vir sy kinders. Vir ʼn kind wat sy hande in opregtheid saamvou, maak God syne vir hom oop. Gebed is egter nie ʼn middel om God te probeer gebruik nie, maar eerder 'n manier waarop ons onsself aan Hom gee sodat Hy ons kan gebruik.  

Gebed maak kinders van God ook moedig in die stryd. Kort na die priesterslagting by Karmel, het koning Agab Elia raakgeloop. Luister hoe groet hy hom: “Is dit jy, jou beroerder van Israel?” waarop Elia hom onverskrokke op sy sonde gewys het.   Wie voor God kniel, kan voor enige mens staan.   Baie kniel-werk laat jou altyd regop loop en die waarheid praat.

Gebed is wonderlik. Veral in tye van nood. Dan is God soveel nader aan sy kinders. Ja, daar is geen afstand so kort as dié tussen God en 'n biddende geloofskind nie! God geniet dit as ons van Hom afhanklik is. Gelukkig is die mens wat weet hoe afhanklik hy van God is.   So 'n persoon steun nie op sy eie krag nie. Hy besef dat gebed 'n krag van God is waarop hy met sy menslike swakheid kan leun.  

Ons almal raak, soos Petrus van ouds, van tyd tot tyd bang vir die lewe om ons. Weet een ding, as ons knieë die dag bewe, is dit tyd om te kniel.   God hoor ons hulpgeroep vanuit die diepste put.   Geen kind van Hom bid ooit tevergeefs nie. Ons hulpgeroep styg tot in die hoogste hemel op!  

Dink maar net aan die arme Jeremia toe sy koning hom in ʼn modder-put laat gooi het om sy getuienis stil te maak. Hy het in sy nood gebid en God het hom verlos. Dit laat ʼn mens aan Dawid se woorde in Ps.40 dink: “Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging , uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gestel....” (:2,3).

Jeremia het nie baie hard na God geroep nie. Hy het geweet dat sy hemelse Vader baie nader aan sy kinders is as wat die meeste besef.  Maar wat was Jeremia se gebedsgeheim?   Hy het ook gebid toe die son in sy lewe geskyn het.   As ons nie in die sonskyn van ons lewe bid nie, moet jy nie verwag om verhoor te word as dit donker om ons word nie!   Gebed is nie ʼn noodwiel nie, maar ʼn stuurwiel!

Wanneer ons bid, moet ons nooit met ons woorde God se wil probeer verander nie. Toe Jesus in Getsemane tot God bid om tog die lydensbeker van Hom weg te neem, bid Hy tereg – nie My wil nie, maar u wil. Dis wat ons ook met gebed moet doen – om God se wil te leer ken. Want wat is die waarde van gebed? Om by 'n antwoord uit te kom of by God?   Deur gebed soek ons die wil van die Vader en vra Hom dat sy wil ook ons wil moet word. Daarom is gebed vir 'n kind van God soos om by sy ouerhuis aan te doen.  

Gebed bestaan nie altyd uit woorde nie. Sekere gedagtes is in werklikheid gebede. Daar kom oomblikke dat 'n mens nie woorde het nie, maar jou siel is op sy knieë! Nog minder bestaan gebed uit sekere liggaamshoudings. Gebed gaan per slot van sake nie om liggaamshouding nie, maar oor die houding van ons hart jeens God.

Nie almal hou van gebed nie. As daar een persoon is wat niks van gebed hou nie, dan is dit die Satan. Hy vrees gebed!   Ja, hy spot met ons godsdiens. Hy spot met ons kerkgang. Hy spot met ons goeie werke.   Maar hy sidder wanneer ons bid omdat gebed ʼn krag is wat hom aan bande lê!

Maar, hoe bid ons? Hardop of sag? Dit maak werklik nie saak nie. Baie mense wil nie hardop bid nie, omdat hulle bang is hulle struikel oor woorde. Wat is erger – om oor jou woorde of oor jou hart te struikel?   ʼn Stamelaar wat bedoel wat hy bid, se gebed is vir God meer werd as die welsprekende wat nie bedoel wat hy sê nie. As jy bid, is dit beter om ʼn hart sonder woorde te hê, as woorde sonder ʼn hart. Gebed is meer hart as tong.  

Ons moet elke woord wat ons bid bedoel. Ons kan God nie ʼn rat voor die oë draai nie. Hy ken ons harte! So baie mense bid vir dinge wat hulle in werklikheid nie wil hê nie. So asof God dit nie weet nie!   Dit laat my dink aan kinders wat toktokkie speel – klop aan ʼn deur en hardloop weg!   Bedoel wat jy sê! Koue gebede verkry nie warm antwoorde nie.

ʼn Laaste aspek waarby ek wil stilstaan, is voorbidding. Tydens die verstrooiing het gelowiges baie ernstig vir mekaar gebid. Jakobus skryf ook daaroor.   Daardie eerste Christene het onder die diepe besef van die waarde van voorbidding gekom en in daardie moeilike tye mekaar daardeur gedra. Om vir iemand met gebed in te tree, spreek van liefde op die knieë.  

Let daarop dat die eerste Christen-gelowiges nie net met mense oor God gepraat nie. Hulle het ook met God oor mense gepraat – hulle medegelowiges en susters. Luister wat skryf die apostel Paulus oor voorbidding: “Ons dank die God en Vader van ons Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid. Daarom hou ons ook nie op nie...om vir julle te bid....en bid tegelykertyd ook vir ons...” (Kol.1:3,9; 4:3). “Broeders, bid vir ons” ( 1 Thess.5:25). O, die onmisbare waarde van voorbidding!

Jak.5:17 meld iets baie belangrik vir die gebedslewe – vurigheid.   Gelowiges moet geesdriftig bid; groot bid.   God is by magte om ons ver bo ons verwagting te gee. 'n Gelowige moet bv. nie vir krukke bid as jy weet dat God vir hom vlerke kan gee nie!

Bid jy? Bid jy werklik? Hoe bid jy? Bid jy genoeg?   Kom ons gaan maak baie meer van hierdie krag wat God tot ons beskikking gestel het. Maak gebed so deel van jou lewe soos asemhaling. Laat gebed die sleutel wees waarmee jy elke nuwe dag van jou lewe oopsluit en die slot waarmee die aand daarvan toesluit.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2248 gaste aanlyn