NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens kan oor die hoogste berg loop indien jy een treë op ‘n keer gee.  Jy moet net aanhou en sorg dat jou rigting reg is – altyd vorentoe.  Leer van die man wat die berg verskuif het.  Hy het die klippe een-vir-een weggedra!

GOD IS ‘N BERGVESTING

Ds A.E. van den Berg

“Want U is my rots en my bergvesting; en om U naam ontwil sal U my lei en bestuur” (Ps.31:4)                                  

Ons kom soms by ʼn breekpunt in ons lewe en ons sê vir onsself: “ Ek kan nie meer nie!” Dink aan Elia onder die besembos wat vir Isebel vlug en die Here dan bid om hom maar liewer te laat sterf. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy seun Absolom ʼn opstand teen sy koningskap geloods het.

Voor dit was Israel betreklik rustig. Maar toe verander dinge drasties en moes Dawid in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat.   Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, het hy telkens vir koning Saul gevlug. En nou op sy oudag vlug hy al weer! Wat doen ʼn mens as jy op moedverloor se vlakte beland? Jy doen die regte ding, dit wat Dawid in sy nood gedoen het – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader.   God het gehoor en uitkoms gegee.

As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie.   Ons lees dat Elia na sy versterking deur God vir 40 dae aaneen tot by die berg Horeb geloop het! God verlos sy kinders van die donkerste krisis en stap met hulle die lig van die toekoms tegemoet. Dis hoe die geloofslewe werk; eers ontkoming en daarna verligting.

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).  

Baie jare gelede het ‘n gelowige man op Makwassie geboer en ook diamante gedelf; dit is ‘n groot diamantgebied .   Een jaar het hy so baie mislukkings gehad, dat bankrotskap gedreig het. Hy delf toe maar dag en nag maar sonder sukses. Sy koöperasieskuld het so opgehoop dat hy op ʼn dag ʼn laaste aanmaning ontvang het – hy gaan sy plaas op ʼn sekere dag verloor.   Daardie vorige dag delf hy tot sononder en haal net voordat hy handdoek ingooi, ʼn nege karaat diamant uit. God het voorsien!

Baie mense voel op ʼn stadium van hul lewe dat hulle iets kortkom om hul lewe sinvol op te kikker.   Gelowiges weet dat hulle met alles na hul hemelse Vader kan gaan. As dit in sy raadsplan is, sal Hy help. Hy luister na hulle.

Ps.40 is waarskynlik in dieselfde traumatiese tyd as Ps.31 geskryf. Vers 15 laat my so dink: “Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom”.

God het vir Dawid op sy tyd wonderlike uitkoms gegee:

“Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gestel....” (Ps.40:2,3).

Toe Dawid vir sy lewe gevlug het, was hy soos een wat in dryfsand beland en geen vastrapplek kon kry nie. Hy het geweet dat net God kon red. En op no.99 het God hom gered. Dawid het nie meer gesink nie, maar ʼn rots onder sy voete gevoel waarop hy kon staan. Baie gelowiges het dit al ervaar en geweet dat daardie rots Jesus Christus, die Rots van alle eeue, is. Wie op Hom staan, sink nie!    

Die teksvers lui:

Want U is my rots en my bergvesting; en om U naamontwil sal U my lei en bestuur” .

Eers word God as ʼn rots geskets; die kleinste natuurskans waaragter daar geskuil kon word. Daarna betoon God Hom nog groter - ʼn bergvesting.   Destyds is daar in bergagtige streke ʼn muur van rotse om ʼn laer gebou wat as ʼn verdedigingskwartier gedien en moeilik deurdringbaar was. Dis ʼn bergvesting genoem.  

Die teksvers begin met iets klein - ʼn rots. Daarna word dit groot; ʼn bergvesting.   God is in beheer: “en om U naam ontwil sal U my lei en bestuur” . Eers lei Hy sy kinders uit moeilike situasies, waarna sy genadedaad nog wonderliker word wanneer Hy hulle op hul lewenspad lei. Eers rots dan bergvesting; eers redding dan bestuur. Hoe wonderlik stem dit nie met Ps.23:1 ooreen nie - ons kom niks kort nie. Die Here is ʼn Herder en sorg vir sy kudde.

ʼn Paar jaar gelede bel ʼn lidmaat my vir raad. Hy het ʼn familielid wat lotto speel en niks daarmee verkeerd sien nie.   Hy wil hom graag reghelp. Het ek nie dalk ʼn teks vir hom nie? Op daardie oomblik gee die Gees van God my ʼn teks:

“Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie” (Ps.23:1).

Wie hul vertroue in waagspele plaas, vertrou God uiteraard nie vir hul volle lewensonderhoud nie.

Luister wat sê Jesus oor ons lewe en ons toekoms?

“Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor julle lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie, of oor julle liggaam – wat julle sal aantrek nie.... Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie ... en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? “ (Mt.6:25,26).

Kommer is ʼn mosie van wantroue in God se leiding!

Niks is wonderliker as om die wonder van God se vaderlike voorsiening in ons lewens raak te sien nie.   Hy verlaat ons nie as dinge in ons lewe donker word nie.   Hy is ʼn getroue herder en laat nie sy skape in hul nood staan nie.   Wie op God vir sy toekoms vertrou, ontdek dat God nie net saam met hom loop nie, maar ook vooruit. Ons moet net enduit volg al pak die onweerswolke saam.

God praat met sy kinders oor die dinge van die lewe soos geloof, wysheid en volharding.   En Hy doen dit deur die Woord.   Om dit te hoor, moet ons dit lees en bestudeer. Ons sal op geen ander manier ooit sy stem hoor en sy wil leer ken nie. Sommige mense staak Bybel-lees as dit donker in hul lewe word.   Dis dwaas. Hoe donkerder dit in jou lewe word, hoe getrouer moet jy dit lees.

Ons besef nie altyd hoe intens God in ons lewens betrokke is nie.   Die Bybel getuig van meer as 50 maniere. Kom ons let net op enkeles.

GOD PRAAT:

Verder het die Here met my gespreek en gesê....” (Jes.8:5).   God roep ook na die mens. In 1 Sam.3:10 roep God na Samuel en hy antwoord: “Spreek want u kneg hoor...”

GOD SORG:

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar....” (2 Thess.3:3).  

GOD VERLOS:

En die Here sal my verlos van elke bose werk en my reg om in sy hemelse koninkryk in te gaan” (2 Tim.4:18).

Voeg hierby ook God wat waak, seën, onderskraag, vergewe ens. Wat sê dit vir ons?   Dat Hy met ons is, ongeag wat in ons persoonlike lewe gebeur. Een ding is seker; niks ontsnap sy alles oplettende oë nie.

Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).  

God is in Christus Jesus handelend in ons lewe betrokke.   Hy stap soos ʼn herder voor ons uit. Maar dan moet ons aanhou stap - geestelike uithouvermoë aan die dag lê. Taai dinge hou nie vir altyd nie; taai mense wel!

Geestelike uithouvermoë is nie altyd ’n lang reis nie. Dis soms ’n klompie korter tree agtermekaar met die oog op Jesus gevestig:

“.... Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof...” (Heb.12:2).

Ps.31 sê dat God ʼn rots en ʼn bergvesting vir al sy kinders is. As Hy bestem het dat jy deur die donker moet loop, hou aan loop totdat dit lig word!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1075 gaste aanlyn