NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

’n Goeie omskrywing van ’n ware vriend – iemand wat in jou nood by jou is terwyl hy eintlik op ’n ander plek moes wees.

AAN DIE VOETE VAN JESUS

Ds A.E. van den Berg

“ .... en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf” (Luk.7:38)

By geleentheid loop ʼn man by ʼn klomp verveelde seuntjies verby en vra: “Waarom speel julle nie?” Een antwoord: “Ons wil graag oorlog-oorlog speel, maar ons kan nie” antwoord hy mismoedig. “Waarom nie?” vra die man verbaas. “Omdat elkeen van ons die generaal wil wees”, kom die antwoord.

Dit onderstreep een van die grootste probleme van die tyd – selfverheffing en ʼn grootheidswaan wat die eie-ek-koning in die lewe laat kraai, weg van Jesus af. Daarenteen bring niks jou so na aan Jesus as nederige onderdanigheid nie.   Johannes die Doper sê: Hy moet meer word, maar ek minder” (Joh.3:30).

Ongelukkig ontbreek nederigheid dikwels by mense wat Christus bely. Dan gebeur dit dat God iemand wat nie eens ʼn kerkganger is nie, gebruik om hulle te beskaam.   So het die Barmhartige Samaritaan kerkmense kom wys hoe naasteliefde in die praktyk lyk.

So gebeur dat ʼn straatvrou by geleentheid kerkmense ʼn les in nederigheid kom leer het. Jesus was aan die huis by ʼn gesiene Fariseër en terwyl hulle eet, het ʼn straatvrou ingebars en aan Jesus se voete neergeval. Miskien het hulle haar herken – sy was die handelsware van die plaaslike bordeel.

Om haar aan die voete van Jesus te sien, moes vir die gasheer ʼn verleentheid gewees het. Dan staan daar geskryf: .. en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf”. God het in haar lewe ingegryp en sy het die werke van die duisternis afgelê en ʼn nuwe lewe in Jesus aangegryp.  

God doen wonderlike dinge vir sy kinders. Hy dra ons bv. soos ʼn vader sy kind sou dra as die lewenspad moeilik raak: “... en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die Here jou God jou gedra het soos 'n man sy seun dra” (Deut.1:31). Jes.49:2 sê dat Hy ons nie net dra nie, maar ook beskerm. Wat doen ons vir Hom? En waar wil Hy ons hê?   Aan die voete van Jesus en met goeie redes hiervoor!

Ons is immers aan Jesus die hoogste eerbied en verheerliking verskuldig. Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” (Ps.150:6).   Let op die straatvrou in die huis van die Fariseër. Hoe het haar optrede nie van eerbied en verheerliking van Jesus gespreek nie.  Sy het geweet dat haar sonde groot is en net Jesus haar daarvan kan verlos. In die huis van die Fariseër buig sy as ʼn onderdaan voor die Koning van alle konings. Ja, elke knie sal voor Hom buig of dit Fariseër of straatvrou is!

Om aan die voete van Jesus te wees, het haar nie net ʼn gevoel van geborgenheid gegee nie, maar ook oor sekerheid van haar verlossing.   Die ou dinge in haar lewe was verby en alles het nuut geword!   Aan die voete van Jesus was vir haar ook ʼn boetedoening en het sy in sondeberou geween. Hoe laer ʼn sondaar voor Jesus buig, hoe sekerder is hy van sondevergifnis.   Sulke mense word bruikbaar vir God want Hy maak hulle vissers van mense.

Aan die voete van Jesus verander sondaars van ʼn kind van die satan na ʼn kind van God. Luk.8 vertel van ʼn man aan die voete van Jesus; die besetene van Gadara. Hy wou aanvanklik niks met Jesus te doen hê nie. Nadat Jesus die bose geeste uit hom gedryf het, lees ons: “...en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit ....” (:35).

Aan die voete van Jesus vind gelowiges wat smeek, dikwels verhoring van hul gebede. Wanneer pleit ʼn mens op sy ernstigste? Op sy knieë.   As jou hart aan flarde is, vind jy slegs aan die voete van Jesus die nodige genesing.

In Luk.8 lees ons van ʼn sekere Jairus, die hoof van ʼn sinagoge. Sy 12 jarige dogtertjie het op sterwe gelêwaarna hy hom na Jesus gehaas het: “.... en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom”(:41). Sy gebed is verhoor en sy dogtertjie is genees.

Daar was vir Jesus se leerlinge geen beter plek as om aan sy voete te sit nie. In hierdie posisie het hulle, vol bewondering en afwagting elke woord van Jesus ingedrink.   Dink hier aan die Bergpredikasie.   Nadat Jesus gaan sit het, het die skare in afwagting van sy leer aan sy voete gaan sit. En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:28,29).

Aan die voete van Jesus is die beste plek om ons dankbaarheid teenoor Hom te betoon. In Luk.17 lees ons van 10 melaatses wat deur Jesus genees is en net een het omgedraai om Hom te dank. “Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?” (:17).

Ondankbaarheid is ook die probleem van ons tyd. Min mense is dankbaar vir dit wat hulle uit Jesus se hand ontvang. Mense tel nie hul seëninge nie maar kla eerder met ʼn fyn witbrood onder die arm.   Hoe moet God daaroor voel?   Net soos ʼn vader wat goed na sy kinders omsien, maar hulle kla gedurig!

Miskien het dit tyd geword dat ons weer laag aan die voete van Jesus buig en Hom vir al sy weldade dank! “... Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (Ps.103:1,2).

Aan die voete van Jesus keer Hy mense se lewens soos dié van die straatvrou ingrypend om. Wat was haar naam? Joh.11:2 sê sy was Maria wat by haar broer Lasarus en suster Martha in Betanië gewoon het. “En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was” . Jesus was lief vir hulle en het dikwels by hulle tuis gegaan, ja so lief dat Hy by Lasarus se dood geween en hom opgewek het.

Maria se bekering het haar lewe ingrypend omgekeer. Sy was bv. een van die eerste vroue wat die oggend van die opstanding by Jesus se graf was om sy liggaam te balsem soos die gebruik was. Ja, Maria het weer eens olie vir Jesus gehad al was Hy dood soos wat hulle aanvanklik gedink het.

Geen mens kan neutraal teenoor Jesus staan nie. Elkeen sal standpunt inneem; òf vir òf teen Jesus. In sekere gevalle sal dit selfs van sterk getuienis vir Jesus afhang. Tydens Paulus se verhoor voor die Joodse Raad lees ons: En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om 'n Christen te word” (Hand.26:28).

Wie voor Jesus buig, word ʼn nuwe mens al was hy die grootste sondaar. Maria is ʼn wonderlike voorbeeld hiervan – ʼn lewe wat deur die Heilige Gees van ʼn straatvrou na geloofsvrou omgekeer is. In ʼn wêreld van liefdeloosheid, magsug, dronkenskap, eergevoeligheid en ʼn gebrek aan nederigheid, selfs in kerklike kringe, is daar vir die kind van God geen beter plek as aan die voete van Jesus nie.   Aan sy voete skitter God se grootheid soos op geen ander plek nie!

Niks plaas die gelowige so buite die satan se mag as aan die voete van Jesus nie. Waar sit jy vanoggend? Aan die voete van Jesus of in die kring van die spotters waarvan Ps.1 praat?   Dis of die een of die ander.  Net jy weet!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 817 gaste aanlyn