NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees.  Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning.   Hy wou geen verdere beloning hê nie.  Dis mos wat ’n  vriendskap goddelik maak.

BLINDE LOJALITEIT...

... IS GEESTELIKE DOODSAKE

Ds A.E. van den Berg


As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!” (Gal.1:9)

Lojaliteit is 'n wonderlike deug wat by godsdienstige sake ook 'n skadelike kant kan hê. Dit laat blind-lojale kerkgangers dwaallig vir sterre aansien. Dit het in die tyd van Jeremia gebeur. Hy waarsku volksgenote: “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie — wat sê: Die Here se tempel, die Here se tempel, die Here se tempel is dit!” (Jer.7:4) Paulus waarsku: “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie....” (Gal.6:7).

Gelowiges moet prediking aan die Skrif toets of dit met die Bybel ooreenstem en soos die gelowiges van Berea wees: “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Hand 17:11).

Paulus skryf aan die Romeine: “Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees.....” (3:2,3). Jakobus waarsku: “Moenie baie leermeesters wees nie, broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan” (3:1).

Kerke moet toesien dat hul leraars die waarheid verkondig. Daarvoor is die amp van die ouderling onontbeerlik: “Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewillig; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde....” (1 Pet.5:1-4).

Omdat 'n leraar se amp aan sy persoon verbind is, moet die waarheid in hom skitter. Jesus sê: “Julle is die lig van die wêreld.... Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik” (Mt.5:13,16). Alhoewel dit vir alle gelowiges geld, des te meer vir leraars. Paulus skryf: “Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo” (1 Thess 2:10).

Geesvervulde lojaliteit kweek 'n wonderlike eensgesindheid onder mense wat die waarheid liefhet. Blinde lojaliteit laat ongelukkig baie mense in die slagyster van dwaalleer trap, veral hulle wat die waarheid liefgehad en toe die spoor byster geraak het. Let maar net op hoeveel kerke draai vandag 'n blinde oog na gruwels en lidmate aanvaar dit gelate.   Dit is die vloek van blinde lojaliteit!  

Blinde lojaliteit huisves dikwels 'n element van verraad. Wanneer 'n volk hom teen vyandige aanslae moet verweer en 'n beduidende deel is blind-lojaal teenoor verraderlike instansies, maak dit bitter seer. Die Boerevolk het nare ervarings hiervan toe vooraanstaande kerklui met die vyand begin heul het.

Gelowiges durf nie lojaal teenoor kerke en/of leraars wees wat die waarheid verlaat en die leuen glo nie. Paulus was by niks wat die Evangelie geskaad het betrokke nie. “Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is” (1 Kor.11:1).

Paulus het talle lojale aanhangers gehad maar sê dat gelowiges se lojaliteit eerstens aan Jesus moet wees. En as hy dwaal, moet hulle hom nie volg nie. Dis 'n groot waarheid. Lojaliteit moet Skrif-gegrond wees en nie van groep-gevoelens afhang nie.

Gelowiges moet uiters versigtig wees – die lyn tussen reg en verkeerd is soms baie fyn. Daarom moet hulle slegs lojaal teenoor diegene wees wat die waarheid verkondig. “Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar” (1 Thess.5:12.13).  

Dit wat nie met die leer van die Skrif strook nie, moet verwerp word: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!” (Gal.1:9). Paulus skryf aan die Romeine:“En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle” (Rom.16:17).

Blind-lojale mense dink nooit nugter nie. Dis die vloek van groepsdruk. Mense is dikwels gemakliker met die leuen as met die waarheid en neem soms verkeerde paaie net om nie deur hul groep verwerp te word nie.

Dit gaan ook in die diereryk so – hulle doen soos die res van die groep doen. Dit laat mense geborge onder mekaar voel. Hulle is, soos in Jesus se tyd, bang om deur die groep verwerp te word: ” Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode” (Joh.7:13).

Blinde lojaliteit lei maklik tot breinspoeling. Dis 'n metode wat die Roomse Kerk (RK) al baie lank suksesvol gebruik. Hulle breinspoel as te ware hul lidmate om almal soos die kerk te dink. Dit gee aan die RK, net soos in die ou Babiloniese godsdiens waaruit hulle stam, mag oor mense. Die ou Babiloniese priesters het 'n vroeë vorm van breinspoeling toegepas om mense onderhorig te hou. Ja, die verstand van die kerklike publiek word maklik getiranniseer.

Ongelukkig steek blinde lojaliteit ook by sommige Protestantse kerke kop uit.   Johannes skryf 'n skokkende ding wat net voor die wederkoms gaan gebeur: “Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Open.17:13). Die kerk van die Antichris is besig om gestalte hier aan die suidpunt van Afrika te kry!

Hierdie bose eensgesindheid word deur kerke wat die waarheid vir die leuen verruil gehuisves. Petrus waarsku: Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?” (1 Pet.4:17).

Laat ons nooit vergeet dat Jesus die Rots is wat vir sondaars geklief is en dat die kerk die skeur is waardeur die lewende water na almal wat dors het, vloei. Daarom het 'n kerk wat nie die waarheid verkondig nie, geen bestaansreg in die oog van God nie.

Watter soort wêreld skep ons vir ons nageslag as die waarheid so openlik verag word? Moet ontspoorde leraars maar hulle gang gaan en blind-lojale volksgenote nog verder verval? Dan kry die verhaal van die rottevanger van Hamelin 'n kerklike baadjie!

Ons moet volksgenote teen blinde lojaliteite waarsku. Die Boerevolk verval weens 'n versaking van die waarheid. Dit het ook in die tyd van Hosea gebeur. Hy kla: My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis...” (Hos.4:6).

Die waarheid van God se Woord is die enigste gom wat 'n volk wat uitmekaar val gaan heg. Bid vir volksgenote wat met blinde lojaliteit geslaan is, dat hulle oë vir die waarheid sal oopgaan en na die paaie van weleer sal terugkeer. Die skrywer van die Hebreër-brief het vir hulle goeie raad:“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na (Hebr.13:7).  

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2034 gaste aanlyn