Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie met die duiwel redeneer nie; hy doen dit beter as jy want hy het al duisende jare se oefening gehad. Jy kan Satan nie met logika of jou mening bluf nie maar jy kan die wapen inspan wat hom laat bewe – God se waarheid. Dis waarom dit noodsaaklik is om die Skrif uit jou kop te ken as jy die versoeking wil verslaan.
GELOFTEDIENS 2022-12-16
Ds A.E. van den Berg
“Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .......“(Joh.21:7).
Al leef gelowiges as kinders van die lig, word dit soms so donker in hul lewe dat dit voel asof hulle nooit weer die lig sal sien nie. Dan gebeur iets wat die krisis omkeer, die lig weer laat skyn en hulle laat besef dat God ingegryp het.
In die tyd van die Rigters het Israel van God afvallig geraak en Hy het hulle gestraf. “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).
Na sewe jaar het, het God vir Gideon geroep om Israel te verlos. Hy kon slegs 32,000 teenoor die Mideaniete se 135,000 man monster. Die verhaal eindig met Gideon wat met slegs 300 man die oorwinning behaal het. Vir elke Israeliet was daar 450 vyande en Israel het geweet dat dit die hand van God was!
Uit ʼn militêre oogpunt was die situasie hopeloos, maar nie met God se ingryping nie. Wat by die mens onmoontlik blyk te wees, is vir God moontlik. Die mens wik maar God beskik want Hy het die hele wêreld in sy hande.
Jare later in die tyd van Hiskia is Jerusalem deur die Assiriërs, destydse wêreldheersers, beleer. Vir drie jaar lank het 185,000 vegters die stad beleer. Niemand kon in of uitgaan nie. Geen volk was teen hulle opgewasse nie.
Gevolglik het die voedsel- en watervoorrade min en die oorlewingskrisis daagliks bedenkliker geword. Dan bid Hiskia tot God om redding: “O, Here, neig u oor en luister. Open u oë Here, en kyk....” Net Hy kon help.
Vroeg die volgende oggend merk die inwoners iets vreemd op. Hulle was so gewoond aan die Assiriërs se vroeë oggend krygsrumoer maar nou was daar geen geluid nie. Het die vyand pad gegee? En so stuur hulle verspieders om te gaan kyk. Al 185,000 krygers was nog steeds daar, maar almal dood! Wat het gebeur? “En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan...” (2 Kon.19:35).
Die gebeure in Joh.21 speel ʼn paar dae na die opstanding plaas. Jesus het op daardie stadium toe al aan talle van die dissipels verskyn. Die verskyning aan Thomas was van die aangrypendste. Daarna het Jesus by die See van Galilea, ongeveer 160 km, noord van Jerusalem opgedaag, waarskynlik deur die Gees daarheen verplaas soos wat ʼn paar jaar later met Filippus gebeur het toe hy na die doop van die Ethiopiese hofdienaar deur die Gees na Asdod weggevoer is.
Jesus het die dissipels by hul werkplek aangetref. Hulle was beroepsvissers en die See van Galilea hul oesland. Sewe name word genoem, waarskynlik die aantal bemanningslede wat nodig was om ʼn boot en nette te hanteer.
Die See van Galilea neem ʼn besondere plek in die Evangelies in omdat dit ook die plek was waar Jesus sy werwingswerk gedoen het. “En terwyl Jesus langs die see van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg” (Mt.4:18-20).
Die gebeure in Joh.21 sou Jesus se laaste keer aan die oewer van die See van Galilea wees. Sy dissipels was die hele nag vol hoop en verwagting vir ʼn goeie vangs op die water, maar helaas ʼn teleurstelling – geen vis nie.
Teen dagbreek was hulle al teenaan die kant - ongeveer 100 meter. Dis toe dat hulle Iemand op die oewer sien staan. Hy was honger en het kos gesoek. Toe hulle vir hom sê dat hulle niks gevang het nie, het Hy hulle gesê om die net aan die regterkant uit te gooi. So gesê so gedaan en die verrassing – 153 knewels!
Die verslae dissipels het besef dat ʼn wonderwerk voor hulle oë afspeel en Johannes wat uiter: “Dit is die Here”. Dit wat gebeur het, was buite menslike vermoë en net vir die Here moontlik! Hulle het uiteraard Jesus se wonderwerke geken, veral aan die oewer soos die twee keer spysiging van duisende mense.
Daar gebeur soms skynbaar onmoontlike dinge in die lewe wat ʼn mens laat besef dat dit net van die Here af kan kom. Wie sou een sent op die Voorrekkers by Bloedrivier vir ʼn oorwinning wou verwed? Die oormag was te groot – 407 Voortrekkers teenoor 12,000 barbare - 30 teen 1. En tog het dit gebeur. Hoe is dit moontlik? God wat op ʼn gelofte aan Hom geantwoord het!
“Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is....” (Ps.33:12).God beskerm diegene by wie hy Hom skaar. Wat in 1838 gebeur het, was nie God wat Hom by blankes geskaar het nie maar by gelowiges teen ongelowiges.
Jesus sê vir die lam man by die bad van Bethesda om op te staan want sy geloof het hom gered. Ja, geloof red! Met die Bloedrivier-oorwinning sê God: “Gaan voort met jul strewe na vryheid. Julle geloof het julle gered”.
Die Here het die Voortrekkers dieselfde les geleer as wat Gideon en Hiskia geleer het – moenie vir getalle terugdeins nie; vertrou eerder op God. Ná die Slag van Bloedrivier kon die Voorrekkers ook soos Johannes by die See van Galilea sê: Dis die Here! Dit kon nie mensehande gewees het nie, maar ʼn kragtige, reddende ingryping van Bo.
Waar staan ons Boerevolk tans? Voor ʼn nuwe Bloedrivier soos God vir Siener van Rensburg laat sien het; hierdie keer teen ʼn nog groter vyandelike oormag. Vir die Voortrekkers was dit maklik om die vyand te eien – aan hul verkleur. Vandag is dit nie so eenvoudig nie want baie volksgenote bevind hulle in die linie van die volksvyand, mense wat van Geloftedag Versoeningsdag maak.
Die Bybel is duidelik – jy skort nie beloftes aan God op nie. Jy versoen jou ook nie met die magte van die duisternis nie. Goddank dat iemand destyds nie vir Sarel Cilliers van die kanonwa gestamp en geëis het dat daar eerder met die barbare versoen moet word nie! Dis nie hoe daar met die vyande van God omgegaan word nie. Die Bybel sê vernietig hulle! Cilliers het reg opgetree!
Ons staan aan die vooraand van ʼn tweede Bloedrivier. ʼn Keuse sal gemak moet word; veg of versoen met die vyand. Daar is geen plek vir draadsitters nie. Jy is vír of téén die vyand.
Die God van Gideon, Hiskia en al die ander geloofshelde wat hul God en volk liefgehad het, is dieselfde God as vandag. En wanneer Hy aan die suidpunt van Afrika die redding bring, gaan mense verstom sê: Dis die Here!
Hou op om jou oor die toekoms te kwel. Vergeet die ANC, PAC, SAKP, Blanke volksverraaiers of watter ander knievallige instansie ook al. Vergeet dit in die Naam van die Here! Ons God is gister, vandag en more dieselfde as die Een aan die See van Galilea. Moet dit nooit vergeet nie!