NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Meestal roem ons op onsself wanneer ons groot hoogtes bereik het. Eintlik weet ons dat die Here daardie talente en vermoëns aan ons geskenk het maar ons dink nie veel daaraan nie en word graag voor ander mense vereer. God sê in Exodus 28 aan Moses om met die kunsvaardige mense te reël om vir Aäron heilige klere te maak waarin hy die Priesteramp sal beklee; en dan maak God dit duidelik wie daardie kunsvaardige mense is: ...wat Ék met die gees van wysheid vervul het..." Laat ons deurentyd die eer aan God gee vir al ons prestasies, dit kom Hom toe.

GELOOF HET NIE PLEK VIR PESSIMISME

Ds A.E. van den Berg

“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is” (Efes.5:15-17)

Die oorvloed van booshede wat ons volk die afgelope tyd tref, maak mense opreg bekommerd oor die toekoms. Dit lyk asof alles omgekeer het en die goeie ou dae vir altyd verby is. Dit alles skep dikwels ʼn gees van wanhoop by ons mense. Wanhoop is ʼn lelike ding. Dit krap nie net lewens om nie, maar belemmer ook die gees en maak dat sommige mense uitdagend en onnadenkend optree en op die ou einde met die gereg gebots.

Politici en kerklui het onbeskaamd vir hul mense gelieg en is derhalwe aan die land se verval aandadig. As so ʼn gevoel jou beetpak, volg pessimisme en verdwyn hoop vir die toekoms. Jy gaan maar net dag vir dag aan en hoop dat iets positief sal gebeur.

Niemand van ons weet wat hierdie jaar vir ons gaan inhou nie. Gelowiges is egter van een ding sekerdie toekoms is in God se hande. Wat ʼn troos om ʼn onbekende toekoms aan ʼn bekende God toe te vertrou!

Wat ook al dié jaar met my mag gebeur, is ek nie alleen nie. God is met my:“ ... Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die Here, jou God...” (Jes.43:1-3).

Daar is egter ʼn ononderhandelbare voorwaarde aan verbonde – jy moet deur die bekering in ʼn persoonlike verhouding met Jesus staan want dan leef jy reg, soos ʼn Henog van ouds, ongeag ʼn bose wêreld.

Die vraag is: Wat moet ons doen om so te leef? Die teksverse gee ons al die raad – drie daarvan. Wie dit toepas, leef reg.

Die eerste een is: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse”. Hierdie nougeset wandelverwys na iemand wat op ʼn smal paadjie teen ʼn styl berg bitter versigtig moet loop. Een verkeerde tree kan hom na sy dood laat val. En die les? Moenie oorhaastig op die lewenspad wees nie.

Ons leef dikwels baie oorhaastig, maak vinnige besluite, praat te vinnig, beweeg te vinnig, reageer te vinnig en antwoord te vinnig. Ons trap die versneller van die lewe al hoe dieper in, soms met tragies gevolge!

Peter Marshall, eertydse kapelaan van die Amerikaanse senaat, bid een oggend tydens die dagopening van die Senaat: “Here, as ons te vinnig na U wens beweeg, steek asseblief ʼn gaatjie in ons bande dat ons moet stilhou!”

Oorhaastige mense maak maklik foute. Hulle jaag teen so ʼn spoed na sekere dinge in die lewe, dat hulle by God verby hardloop. Die Psalmdigter skryf in Ps.46: “Laat staan en weet dat Ek God is...”   Om spoed te verminder en God meer in jou lewe in te laat, kry jy meer gedoen as op jou eie. Paulus se eerste raad is om nie te vinnig te beweeg nie.

Sy tweede raad is: ...en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”.   Hierdie uitkoopverwys na die ou Oosterse markte waar iemand iets kosbaars gesien het wat hy vir hom wil koop. Paulus gee ʼn spesifieke rede waarom die tyd uitgekoop moet word omdat die dae boos is. Dit kan ook vertaal word met omdat die dae wanhopig is. Paulus skryf dié woorde in die gevangenis nadat keiser Nero hom laat vang het. Nero was ʼn jammerlike verskoning vir ʼn keiser, het Christene gehaat en gevolglik onheilswolke op die horison teen hulle laat saampak.

Soos wat die Evangelie versprei het, is dit as ʼn staatsbedreiging beskou en het dit baie gelowiges wanhopig gemaak en hoop vir die toekoms laat opgee. Baie mense het ʼn ent saam met die gemeenskap van die gelowiges geloop en toe weggeval. Paulus skryf aan Timoteus dat ʼn sekere Demas hul verlaat het omdat hy die teenswoordige wêreld liefgekry het.

Dit gebeur soms dat mense mismoedig met hul lewensomstandighede word en geestelik boedel oorgee. Dis nie wat God wil hê nie. Dis juis in harde tye dat die gehalte van geloof duidelik moet word. Harde tye hou dikwels verborge seëninge vir gelowiges in. ʼn Bergklimmer wat bo-op die berg staan, het nie daarheen geval nie, maar met die nodige deursettingskrag bo uitgekom.

As alles verlore lyk en niks vir jou meer sin maak nie, kan dit wees dat God se plan vir die lewe pas met jou begin het. Toe Elia dink dat dit sy einde was, was dit juis God se nuwe begin met hom! As die wêreld om jou uitmekaar val, is dit juis die geleentheid om deur jou vaste vertroue in Jesus met ʼn wonderlike getuienis dit na buite te dra.

Gelowiges wat in die donker loop, hou nie op alvorens dit lig word nie. Moet nooit na ʼn 100 redes kyk om op te hou nie, maar eerder na ʼn 1000 redes om aan te hou.   Die geloofslewe is ʼn reis met ʼn bordjie langs die pad: Stilhou verbode!

Paulus se derde raad is: Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is”. Daar is vir gelowiges in moeilike tye niks beter as om te weet dat God in beheer van alles is nie.

“By die Here skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na die berg soos 'n voël. Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien” (Ps.11).

God weet presies wat in die wêreld aangaan. Dit maak nie saak wat gebeur nie, sy beloftes van gister en vandag is more presies dieselfde. Ons moet met innige toewyding aan sy beloftes bly vaskleef:

Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Kor.15:58).

Kom ons som die drie raadgewings vir 2024 op:

  1. Wees moedig en laat jou hart nie ontsteld word nie;
  2. Let op jou voetstap, maak die beste van jou tyd;
  3. En spits jou daarop toe om God elke dag jou reisgenoot te maak.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1810 gaste aanlyn