Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is niks so teleurstellend soos iemand wat in ʼn verantwoordelike gesagsposisie verkeer en die gesag nie tot eer van God beoefen nie, maar kompromie met booshede aangaan.
OM TE VERSOEN OF NIE? (2)
Ds A.E. van den Berg
Gelofterede 2022
Inleiding
Die meeste SA kalenders dui 16 Desember as Versoeningsdag aan; ʼn openbare vakansiedag wat soos die dag van die nag van die werklike Geloftedagverskil. Ongelukkig glo baie mense dat “Versoeningsdag”Geloftedag vervang het. Nee, dit het nie. Versoeningsdag is iets vreemd, onverteerbaar en steek soos ʼn visgraat in behoudende volksgenote se kele vas. En so sal dit bly totdat Geloftedag in ere herstel is en weer eens op al ons land se kalenders pryk.
Die ANC sou met hul ideologiese haat vir ons volk en taal Geloftedag graag in geheel wou skrap, maar het dit uit vrees vir teenstand nie gedoen nie omdat hulle goed onthou wat by Bloedrivier met getalle gebeur het! Gevolglik is net die datum behou maar die naam en inhoud van ʼn vertikale versoening met God na ʼn kunsmatige horisontale versoening met heidene afgetakel.
Hierdie kunsmatige versoening was ʼn klug soos baie duidelik uit die optrede van die omstrede Waarheid- en Versoeningskommissie geblyk het. Hul versoening was kunsmatig en eenrigtingverkeer; van blank na nie-blank en nie anders om nie. Dit was niks anders nie as ʼn heksejagkommissie wat as ʼn politieke knuppel gebruik is om ons Boerevolk met belastingbetalersgeld, wye mediadekking en kartonne vol sneesdoekies by te kom!
1. Geskiedenis
Min van ons volksgenote, veral die jeug, weet wat die oorsprong, aard en verpligtinge van Geloftedag is. Daarvoor het die ANC in staatskole gesorg deur ons eens trotse volksgeskiedenis met leuenagtige leerinhoude te verdring. Dis as skoolvak so met volkvyandige propaganda besmet, dat dit walg!
Alhoewel die slag van Bloedrivier in 1838 plaasgevind het, is Geloftedag eers 27 jaar later in 1865 vir die eerste keer in die ou Transvaalse Republiek gevier. Dis destyds deur die NG Kerk van stapel gestuur nadat sy formeel besluit het om dit as ʼn dankdag te herdenk en eredienste ter herinnering daaraan te hou.
Tragies genoeg was dieselfde NG Kerk jare later een van die hoof-kokke in die kombuis van magsprysgawe aan die ANC en gevolglik aan die afskaffing van Geloftedag en die instelling van Versoeningsdag aandadig. Dit het baie lidmate skynbaar nie gepla nie en geredeneer dat niemand ʼn bindende gewetensbesluit soos by Bloedrivier namens hulle kon neem nie.
2. Bindend of nie?
Is ʼn eertydse gelofte aan God enigsins bindend op ʼn nageslag? Luister wat sê die Bybel: “As jy aan die HERE jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word” (Deut.23:21).
Volkvyandige instansies kon slegs met ʼn naamsverandering slaag, maar nie aan die karakter of betekenis van Geloftedag verander nie. Ons weet nie wat die toekoms vir ons volk inhou nie. Miskien lê daar swaar tye voor wat ons nie sonder God se hulp gaan oorleef nie. As ons nie eens die Bloedrivier-gelofte kan hou nie, hoe kan ons van God verwag om ons weer in ons nood te help?
Die skrapping van Geloftedag is deur mense gedoen wat in die oë van die wêreld gewild wou wees. Verraderlike kerke was in die voorste linie. Kerklui het as’t ware met mekaar meegeding om God se volkere-skeidingsbeginsel as ʼn sonde te veroordeel. Die gevolg was dat ons Christelike beginsels en Westerse beskawingsnorme op die agtervoet beland en die heidendom bevorder is.
Nadat talle hooggeplaaste akademici na April 1994 voor die volksvyand gebuig het, het hulle in die proses hul agterstewe vir hul eie volk gewys. Baie was met die hersenskim van nierassigheid behep wat ʼn Babelse verwarring in kerke en ʼn ontwrigting in volkskringe veroorsaak het. Tragies genoeg het sommige van hierdie volksverraaiers in konserwatiewe huise grootgeword. Swart kuikens broei soms uit wit eiers uit!
Ontspoorde leraars se peutery met Bybelse waarhede en kanselmanipulasie het die dood in die kerk se murg laat beland en net ʼn leë dop laat oorbly. ʼn Kerk wat nie die waarheid verkondig nie, het geen bestaansreg nie. Sy predikers het niks om vir mense te sê nie!
Wie Skrifbeginsels oorboord gooi om booswigte ter wille te wees, is volksaboteurs. Hoe meer daar toegegee is, hoe meer druk is op dié kerke geplaas om verdere toegewings te maak. Ontsporing begin met een toegewing. Daarna word dit twee en so hou dit aan totdat daar niks anders oorbly as die begeerte om soos tjankende honde die hande van hul kastyders te lek nie!
Verraad is die ergste wandaad wat ʼn volk aangedoen kan word. Dis jare gelede selfs met die dood gestraf. Nadat die groot muur in China na baie eeue se harde werk voltooi is, het die owerheid dit as ondeurdringbaar beskou. Hulle was verkeerd. Vyande het drie maal daarin geslaag om dit binne te dring deur die poortwagte om te koop. Dieselfde ding het, ideologiesgesproke, ook in Suid-Afrika gebeur.
God het egter soos in oud-Israel sy hand oor die Boerevolk gehou en ʼn kern van gelowiges beskik om die Boerevolk te bemoedig. 1 Kon.19 vertel van Elia wat by geleentheid gevoel het dat hy alleen in die stryd teen die volksverval van sy tyd gestaan het. God het Hom bemoedig: “Maar Ek sal seweduisend in Israel laatoorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel ... het nie “ (:18). Skep moed my volksgenote; God laat vaar nooit die werke van sy hande nie!
3. Die geskiedkundige aanloop
Die Slag van Bloedrivier het ʼn geskiedkundige aanloop gehad. Ná die Engelse bewindsoorname van die Kaap in 1814 het Sir John Cradock 'n proklamasie uitgevaardig wat bepaal het dat slegs persone wat die Engelse taal magtig was, vir staatsdiensbetrekkings in aanmerking sou kom en het die Boerevolk uitgesluit.
In 1828 het die Britse owerheid met die uitvaardiging van Ordinansie 50 loslopende swartes vryheid van beweging gebied wat tot ʼn toename in misdaad gelei het. Om verder sout in die wonde te vryf, is slawe in 1833 vrygestel. Boere sou slegs die helfte van hul geldwaarde ontvang en moes dit in Engeland gaan haal. So het die Britte met die geld bly sit. Dit het Louis Trichard en Jan van Rensburg nog dieselfde jaar onder die Engelse juk laat wegtrek.
Die Groot Trek het drie jaar later gevolg. Hierdie geskiedkundige trek was nie uit avontuurlus gebore nie maar noodsaaklik om van die onreg wat onder ʼn volkvyandige regering verduur is, weg te kom. Piet Retief sluit sy manifes met redes vir die trek af:
“Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het, en voortdurend blootgestaan is aan ergernis, om ons te gaan vestig in 'n woeste en gevaarlike gebied; maar ons gaan met 'n vaste vertroue op 'n alsiende, regverdige en genadige God, die ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam”.
Talle trekgeselskappe is deur barbare aangeval en wreed vermoor en ʼn groot inpak op die Voortrekkers se baanbrekersgees gemaak. Hulle sou by mekaar moes staan. Op 24 Augustus 1836 is vyf lede van Stephanus Erasmus se jaggeselskap wreed vermoor. Hyself het ter nouernood aan die dood ontkom en die nabygeleë Liebenberg-trek gaan waarsku om weg te trek. Hulle het nie na hom geluister nie en is almal kort daarna uitgemoor.
Hierna het talle soortgelyke moorde plaasgevind soos dié op Piet Retief en sy gesantskap in Februarie 1838. Woorde ontbreek om die wreedheid daarvan te beskryf. Dit het die Voortrekkers hul volstrekte afhanklikheid van God laat besef en ter selfde tyd hul strewe na vryheid versterk.
Die moord op Retief is van wesenlike belang. Nadat Retief en sy gesantskap die beeste wat ene Sekonyela van Dingaan geroof aan hom terugbesorg het, het Dingaan met hulle ooreengekom om ʼn kontrak te sluit waarvolgens hy ʼn sekere stuk grond aan hulle sou afstaan.
Retief het Dingaan vertrou maar nie Maritz nie. Hulle het twee verskillende benaderings gehad. Retiefhet Dingaan vertrou en met sy onderhandelingsbenadering voortgegaan. Maritz het Dingaan nie vertrou nie. Toe Retief op die gegewe tyd nie by die laer opdaag nie, het Maritz onraad vermoed en die omliggende trekgeselskappe gewaarsku om laer te trek. Die res is geskiedenis.
God het die oorwinning by Bloedrivier beskik; ʼn gebeure met ʼn politieke oorsprong maar wat ook in die godsdiens van ons volk geanker is. Geloftedag staan sentraal in ons volksgeskiedenis. Dit herinner ook aan die inwoners van Oberammergau wat eeue gelede God gebid het om hul van ʼn dreigende plaag te bewaar. Hy het hul gebede verhoor waarna hulle sy verlossing met gereelde Passiespele herdenk.
4. Demokrasie misluk
Daar word allerweë gesê dat die geskiedenis homself herhaal. Dit lyk nogal so, want wat destyds met ons volkgebeur het, het hom na baie jare herhaal. Ons het weereens die prooi van politieke veronregting in ons eie land geword; dié keer nie deur ʼn koloniale moondheid nie maar deur ʼn swart diktatuur wat in die naam van demokrasie aan bewind geplaas is. Let wel - geplaas is!
Vandag regeer hulle vir geen ander rede as dat hulle ʼn getallemeerderheid is nie. Desondanks word dit as ʼn oorwinning vir demokrasie opgehemel. Ironies genoeg is Afrika demokrasieë hoofsaaklik klug-demokrasieë. Swartes is nie demokraties nie maar sosialisties. Hulle eeu oue stamgebruike getuig al te duidelik hiervan. ʼn Sosialistiese regering in ʼn demokratiese mondering is soos ʼn pedofiel in ʼn Kersvadergewaad!
Swart politici het meesterlik daarin geslaag om hul bose strewes agter die masker van demokrasie te verberg en die buiteland te laat glo dat hul stryd teen apartheid ʼn stryd om die vestiging van demokrasie was. Nee, apartheid is beveg omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie!
Daar word na al die jare nog gereeld teen apartheid vuur gespoeg terwyl dit op ʼn goddelike skeppingsdaad gegrond is. Alle volke is as sondaars voor God gelyk. Dit beteken egter nie dat hierdie gelykheid na alle fasette van die lewe deurgetrek moet word nie.
Afrika-mense word selde deur hul verstand gelei, maar eerder deur gevoelens. Daarom word daar baie gou van die reëls van ʼn ordelike gemeenskapslewe ontslae geraak en sal demokrasie nooit in Afrika tereg kom nie. Daarvoor is die Afrika-mens se magslus, dwang en intimidasie net te sterk en loop hul mense gereeld onder politieke stoomrollery deur.
Demokrasie is nie die towerformule wat ʼn ideale regeringsvorm kenmerk nie. Dis eerder een van die swakste politieke regeringstelsels want dit dra die saad van sy eie vernietiging met hom saam. Demokrasie het bv. oud Griekeland en die magtige Romeinse ryk se val verhaas.
Desondanks word demokrasie in Suid-Afrika as geregtigheid vir almal geprys. Dis ʼn lelike misgissing wat diep spore van ontnugtering laat en mense onder die tirannie van ʼn onkundige meerderheid laat steier. Dis egter vir swart politici gerieflik dat massas nie vir hulself dink nie. Hulle doen hulself as beskermers van veronregtes voor maar laat ʼn toestand van verwarring en wilde gedrag ontstaan wat nie met wette en reëls beheer kan word nie. Die stygende misdaadstatistiek is ʼn onweerlegbare bewys hiervan. En om te dink dat ons eie mense hierdie toedrag van sake oor hulself gebring het!
Ons is nie in ʼn oorlog verslaan nie. Die gans wat die goue eier lê, het homself aangebied om deur jakkalse op ʼn jurie verhoorte word. Dit was nasionale selfmoord wat mense se lugkastele baie gou in puinhope en hul dagdrome in nagmerries laat verander het.
In plaas daarvan om te besin en ʼn ommekeer te maak, het die volksverraaiers al hoe verder in hul ideologiese dryfsand versink. Maar hoor hoe kla hulle! Wie die bal laat val en dit spring verkeerd, moenie ʼn keel opsit nie!
Die samelewing wat ons Here Jesus destyds gekruisig het, herinner my baie aan ons eie samelewing - ʼn korrupte kerk, politici sonder inbors en ʼn gepeupel wat maklik opgesweep word.
5. Misdaad
Toe chaos in ʼn bont vlag toegedraai in Suid-Afrika afgelaai is, het dit een van die gevaarlikste lande ter wêreld geword. Waar apartheid misdaad in die verlede hokgeslaan het, is hierdie hek oopgemaak en het mense slagoffers van booswigte met barbaarse neigings geword - gemiddeld 71 moorde per dag!
Daar is destyds gesê dat die jammerlike toedrag van sake die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was en spoedig sou verdwyn. Dit was nie groeipyne nie maar die verfoeilike optrede van mense met barbaarse neigings.
Misdaad en geweld trek sedertdiensoos ʼn doodsengel deur ons land. Meer as 40 nuwe misdade wat voorheen onbekend was, is sedertdien aangeteken.Geweld is dan deel van die ANC se politieke mondering. Hoe kon mense dit nie verwag het nie?!
6. Korrupsie
ʼn Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, word nie deur booswigte in stand gehou nie. Korrupsie het al standaardpraktyk geword. Geen pen kan die omvang hiervan beskryf nie. Die demokraties verkose leiers het geen kuns goueraangeleer as om die staatskas te plunder nie. ANC kaders beklee poste waarvoor hulle nie opgewasse is nie, ontvang buitensporige salarisse en selfs reuse prestasiebonusse vir hul onbevoegdheid.
Om alles te vererger, beskerm hul mekaar deur ondersoeke na wandade te kelder. Wie veldmuise in ʼn bos vang en in beheer van ʼn kaasfabriek plaas, soek mos moeilikheid. Dis soos om van ʼn bok tuinier te maak of om honde met wors vas te maak!
7. Gewettigde onreg
Suid-Afrika steier onder onregswette soos regstellende aksie wat volksgenote in die modderpoel van onregskepping versmoor. Dit het duisende kundiges al die land laat verlaat. Regstellende aksie is in werklikheid ʼn teregstellende aksie. Dit herstel nie onreg nie maar bevorder dit eerder. Daarbenewens kruisig dit die Bybelse maatstaf van verdienste. Wette wat in stryd met die Bybel is, kan nooit goed wees nie!.
Regstellende aksie is gewettigde roof en ʼnoortreding van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie”. Desondanks word blanke kundigheid onophoudelik voor die vuurpeloton van dwaasheid tereggestel. Jy genees nie jouself deur ander te verwond nie, maar hou net jou eie wonde aan die bloei!
8. Verval
Toe die boek van apartheid toegemaak is, is die boek van verval oopgemaak, Strategiese instellings soos hospitale, lugdiens, spoorweë, poskantoor en ander belangrike dienste het ineen begin stort. Dis so eie aan Afrika. Elke paradys wat in hierdie vasteland van eienaar verwissel het, het ʼn eietydse hel geword!
Die ANC se onbevoegdheid as verantwoordelike regering het tot mislukte planne en teleurgestelde verwagtingsgelei en ons land groter skade as Covid 19 aangerig. Waarom sê ek so? Omdat Covid 19 gekom en met lewensverlies gegaan het. Die ANC het egter gekom maar nie gegaan nie. Te oordeel aan die jongste misdaadstatistieke het dit meer lewens as die pandemie vernietig!
Een stuk geskiedenis wat die ANC nooit sal kan verander nie, is hul volslae mislukking om sinvol te regeer. Elke staatsinstelling waaraan hulle die hand geslaan het, is tot skroot afgetakel. So ook meganismes om te kan produseer. Dit het hulle nie lank geneem om die broodmandjie van die land eiehandig tot ’n bankrotplaas om te skoffel nie.
Desondanks hou die ANC aan om die verlede in ʼn vyandige rassepatroon te vertolk, apartheid die skuld vir hul eiemislukkings te gee en gereeld rassespoke opte jaag.Dit gebeur met mense wie se emosies sterker as hul verstand is en derhalwe nooit die duiwels van hul eie optredes raaksien nie. Hulle verdrink telkens in die vloedwater van hul eie onsinnige uitsprake. Jan van Riebeeck het al ʼn paar keer onder hulle giftige tonge deurgeloop.
Politieke onsinnighede los nie probleme op nie maar herrangskik dit eerder! Neem die Black Lives Matter as voorbeeld. Dis niks anders as ʼn minderwaardige etniese sensitiwiteit nie wat rassehaat die hoogte in laat skiet!
Desondanks gee die ANC voor dat versoening hoog op hul agenda is. Dis ʼn leuen. Versoening was nog nooit deel van hul agendas nie. Swartes beskou versoening as ʼn swakheid wat uitgebuit moet word. Daarom is en bly die ANC regering ʼn wrede waarskuwing van wat met ʼn volk gebeur wat sy staatkundige mag aan ʼn magshonger gepeupel prysgee!
Rasseverhoudings was nog nooit so sleg soos nou nie. Die rede hiervoor is al sedert Van Riebeeck se tyd duidelik – diefstal. Al verskil is dat dit vandag gewettig en van sagte benamings soos regstellende optrede, swart bemagtiging en die herverdeling van rykdom en onteiening sonder vergoeding voorsien is. Dit is en bly roof, net met ander beligting.
Geen ras kan ʼn ander ras aanhou beroof maar nogtans versoening verwag nie. Versoening begin by die eerbied vir ander se erfenis. Die verwydering van geskiedkundige standbeelde en die verandering van dorp- en straatname is nog ‘n vorm van roof – kultuurroof.
Daar is geen rede om te glo dat rasseverhoudings ooit sal verbeter nie. Dit sal eerder versleg. Daarvoor is roofsug net te diep gewortel. Gevolglik sal versoening altyd ʼn hersenskim bly. Water word nooit skoon alvorens die varke uit die leivoor gejaag is nie.
Versoening wat nie op reg en geregtigheid geskoei is nie, is tyd mors. Die reënboognasieproefnemingis ʼn duidelike bewys hiervan. Dit was ʼn noodlottige verbeeldingsvlug van ʼn kerkleier in sy kenmerkende pers poppespelgewaad. Onnatuurlike dinge het altyd ʼn reuk van hul eie!
Kunsmatige rasvermengde vennootskappe vernietig volksgevoelens. Daarom moet ons nie huiwer om anders te dink of op te tree nie. Dit wat ons anders maak, is dit wat ons enig maak. Wees nederig genoeg om te weet dat jou ras nie noodwendig beter as ʼn ander ras is nie. Maar wees ook slim genoeg om te weet dat alle rasse nie eenders is nie.
Ons fel geen morele oordeel om vir ʼn ander ras sê dat ons anders as hulle is nie, want ons is. Soos wat ʼn bulhond nie afgerig kan word om soos ʼn windhond te hardloop nie, sal rasse met botsende lewenswaardes hoogstens naas mekaar maar nooit saam kan bestaan nie. Soort soek soort; die wysheid van apartheid!
8. Eer jou volksgeskiedenis
Dit wat met ons land gebeur het, is die vrug van ʼn volk wat moeg geword het om vir eerbare dinge te stry en toe met volksvyande instellings begin heul het. Geen vlag is groot genoeg om die verwoesting wat hierdie verraad ons volk aangedoen het mee te bedek nie!
Die aandadiges probeer om hulle met die tragiese gevolge van hul dwaasheid te versoen en maak hulle soos vlermuise in ʼn onderstebo wêreld tuis.Sommige het selfs eerbied vir hul laksmanne. Nee, kragtie! Net ʼn dom bees geniet die rit na die slagpale of sien na ʼn ontmoeting met sy slagter uit!
Solank as wat die onreg in ons land voortduur, sal alle pogings tot versoening misluk. Moet dus nie aan ʼn deur klop wat nooit oopgemaak sal word nie. ʼn Mens staan mos nie op ʼn lughawe om vir ʼn skip te wag nie!
Maak eerder jou nageslag van hul trotse volksgeskiedenis bewus. Geskiedenis is die bewaarder van die groot dinge van die verlede soos bv. die slag van Bloedrivier. Geskiedenis is ʼn voorbeeld en leermeester vir die hede maar ook ʼn tydige waarskuwing vir die toekoms. Wees eerder ʼn lewende donkie as ʼn dooie stoetbul!
9. Dink anders
Ons sal baie anders moet begin dink. As die wêreld om ons uitmekaar val, moet ons nie saam uit mekaarval nie. Daar kom tye dat dit voel asof jy magteloos teen die onregpleging staan. Moet egter nie jou ontnugtering met jou lot verwar nie. Laat die sirene van jou geloof in Jesus Christus en jou gebede vir jou volk altyd harder as jou omstandighede loei. Dis altyd beter om ʼn lig aan te skakel as om die donker te verwens.
Die oud-Italiaanse veggeneraal Garibaldi het gesê: “Ek kan jou nie vergoed of kos gee nie. Al wat ek jou kan bied, is honger, dors, stryd en die dood. Volg my net as jy jou volk met jou hart en nie met jou eie lewe liefhet nie!”
Laat mense nooit wonder waar jy met God en jou volk staan nie. Laat jou gees net te edel wees om booswigte te bevoordeel en jou volksliefde te groot om hulle te verraai. Hou aan die beproefde waardes van die verlede vas en bid God vir ’n nuwe bedeling aan die suidpunt van Afrika waar misdaad nie lonend sal wees nie, maar eerbaarheid wel. Ons kan slegs oorleef as die vuur binne ons sterker as die vuur van die vyand rondom ons brand.
Slot
Ons volk is nie deur ʼn militêre mag verslaan nie, maar deur die enorme masjien van politieke en kerklike verraad verpletter. Desondanks glo ek met my hele hart dat sake binnekort gaan verander. Die doodsgeroggel van ʼn sterwende ANC regering word by die dag al hoe harder.
Talle van die volksverraaiers is alreeds besig om hul met versigtige voetwerk van die oorblyfsels van ʼn Christelike beskawing aan die suidpunt van Afrika te verskoon. Waarom? Omdat die lont wat hulle aangesteek het, kort duskant die kruitvat brand. Ek het nuus vir hulle; wie die mynveld help opstel het, gaan die verfoeilike gevolge daarvan nie vryspring nie. Die haan van berou gaan hul nog wakker kraai!
Neem die woorde van Nehemia vir sy verslae volk ter harte: ”….. Julle moenie bang wees vir hulle nie.; dink aan die grote en gedugte Here en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise” (Neh.4:14).
Ek sluit met die vraag waarmee ek begin het af: Moet ons versoen of nie? Die antwoord is baie duidelik: Nee! Duisend maal nee! Waarom nie? Omdat daar niks is om mee te versoen nie. Ons kan ons nooit met geweld, moord, onreg, korrupsie of minderwaardige etniese sensitiwiteit versoen nie.
Laat sak eerder jou anker van hoop in die geloofsdieptes van die almagtige God, Hy het Hom in die verlede by Bloedrivier laat ken en gaan Hom weer op opspraakwekkende wyse aan ons Boerevolk vertoon soos wat Siener van Rensburg in een van sy gesigte gesien het.
Ek sluit my gelofte-rede met die woorde van Ges.298:1 af:
“Soek in God jou sterkte, kry by Hom jou krag, met sy wapenrusting klee Hy ons met mag. Nie teen medemense is ons worstelstryd, maar ons veg teen Satan en sy sluwe listigheid. Hy stuur bose magte in die wêreld in, maar met God se wapens kan ons hul oorwin”.
Ek dank u!