Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om afskeid te neem is seker een van die moeilikste dinge wat die mens moet verwerk, en dit gebeur deurlopend in sy lewe. Daar is net een wyse waarop dit makliker word: aanvaar die pyn as 'n groeimiddel om tot die punt te kom waar dankbare herinneringe jou help om nie binne jouself te sterf nie.
KERKHERVORMING
Ds A.E. van den Berg
Daar vind ʼn groot kerkhervorming plaas.
Siener sien ʼn kerkhervorming saam met dié van die politiek plaasvind. Dit gaan net so ingrypend soos tydens die bondsvolk se terugkeer uit die Babiloniese ballingskap wees. Talle vooraanstaande kerke het ʼn Judas-rol in ʼn kwesbare tyd gespeel, hul rug op die Boerevolk gedraai en klakkeloos agter die volksvyand aangeloop.
Hierdie kerke het geen profetiese visie openbaar toe hulle hul na hartelus uit die wasgoedmandjie van die liberalisme geklee het nie. Hulle wat veronderstel was om wagte op die volk se mure te wees, het geen oog verroer om die heiden-magte te keer nie en selfs die stadspoort vir hulle oopgemaak. Daarna het hulle van ons volksgenote verwag om in ʼn beswyming van berou oor die sogenaamde onreg van apartheid te gaan.
Talle Engelssprekende geestelikes het die Boerevolk met ʼn passie gehaat en op meesterlike wyse daarin geslaag om die verstand van die algemene kerklike publiek te tiranniseer. Daarna het hulle hul kerke gemobiliseer om politieke solidariteit met die sogenaamde onderdruktes te betoon.
In Mei 1987 het Oliver Tambo, destydse leier van die ANC, voor die Wêreldraad van Kerke gesê dat swartes aan sekere kerkdeure in Suid-Afrika gaan bly klop totdat hulle hul volle steun in die stryd teen apartheid verkry het. Te oordeel aan die verloop van sake, het die volksvyand nie baie lank geklop nie. Talle kerkdeure is oopgemaak en steun is selfs uit oorde ontvang waaruit daar aanvanklik geen steun verwag is nie.
Terroriste het die Christelike geloof dikwels as ʼn rewolusionêre wapen gebruik. Die ANC het byvoorbeeld selle binne toonaangewende kerke in Suid-Afrika gestig en vir hul bose doelwitte gemanipuleer. Die St. George’s katedraal in Kaapstad is dikwels in ʼn ANC-basis omskep en as afspringplek vir vyandelike optrede misbruik.
Swart priesters en biskoppe was gereeld aan die roer van rewolusionêre optredes. Christenskap was vir hulle niks anders as ʼn leë woord waarmee hulle hul bose oogmerke verbloem het nie. Biskop Tutu het hom gereeld aan ʼn oneerbiedige omgang met die Christelike leer en geloof skuldig gemaak. Sy kerkdienste was dikwels deurspek van verdagmakery en opruiery teen die Boerevolk. Daarbenewens was hy dikwels voor aan die spits van vredesoptogte, terwyl ʼn jillende swart massa agterna gedans, winkels geplunder en onskuldige toeskouers beledig en beseer het.
Die hartseerste van alles is Afrikaanse kerke wat die geeste nie kon onderskei nie en hul profetiese visie verloor het. Dit het later voorgekom asof hulle net so verbete soos die vyand teen die Boerevolk geveg het! Van al die Afrikaanse kerke het die NG-kerk die gewilligste by anti-apartheidpolitiek betrokke geraak en gevolglik stelling in die linie van die volksvyand ingeneem.
Van al die slae wat ʼn mens kan tref, is kerklike tirannie myns insiens die ergste. Toe die chaos in Suid-Afrika losbars, het ontspoorde kerkleiers nie eers besin nie, maar onmiddellik volksgenote saam met hulle te probeer verenig. Daar is selfs bedenklike skuldbelydenisse van hulle geeïs. Die eenwêreldsameswering met die antichristelike magte daaragter is heelhartig omhels!
Volksgenote het bont gestaan om wal te gooi teen kerklui wat met valse argumente van kollektiewe aanspreeklikheid soos mistige weer op hulle toegesak het. Dit was verraderlik van kerklui om by volksgenote ʼn skuldgevoel te probeer opwek vir dit waaraan hulle geen deel gehad het of oor geraadpleeg is nie.
Ontspoorde kerke het oor hulle voete geval om voor antichristelike magte te bely dat hulle nie genoeg gedoen het om apartheid af te breek nie. Die integrasiebeleid met sy stygende misdaad en geweld was skynbaar ʼn meer aanvaarbare staatsmodel, ongeag of dit die Boerevolk van sy eertydse Christelike grondwet ontneem het!
Rasse-integrasie is niks anders as ʼn aanslag uit die bose op die handhawing van ʼn eie volkidentiteit nie. Lidmate wat aan kerke behoort wat apartheid verdoem, moet dit onverwyld en sonder enige gewetensverwyt verlaat. Voortgesette lidmaatskap kom op ʼn kondonering van hulle doen en late neer!
Met hul oorlogsverklaring teen apartheid, het hierdie kerke hul per implikasie met ʼn beleid vereenselwig wat van Suid-Afrika die gevaarlikste land ter wêreld gemaak het. Die integrasiebeleid is heidens! Die huidige grondwet met sy aborsiewetgewing en wêreldlike onderwyswette lewer genoeg bewys dat die ANC en sy bose trawante die plaaslike Christendom wil uitwis.
Kerke wat die ANC se integrasiebeleid steun, gaan heelwaarskynlik hul bestaansreg in die komende bedeling verloor. Wat ʼn wonderlike dag sal dit nie wees as ons kerke gesuiwer en van alle sosio-politieke rommel ontslae is nie!