NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jare laat wel plooie op ons gesig, maar die mens wat sy geesdrif vir die lewe verloor, kry plooie op sy gees!

MERK VAN DIE DIER

Ds A.E. vd Berg

En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word” (Openb.13:16).

God openbaar Hom in die Bybel as ʼn heilige Drie-eenheid. Satan boots dit met ʼn onheilige drie-eenheid na; hyself (die Satan), die Antichris (eerste dier) en die valse profeet (tweede dier). Soos wat Jesus na die mens uit ʼn vrou gebore is en na die aarde gekom het, sal die Antichris ook uit ʼn vrou gebore word en vir ʼn bepaalde tyd lank heerskappy op die aarde voer.  

Die valse profeet is die hoof beliggaming van die valse kerk wat aan die einde van die tyd die wêreldgodsdiens word. Sy optrede sal deur ʼn magdom van wondertekens gekenmerk word en, soos ʼn Elia van ouds, selfs vuur uit die hemel laat neerdaal. Mense sal in verwondering die Antichris aanbid:   

“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:3,4).

Almal wat aan die Antichris onderdanig word, ontvang ʼn merk op die voorkop en regterhand waarsonder niemand sal kan koop of verkoop nie.   Hierdie veelbesproke 666-teken is die seël van die Antichris nadat die valse profeet sy verderflike werk gedoen het en vir hom kerkmense op ʼn bondel ingejaag het.  

Oor wat hierdie teken gaan wees, word daar lank bespiegel. Die tegnologiese deurbraak van mediese skyf-inplantings het baie mense op hol. Is dit moontlik die begin-stappe van dit wat uiteindelik op die merk van die dier gaan uitloop?

Dwaalleraars jaag graag spoke rondom hierdie merk op en verkondig dat mense binnekort mikroskyfies onder hul velle sal ontvang waarmee die Antichris die wêreldhandel sal beheer. Skrywers in Charismatiese kringe maak veral roekeloos van foutiewe eindtyd-spekulasies gebruik en maak geld daarmee.

Dis moontlik dat ʼn wêreldleier mensemassas d.m.v. elektronika kan beheer. Dis egter nie waaroor Openb.13 gaan nie want van watter belang sou dit vir die eerste lesers van Openbaring hê om te weet dat mense 2000 jaar later mikro-skyfies op hulle voorkoppe en regterhande sou hê? Dit maak mos nie sin nie!

Hierdie merk moet reg verstaan word.   Let daarop dat die woord op ook in kan beteken.   Die Antichris sal aan die einde van die tyd die mensdom se denk- en werksvermoë so aantas asof hulle op die voorkop en regterhand gemerk is. Die uitverkorenes van God sal dit nie hê nie.   En baie van hulle gaan hul lewens weens hul getuienis vir Christus verloor.

Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind” (Mt.10:39).“Toe sê Jesus... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Mt.16:24,25).

Martelaarskap is ʼn onmisbare deel van die eindtyd se geloofslewe en deel van die aftel van die dae na die einde se kant toe. Die merk van die dier staan in direkte verhouding met martelaarskap. Praat jy van die een, kom die ander een ook ter sprake. Ons eie swaarkry en opofferings is niks is in vergelyking met die vervolging en wreedheid wat die apostels en evangeliste ná Jesus se Hemelvaart moes deurmaak nie. Ek wys u op ʼn paar van hulle:

Matteus was ʼn belastinggaarder wat ʼn evangelis geword en in Ethiopië ʼn martelaarsdood gesterf het toe hy met ʼn byl doodgekap is.

Petrus is onderstebo gekruisig. Volgens oorlewering het hy dit só versoek aangesien hy homself onwaardig beskou het om op dieselfde wyse as sy Meester te sterf.

Filippus is in die Griekse stad, Hiërapolis onderstebo aan ysterhakke opgehang totdat hy gesterf het.

Johannes is in olie gekook maar het wonderbaarlik aan die dood ontkom en in vrede op die eiland Patmos gesterf nadat hy Openbaring geskryf het.

Jakobus, Jesus se broer, is by die tempelmuur afgegooi en daarna met ʼn knuppel doodgeslaan.

Judas(Taddeus) is in Persië deur godsdienstige Oosterse leiers met ʼn byl doodgekap.

Andreas is in Griekeland gekruisig.

Bartolomeus (Nataniël) is in Armenië doodgegesel.

Tomas is in Indië met spiese doodgesteek.

Paulus is in 67nC deur keiser Nero in Rome onthoof.

Lukas was ʼn mediese dokter en is in Griekeland gehang omdat hy die Evangelie verkondig het.

Markus was die stigter van die kerk in Alexandrië (Egipte) en het daar gesterf nadat hy met perde deur die strate gesleep is.

Die 666 merk het alles met die wêreld waarin die kerk vandag sowel as 2000 jaar gelede geleef het te doen. Satan se twee handlangers sorg dat ongelowiges dit ontvang en vervolg diegene wat dit weier. Hulle is die ware gelowiges. Die 666 merk is simbolies en nie letterlik nie. Dis die eindtyd-vorm van mense se vereenselwiging met die bose. Om ʼn mediese of finansiële mikroskyfie in die regterhand of voorkop te laat insit, is nie die merk van die dier nie.  

Die merk van die dier kom slegs op mense wat bewustelik aan die Antichris onderdanig word. Of dit ʼn inplanting-skyf, vereenselwiging-dokument of ʼn strepieskode is wat getatoeëer gaan word, kan met geen sekerheid gesê word nie. Enige van hierdie dinge is moontlik. Desondanks bly alles net spekulasie. Gelowiges moenie tyd met wilde spekulasies verspil nie. As die tyd aanbreek, sal die Heilige Gees hul van reg en verkeerd oortuig: en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Joh.16:8).
Die getal 666 wat met hierdie seël verbind word, lok al baie jare bespiegeling uit. Bybelverklaarders probeer al eeue lank om sekere mense met hierdie 666 getal te verbind sonder afdoende bewys. Miskien plaas hulle die klem verkeerdelik op wie hierdie persoon is in plaas van sy dade.

Sommige van die oud kerkvaders het verkeerdelik geglo dat dit die woord lateinos uitspel en na Rome verwys.   Hierdie getal is nie bedoel om soos ʼn raaisel uitgewerk en aan ʼn spesifieke persoon verbind te word nie. Dit dui eerder op die Antichris se handelsmag wat gelowiges gaan raak en uitsluit.

Die 666 getal gaan nie oor werklike merktekens nie, maar oor baie dieper dinge soos die ontsettende houvas wat Satan op die mensdom van die eindtyd gaan verkry. Daarom sê Openb. 13:18 dat wysheid benodig word. Wanneer die Antichris openbaar word, sal dit duidelik wees wie hy is.

Al wat werklik saak maak, is dat gelowiges die geloof moet behou totdat Jesus kom om die boek van die lewe (burgerskapregister) te open. Diegene sonder die 666-merk gaan hemel toe. Wie dit het, gaan hel toe: “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15).

Intussen verwag Christus van gelowiges om in die geloof te volhard, die laaste swaarkry te aanvaar en Jesus getrou te bly volg.   God sal aan die einde teen Satan en sy magte oorlog voer en oorwin. Dis nie die gelowiges se taak nie!  

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 821 gaste aanlyn