NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die gees van Isebel rig ons volk oneindige skade aan.  Gesag word afgetakel. Rolle word omgeruil - mans tree soos vrouens op en vrouens soos mans.  Gesinne spat uitmekaar.   Kerke verlaat die waarheid vir dwaalleer.  Politici intimideer, manipuleer en domineer.  Niemand is meer eerlik nie!

SOOS IN DIE DAE VAN NOAG

Ds. A. E. van den Berg

“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mat.24;37).

Die Bybel vertel ons van die grootste natuurramp wat die aarde ooit getref het nl. die Sondvloed. Al die natuurrampe wat daarna gevolg het, was plaaslik. Die Sondvloed was wêreldwyd en het die hele aarde met water oordek en was God se straf op sonde. Hy het besluit om die uitwis-knoppie te druk en alle mense op die aarde uit te wis. Net Noag en sy gesin (agt mense in totaal) is gespaar.

Watter sonde het God dit laat doen? Die antwoord lê in Jesus se woorde in Mat 24 as Hy die einde van die wêreld met die dae van Noag vergelyk. Hy vertel sy dissipels dat die verlede die sleutel vir die toekoms is.

Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mat 24:38,39.

Dit wat in die tyd van Noag gebeur het, sal aan die einde van die tyd weer gebeur. Die onverskilligheid van die mensdom in Noag se tyd sal kort voor die wederkoms net so herhaal word.

Maar, hoe het die mense destyds geleef? Hulle het geëet, gedrink, getrou, handel gedryf, geplant en geoes; nie dat daar fout mee was nie. Hulle het egter God uit hul lewe gelaat en sondig geleef. Daarom het hulle Noag se waarskuwings in die wind geslaan. Vir hulle was hy maar net 'n ouman wat om 'n reuse skip honderde kilometer van die see af gebou het. Daar moes by hom iewers 'n skroef los gewees het; nie in die skip nie maar in sy kop!

Wat mense ook al gesê het, het Noag nie afgesit nie. Hy het hulle gereeld gewaarsku dat God hul sonde gaan straf. Hulle het hul daaraan afgevee. Toe God se sandglas van genade op 'n dag leegloop, was dit te laat. Daarna het dit begin reën en alles op die aarde oordek. Ek kan my indink hoe mense aan die deur van die ark kom hamer het “Maak oop, maak oop!” Maar dit was te laat!

Mense was destyds baie slim, maar het, soos vandag, geen tyd vir geestelike sake gehad nie – slim in hul eie oë maar dwaas in God s'n. Daarom het hulle geen tyd vir God gehad totdat dit te laat was nie. As hulle maar net na Noag se waarskuwings geluister het!

Die rede vir die uitwissing was dat sonde na die sondeval soos 'n aggressiewe kanker begin versprei het. Sodra sonde in die geestelike bloedstroom beland, versprei dit totdat dit die hele mens verteer. Sonde het destyds so ernstig toegeneem, dat God besluit het om 'n nuwe begin met mense te maak. Tot op daardie tydstip het God die sondaars van selfvernietiging beskerm. Toe Hy egter sy hand terugtrek, het hulle die gevolge van hul bose lewenswyse gedra.

Paulus skryf: Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer, hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. (Romeine1).

God is tot op 'n punt geduldig met mense, maar nie vir altyd nie. Laat dit 'n waarskuwing wees vir almal wat in sonde leef. As jy dink dat God jou nie sien nie, gaan jy na jou dood 'n lelike verrassing kry!

“Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was...” (Gen.6:5). Nêrens in die Bybel vind ons 'n duideliker prentjie van totale geestelike verval soos hier nie. Dit was soos wat God die mensdom gesien het – geheel en al van Hom verwyder.

In Gen 1 lees ons telkens dat dit wat God gemaak het, goed was. Teen die tyd van Gen 6 kyk God na sy skepping en sien dat dit 'n vuil maalstroom van boosheid was en sy oordeel regverdig het:

“...het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het”.(Gen.6:6.7).

God het berou gehad. Sy hart breek oor die wrakstukke wat die aarde in 'n reuse vullishoop van pyn, hartseer, skande en skuldgevoelens omgekeer het. Daarom het God besluit om die skepping te “ontskep”.

Geen mens kan die omvang hiervan nooit bedink nie. Stede, dorpe, geboue, mense en diere is alles onder water. Elke aanduiding van menslike beskawing is weggespoel.   Net een mens en sy gesin het genade in God se oog gevind en is gespaar.

Uit hierdie kataklismiese gebeure leer ons as gelowiges twee groot waarhede. Eerstens dat genade ook in die donkerste uur te vinde is. Al was die wêreld op die rand van vernietiging, het Noag genade in God se oog gevind. Al is 'n put ook hoe diep, is God se genade steeds dieper as dit.

Tweedens leer gelowiges dat genade al manier is om God se oordeel te ontsnap. Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin...” (Hebr.11:7).

Enige mens kan in sy donkerste lewensomstandighede gered word. God doen in Christus vir ons wat ons nie vir onsself kan doen nie. Hy kom na ons toe. Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel....” (Ps.40:2,3).

God kom na ons toe. So het Hy in die volheid van die tyd in Jesus na ons toe gekom om ons van die ewige verderf te red. Die water van oordeel was besig om teen ons op te stoot. Daar was niks wat ons daaraan kon doen nie. As Iemand nie van bo gekom het nie, het ons almal omgekom. Sy naam is Jesus, God se reddingsboei.

Terug by die teksvers:“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees”. Dit wat destyds gebeur het, sal net voor die wederkoms weer gebeur.   Wie dus wil weet wat in die toekoms gaan gebeur, moet na die verlede terugkyk. Die dae van Noag is die sleutel om die toekoms te verstaan.

Aan watter kentekens moet ons die einde verwag? Daar is net een sleutel – kyk terug in die verlede. Soos in die dae van Noag sal die mensdom totaal onvoorbereid vir die eindoordeel wees. Daar sal weer 'n ongehoorde morele verval wees. Gesinne sal verbrokkel asook 'n skerp toename in sataniese aktiwiteit wees. So ook skokkende verraad van mense wat hul as leiers voordoen maar eerder misleiers is; veral in kerke.

Dis alles dinge wat vandag wêreldwyd gebeur. Wat sê dit? Dat ons waarlik in die pylvak van Jesus se wederkoms is. Moet egter nie verskrik wees nie. As jy Jesus as jou Verlosser ken, is jy op die ark van God se genade. Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Al wat jy moet doen, is om al hoe sterker in die geloof te staan, die waarheid onbevrees te verkondig en soos 'n Noag van ouds mense dringend te waarsku. Want as jy gaan ophou om 'n profeet vir jou volk te wees, word jy die argitek van sy lot. Maak werk daarvan want ons is al 'n jaar nader aan die wederkoms en die tyd min!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3931 gaste aanlyn