NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

John Wesley het op sy 80ste verjaarsdag gesê: “Ek is vandag 80. Mag God gee dat ek nie sal bly leef totdat ek nutteloos is nie”.

IS SPOKE ‘N WERKLIKHEID?

Ds A.E. van den Berg

“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef.6:12).

Is daar so ’n iets soos spoke? Dit hang af van wat presies met spoke bedoel word.   As dit geestelike wesens sonder ʼn liggaam is, ja. Indien dit die geeste van afgestorwenes is, nee. Die Bybel sê baie duidelik dat daar so ʼn iets soos geestelike wesens is, goeies en slegtes. Dit wys egter die idee van die geeste van ontslape mense wie se gees op die aarde agterbly onomwonde af.  

Sodra ʼn mens sterf, volg daar ʼn voorlopige oordeel.   Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis: “…Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43).   Die paradys is die wagkamer na die hemel.   Wie hul daarin bevind, ervaar groot vreugde omdat hulle ná die laaste oordeel saam met Jesus na die nuwe hemel en nuwe aarde (Nuwe Jerusalem) vertrek.

In die Gelykenis van die Talente gee die ontevrede heer opdrag: “En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; want daar sal geween wees en gekners van die tande” (Mt.25:30). Die buitenste duisternis (doderyk) is die wagkamer na die hel.   Wie hulle daarin bevind, vrees vir die oordeelsdag en Jesus se finale oordeel. Daar is ná die dood geen omdraaikans nie. Daarom ween en kners die ongelowiges op die tande want hulle weet wat op hulle wag.

In hierdie lig gesien, bly geen mens na sy dood op die aarde agter nie. Beslis nie in die vorm van ’n spook nie!   Wie spoke sien, kan van een ding verseker wees – dis nie die geeste van ontslape mense nie.  

Die Bybel sê dat mense wel met geestelike wesens kan skakel en dat hulle in ons fisiese wêreld kan verskyn; twee soorte – engele en bose geeste.   Engele is wesens wat God van hul skepping af getrou dien, regverdig, goed en sondeloos.  

Engele dien God. Hy gebruik hulle om gelowiges by te staan: “...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë” (Ps.91:11).“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? “ (Heb.1:14).

Bose geeste is gevalle engele; boos en misleidend: Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:14, 15).   Dis binne hul vermoë om as spoke te verskyn en selfs die voorkoms van bekende ontslapenes aan te neem.

Bose geeste staan onder beheer van Satan. Hulle is bewus van sekere mense se begeerte na kennis op die gebied van die na-doodse. Spiritiste maak daarop aanspraak dat hulle sulke geeste kan oproep om verlangde inligting te verkry.   Ongelowiges vertrou sulke Satansagente en besoek hulle gereeld. Dié geeste is niks anders as bose geeste (gevalle engele) nie wat selfs korrekte inligting sal verskaf om mense van die saligmakende geloof in Jesus te weerhou. Moenie vergeet dat Satan oor net ’n beperkte kennis van die toekoms beskik nie.

Daar is ’n ontstellende toename in belangstelling in bonatuurlike dinge. Mense soek antwoorde op verkeerde plekke! In plaas daarvan dat mense hul toevlug na God en sy Woord neem, laat hulle hul deur die wêreld van demone mislei.

Hoe moet gelowiges reageer wanneer hulle van spokery en ander bonatuurlike bedrywighede hoor?   Die eerste ding wat ons moet weet, is dat dit nie die geeste van ontslapenes is wat op aarde agtergebly het nie.    

Baie van die bonatuurlike bedrywighede is kullery. Die mensdom soek gedurig na iets nuut en glo so maklik onsin. Soms maak mense verkeerde waarnemings oor dit wat hulle gesien het terwyl daar ’n logiese verklaring daarvoor is.  

Waar daar werklike bonatuurlike bedrywighede plaasvind, is bose geeste aan die werk.   Gelowiges moenie ontsteld wees nie. “Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien” (Ps.91:8). Bonatuurlike bedrywighede moet gelowiges aan die geestelike stryd in hul lewe herinner. Efes.6 praat van ’n stryd wat nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose, onsigbare magte gevoer word.

Ongelukkig kry hierdie magte al hoe meer belangstelling.   Die donker wêreld van Satan prikkel baie mense se nuuskierigheid. En dis verkeerd. Jesus het juis aarde toe gekom om Satan se werke te vernietig: Hy wat sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn om die werke van die duiwel te verbreek” (1 Joh.3:8).   Hoe durf dit mense se belangstelling enigsins te prikkel?!

Gelowiges moet eerder ʼn weersin in sulke dinge hê. Dit moet ons daaraan herinner dat demoniese werksaamhede tot die dood van ons Verlosser gelei het.   Was die eertydse Joodse kerklui dan nie instrumente in die hande van Satan nie?   Gelowiges het niks met Satan se dinge te doen nie en vermy skakeling daarmee. Die Bybel sê dat Satan jou later sal uitlos: Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).

Satan is ’n indringer wat selfs volkstradisies binnedring. Afrika is vrot daarvan! Bose geeste word as voorvadergeeste aanbid. Die Bybel verbied mense om met die geeste van afgestorwenes te skakel. “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle te verontreinig nie. Ek is die Here.” (Lev.19:31).  

Daar is geen skakeling tussen lewendes en dooies moontlik nie. Luister wat Abraham aan die ontslape ryk man sê: “En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).  

Al lê die wêreld in die mag van Satan, is God steeds Meester daarvan. Die Bybel praat oor God se mag as Skepper: U alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe en die leër van die hemel buig hulle voor U neer” (Neh.9:6).  

Ongelowiges is weerloos teen die aanslae van Satan en sy bose magte. Wie volgens Satan se kode leef, word aan sy reëls gebind en word in die dinge van Satan vasgevang en kan selfs besete raak.

Waarom is mense bang vir spoke/bose geeste? Omdat vrees die teenoorgestelde van liefde is. God is liefde en Satan vrees.   Daarom geniet bose geeste dit as mense bang is, want vrees verlam hul lewe en trek die aandag van God af weg.

Daarom is die saligmakende geloof in Jesus Christus genesend en bevrydend: Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite…” (1 Joh.4:18). Neem opnuut kennis van ons teksvers: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug”, en gee aan Satan geen vastrapplek in jou lewe nie!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 900 gaste aanlyn