NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lyk jou geloof in Christus? Is dit net 'n kennis-sisteem? Of leef jy so dat ander kan sien – en veral Christus kan sien- dat jy werklik deel aan sy Vlees en sy Bloed het?

EERBIEDIG GOD SE NAAM

Ds. A.E. van den Berg

“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word”(Mt.6:9).

“Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie” (Ex.20:7).

Die Roomse Kerk bid onbeskaamd tot Maria en noem haar Onse Dame. Een van hul katedrale is dan ook na haar vernoem nl. die Notre Dame (onse dame). Miljoene lidmate aanbid haar as die aardse moeder van Jesus. Dis die grootste misgissing in menseheugenis! Die Roomse Maria is nie die aardse moeder van Jesus nie maar kom uit die Babiloniese afgodsdiens en is niks anders nie as ʼn herlewing van die godin Semiramis. Sy het net van naam verander(Maria) en is eeue gelede in die kerk ingevoer om die Evangelie van verlossing te neutraliseer.

Gelowiges bid nie tot ʼn mens nie; alleenlik tot God en Hom alleen. Jesus hou in sy Bergrede die Onse Vader as modelgebed voor wat hemelsbreed van die Roomse Onse Moeder verskil. Onse Vader, onse moeder!

Die modelgebed begin met ʼn lofbegroeting: “ ... laat u Naam geheilig word” In die Ou Nabye Ooste is koninklikes met lofbegroetings begroet. Tydens die aanwysing van Saul as die eerste koning van Israel lees ons: “En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!” (1 Sam.10:24). As Daniel se drie vriende voor Nebukadneser verskyn, sê hulle: ” Mag die koning vir ewig lewe!” (Dan.3:9) - ʼn seremoniële begroeting

Paulus gebruik iets soortgelyks in talle van sy briewe: “...aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!” (Rom.1:7). “Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus” (Gal.1:3).

Die groetbetuiging in die Onse Vader is egter anders as enige ander een. Die naaste wat daaraankom, is Dawid se woorde: “O HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!” (Ps.8:2). Die lofbetuiging van Mt.6:9 bevat twee unieke elemente nl. die heiligheid asook die verlange na ʼn toenemende verheerliking van die ware God as Hemelkoning.

Die woord geheilig kom 31 keer in die Bybel voor; 29 keer in die OT en twee keer in die NT. Die Griekse woord waarvan dit afgelei word, kom wel 28 keer voor en beteken om “eenkant” te sit, skoon of suiwer te maak. Hierdie naam moet anders as ander name wees vandaar die derde gebod se waarskuwing teen die ydele gebruik daarvan. In Hebreeus beteken ydellik letterlik om leeg te wees in die sin dat dit sonder gehalte is.

In die aanloop tot die ontvangs van die Tien Gebooie op die berg Horeb het Israel baie duidelik van God se heiligheid bewus geword. Hy het met donderslae en vuur met hulle gepraat wat daarop dui dat Hy met die uiterste agting bejeën moes word. Vandag word sy Naam onnadenkend as ʼn vloekwoord of ʼn uitroep van verbasing gebruik. Die filmbedryf is vrot daarvan!

Toe Jesus sy dissipels reg leer bid het, was die eerste bede dat sy Vader se Naam eerbiedig moes word. In die OT was dit al ʼn gegewe dat die misbruik daarvan gestraf sou word, al was dit nie in hierdie lewe is nie, dan wel in die eindoordeel. “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).   God verdedig sy eer: “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Hebr.10:31).

Jy mag die Naam van God nie in eedswering of gesprekke sonder ʼn goeie rede gebruik nie, maar slegs in ʼn verwysing na Hom of in verwondering oor Hom. Die grootheid van God se koningskap moet altyd in gedagte gehou word. God is ook ʼn Regter en oortreders van hierdie gebod word in sy beskuldigdebank sonder vryspraak geplaas.

Let ook daarop dat die derde gebod noue verband het met die vorige twee gebooie. Alhoewel daar geen God behalwe die Almagtige is nie, mag sy Naam nie anders as met hoë agting gebruik word nie.

Die verwysing na God as Vader in die modelgebed onderskei die Christengeloof van enige afgodsdiens. Nie een van hulle gode word vader genoem nie. Deur sy Naam te heilig, erken ons God se grootheid en onmeetlike mag. Gelowiges moet dit tot sy verheffing gebruik soos wat die Psalms ʼn voorbeeld van is.

“Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf. Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob! Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp” (Ps.81:1-3).

“Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil” (Ps.24:3-5).

Gelowiges moet ook baie versigtig wees om nie God se Naam los en vas in hul gebede te gebruik soos wat die heidene met hul afgode doen nie. “En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word” (Mt.6:9). Dis duidelik dat Jesus nie wou hê dat hierdie woord soos ʼn mantra herhaal moes word nie.

Dink maar net hoe gesteld mense op hul familienaam is. Dit sê wie jy is, wie jou mense is en waarvandaan jy kom. Net so is God op sy Naam gesteld. Dis deel van Wie Hy is. Sy Naam is sy eer. Daarom dring Hy in die derde gebod daarop aan dat sy Naam nie ligtelik op lippe geneem mag word nie.

Ons dra as gelowiges die Naam van Jesus met ons saam. Wat ons doen en sê, raak nie net onsself nie, maar ook Hom wie se Naam ons dra. Luister wat word van die eerste volgelinge van Jesus gesê: “En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochië vir die eerste keer Christene genoem” (Hand.11:26).

By geleentheid was Mahatma Gandhi met ʼn Britse sendeling in gesprek en het vir hom gesê dat hy baie beïndruk was met dit wat hy van Jesus Christus verneem het. Hy het gesê dat as hy in die Bybel lees wat Jesus gesê en gedoen het, hy byna self ’n Christen kon word. Maar, het hy bygevoeg, as hy na die Christene in Indië kyk, stel hy nie in die Christendom belang nie. Die teendeel is natuurlik ook waar. As jou lewe mooi is, bevorder dit die uitbreiding van God se koninkryk, soos ons bid: ”Laat U koninkryk kom”

Petrus het dit in gedagte as hy aan die gelowiges in die verstrooiing skryf:

“...en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking” (1 Pet. 2:12).

Hoe gebruik jy God se Naam? Dis jammer dat mense wat die G-woord los en vas gebruik nie daarvoor gestraf word nie. As jy egter die K-woord gebruik, is jy in groot moeilikheid. Moet dit nie eerder andersom wees nie...

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1105 gaste aanlyn