NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus sê dat 'n mens nie 'n maaltyd vir vriende moet aanbied net sodat jy weer genooi kan word nie. Dít, sê Hy, is 'n ruiltransaksie. Maar om mense wat niks kan teruggee nie, te nooi, is egte nederigheid, liefde en diens, en het ewige waarde. God sal omsien na iemand met so 'n gesindheid – Luk 14

GROOTSTE KLUG TER WÊRELD

Hervormingsdag

Ds. A.E. van den Berg

“....en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid... En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus...” (Openb.17:5,6).

Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Satan haat hierdie verkondiging en probeer om dit sedert die ontstaan van die kerk met verskillende strategieë te vernietig. Hy het die kerk eers met geloofsvervolging van buite af aangeval. Toe dit nie resultate oplewer nie, het hy met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en groot verwarring gesaai. Lukas skryf in Hand.15 van ’n kerkraadbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is juis om gelowiges oor hierdie dwalings in te lig en te waarsku.

Satan se volgehoue aanslae teen die kerk het later ʼn bres in die muur veroorsaak waardeur heiden-elemente die kerk binnegesypel het. Sommige mense het hierdie elemente gelate aanvaar en kon spoedig nie die waarheid van die leuen onderskei nie. Die vermenging van die eertydse Christendom met heiden-elemente het tot die ontstaan van ʼn karikatuur nl. die Roomse Kerk (RK) gelei.

Dit was van meet af aan in geheimsinnigheid gehul. Selfs haar taal was geheimsinnig nl. Latyn, wat feitlik niemand tot vandag toe nog verstaan nie. Niks in die RK is oop en bloot nie. Alles is soos in die Babiloniese afgodsdiens, in donkerte en geheimsinnigheid gehul. In teenstelling daarmee is die ware kerk van Christus sonder enige geheimsinnigheid. Alles is oop en bloot.

Wanneer Paulus in 2 Thess.2:7 oor die “verborgenheid van die ongeregtigheid” skryf, verwys hy na Babiloniese verborgenhede wat al in sy tyd in die kerk kop uitgesteek het. Hierdie verborgenhede is aanvanklik in die geheim en toe openlik verkondig om mense van die eenvoud van die geloof te vervreem.

Die RK word in die boek Openbaring Babilon genoem. Babilon staan sedert die bou van die berugte toring van Babel (Gen.11) tot aan die einde van die Bybel in die teken van opstand teen God. Die ganse Babiloniese godsdiens het om die as van geheimsinnigheid gedraai wat later al te duidelik in die RK voortgesit is.

Die RK het die gulde geleentheid gehad om die Evangelie van verlossing in Afrika te verkondig, maar dit nie gedoen nie. Sy het geweier om ʼn ander taal as Latyn te verkondig en kon die boodskap van verlossing nie gehoor word nie – ʼn duidelike strik van Satan om mense van die verlossing in Jesus weg te hou. Toe Islam in die 7de eeu in Afrika begin verkondig is, is dit gretig aanvaar omdat dit in hul eie taal was.

Eie taal is onontbeerlik vir Woordverkondiging. Met die uitstorting van die Heilige Gees kom die verlossingsboodskap in die tempelgangers se taal: “En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” (Hand.2:8). Die RK se volharding met haar geheimsinnige kerktaal het Satan 100% gepas!

Die RK was nie met die eenvoud van die Christendom tevrede nie en het heiden-gebruike van Christelike name voorsien en onbeskaamd gebruik. Dit het ʼn heidense duisternis op die kerk laat toesak wat in die geskiedenis as die Donker Eeue bekend staan omdat daar nie ʼn kerk was om die lig van Jesus in die sonde-duisternis te laat skyn nie.

Die RK het bondgenote gehad om andersdenkendes wat haar teengestaan het, uit te wis. Die bloedigste slagting was teen die Waldense (10deeeu) waartydens etlike duisende andersdenkendes vermoor en talle dorpies deur Roomse lojaliste uitgewis is. Later het die Inkwisisie, ’n Roomse terreurorganisasie, ontstaan wat na beraming 68 miljoen mense gemartel en/of doodgemaak het. Tydens die berugte Bartholomeusnag van 24 Augustus 1572 is 40 000 Protestante net in Parys alleen vermoor. Satan wou die kerk van Jesus dood hê!

In Openb. 11 sien Johannes 'n stryd tussen die ware en valse kerk en ontvang die opdrag om die heiligdom, maar nie die voorhof nie, te meet. Alhoewel die voorhof net soos 'n deel van die heiligdom gelyk het, was dit in werklikheid nie deel daarvan nie: “dit is aan die heidene gegee" (: 2). Dit het slegs die skyn van godsdienstigheid gehad, maar het aan die heidene behoort. Wie kan dit anders as die RK wees?

Christus het egter sy Kerk deur klein groepies Skrifgetroue gelowiges bewaar wat in die 16de eeu tot ʼn kerkhervorming gelei het en Protestantisme genoem is. Dit was ʼn vars bries in ʼn bedompige kamer en ʼn wonderlike terugkeer na die ware kerk van Christus met haar duidelike verlossingsboodskap en geseënde eenvoud. Christus het verhoed dat die waarheid in die stortvloed van Roomse afgodery wegspoel. Daarom herdenk ons hierdie terug-na-die-Bybel-ommekeer jaarliks op 31 Oktober. Dit is die datum waarop die Hervorming in 1517 begin het.

Protestantisme is geen nuwe godsdiens soos wat die RK voorgee nie, maar eerder ʼn geseënde herlewing van die oorspronklike kerk van die apostels. Soos die eerste gelowiges vestig Protestante hul geloof slegs op die Bybel alleen. ʼn Kerk is net suiwer indien sy haar leer slegs op die Bybel grond. “Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (I Kor. 3:11).

Nadat Protestantisme die Bybel as die enigste kenbron herstel het, het mense die RK verlaat en die Bybel in hul eie taal ontvang. Die RK het haar lidmate eeue lank verbied om die Bybel te lees omdat dit hulle kwansuis sou verwar.   Alleenlik priesters het dit, soos in Babilon, gelees en verduidelik – een en dieselfde sisteem!

Met die Konsilie van Valencia (1229) is die Bybel selfs op ʼn lys van verbode boeke geplaas, waar dit vir eeue lank gestaan en vir miljoene mense ʼn geslote boek was en hulle van die verlossingsboodskap ontneem was. Gevolglik was Protestantisme ʼn geseënde omwenteling wat die Bybel vir gewone mense toeganklik gemaak, die kerk van heidense gebruike gesuiwer en pad van redding duidelik uitgespel het.

Die RK se leer oor redding is die grofste leuen van alle tye. Om gered te word, moet jy glo aan die RK behoort. Redding kan slegs deur lidmaatskap aan die kerk en gereelde deelname aan sakramente verkry word.   Die RK is die enigste middelaar tussen Jesus en sondaars. Wie nie aan haar behoort nie, is verlore.

Wat dan van Jesus se kruisoffer? Rome verkondig dat dit slegs nodig was om God, wat kwaad oor sonde was, te paai en Hom te oorreed om nie te hard teen sondaars op te tree nie.   Die kruisoffer het Hom kwansuis tevrede gestel waarna Hy vir sondaars ʼn nuwe pad na die hemel gebaan het – lidmaatskap van die RK.   Met lidmaatskap en die gebruik van sakramente dra die RK sondaars die hemel in.   Daarom leer die RK geen bekering nie. Die kerk doen die nodige. Wat ʼn leuen!

Hoeveel miljoene mens het al deur die eeue a.g.v. in die doderyk beland? Wat ʼn oordeel wag daar nie op die RK nie! Dank God opnuut vir Protestantisme en bid vir die Protestantse kerke wat toenemend aan die RK gedienstig word, dat hulle tot besinning sal kom en hul van hul dwaalweë bekeer!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1009 gaste aanlyn