NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dikwels ons kan niks aan ons haglike omstandigheid in ons land doen nie. Dit is nie waar nie: geen land se toekoms rus op die skouers van die owerheid nie. Die toekoms van politieke instellings berus op die kapasiteit van die mense om self tussen reg en verkeerd te onderskei; op ons elkeen se kapasiteit om oor onsself te heers volgens die tien gebooie van God – as ons elkeen hierdie verantwoordelikheid nakom sal ons 'n baie ander prentjie in ons land sien as tans.

NEE VIR?...

...vir Bybelgegronde teologiese opleiding!

Ds. A.E van den Berg

“Een duiwel in die kerk is meer werd is as ʼn duisend daarbuite!”

Die NG Kerk se algemene kuratorium wat oor studente se teologiese opleiding toesig hou, het onlangs gesê dat teologiese studente wat by die APKerk of Gereformeerde Kerk se teologiese akademies opgelei is nie in die NG Kerk beroepbaar sal wees nie. Die NG Kerk se opleiding gee bewustelik voorkeur aan swart teologie, bevrydingsteologie en feministiese teologie. Dit, saam met verskeie dosente se eiesinnige teologiese sienings, maak van die kerk se teologiese opleiding ʼn speelgrond vir dwaalleer.

Die NG Kerk se probleem met die APK is dat hul teologiese uitgangspunt eksklusiwiteit vir blankes is. Die Gereformeerde Kerk daarenteen laat weer nie vroue tot die amp toe nie terwyl meer as 50% van die NG Kerk se huidige teologiese studente vroue is.

Die teologiese opleiding wat tans by die NGK se drie kweekskole aangebied word, is onbeskaamd dwaalleer. Vandag se katedertaal is more se kanseltaal. Geen wonder dat duisende lidmate die kerk jaarliks vir ander kerke verlaat of kerkbywoning staak.

Die ontsporing in die NG Kerk se drie teologiese fakulteite vererger by die dag. In 2005 het Jan Grey en Hennie Stander die NG Kerk se teologiese fakulteite van dwaalleer beskuldig. Daarvan het dadels gekom. Kort hierna het Ferdie Mulder, ’n teologie-student van Pretoria, drie professore van dwaling oor Jesus se opstanding uit die dood aangekla. Ten spyte daarvan dat die fakulteit van die dwalings bewus was, is geen vinger verroer om die teoloë tot verantwoording te roep nie. Mulder is selfs lewenslank uit die fakulteit geskors!

Om aan vrysinnige teologiese dosente ʼn vrye hand te gee, is noodlottig vir enige kerk. Dit laat hulle glo dat hulle vry van in­per­kings is en sekere grondliggende geloofsoortuigings onder die denkmantel van byderwetse denke kan ondergrawe. En so beland die dood in die pot.

Wat in Suid-Afrika gebeur, gebeur ook in die buiteland. ʼn Paar jaar gelede skryf ʼn besorgde Amerikaanse gelowige dat sy land se theological seminaries in theological cemeteries ontaard het.

Die verwarring in die NG Kerk se teologiese opleidingsentra het met die NG Kerk se geestelike ontsporing begin toe sy aan haar volk ontrou geword en die gevolge van haar onverskilligheid nie kon vryspring nie. Sy het haar dwaalleer in die glanspapier van teologiese vernuwing toegedraai en mense aangemoedig om hul eertydse Bybelse sienings oor gruwels soos aborsie, homoseksualiteit en ontug te wysig.

Dit het stormagtige debatte in die kerk ontketen wat ʼn onoorbrugbare kloof tussen twee duidelik onderskeie groepe in die NG kerk laat ontstaan het. Aan die een kant van die kloof is die Skrifgetroues wat onverbiddelik by die Bybel as die onfeilbare Woord van God staan. Aan die ander kant van die kloof is dwaalgeeste wat die geloofwaardigheid van die Bybel telkens bevraagteken.

Alhoewel die NG kerk haar op die Bybel as die onfeilbare Woord van God beroep, weerspreek haar leer en lewe dit in alle tale. Sy bevraagteken, betwyfel en verwerp talle eeu-oue Skrifwaarhede en waar haar dwalings teelaarde vind, word aan die sondige wil van mense toegegee.

ʼn Gewese NG leraar skryf onlangs op Internet:

“Geskok, terneergedruk en mateloos verslae. Het op 25 Des. saam met familie in die Kaap 'n Kersfeesdiens bygewoon. Ek het daar gesit en ween in my hart dat duisende mense in drie agtereenvolgende dienste in 'n groot kerkgebou van Stellenberg hierdie God-onterende dwalinge moes aanhoor. (i) Die Wonderbaar, Raadsman Sterke God en Ewige Vader van Jes.9 is nie 'n voorspelling van Jesus nie, maar sommer 'n koning wat in daardie tyd hoop en verwagting vir sy mense gebring het. (ii) Die wedergeboorte van Joh. 3 is nie 'n geestelike verandering wat in elke mens moet plaasvind sodat hy gered kan word en God se ewige koninkryk beërwe nie. Dis is maar net 'n aanduiding dat ons moet weet dat net soos die geboorte van 'n baba nuwe hoop en verandering in ʼn huis bring, so moet elkeen met nuwe hoop poog om die wêreld om ons te verander (iii) Die geboorte van Jesus is soos die geboortes van Samuel en Moses en ander konings in die OT wat nuwe hoop vir hul mense gebring het. Jesus kom inspireer ons om mekaar te dien en hoop vir hierdie wêreld te bring. Daar is nie 'n ander wêreld waarheen ons gaan nie. Nie een van my familie het hieroor 'n oog geknip nie en was baie tevrede met die boodskap. Ek glo met my hele hart dat 'n wedergebore siel wat by aanhoor van hierdie humanistiese wêreldgelykvormige idees in daardie kerk gesit het in sy hart sou ween!”

NG leraars lê met hul toelating tot die bediening ʼn legitimasiebelofte af om alle leer wat in stryd met die Bybel en Gereformeerde leer is, te weerlê en bewustelik teen te staan.   Die NG kerk se versuim om dit te doen, maak van haar, kragtens haar eie kerkorde en belydenisskrifte, ʼn valse kerk!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2334 gaste aanlyn