NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ek storm, volg my.
As ek val, wreek my.
As ek omdraai, skiet my!
-Robey Leibbrandt

DIE ROOF- EN BRANDKULTUUR

Diefstal veroorsaak slegte rasseverhoudings

ʼn Kort geskiedkundige oorsig

Ds A. E. van den Berg

“Toe Boere hul in die binneland vestig het, het 'n nuwe gevaar kop uitgesteek - die Xhosas. Hierdie oorlogsugtige volk het in 1779 deur die Visrivier getrek en boere aangeval waarna hulle deur ʼn burgerkommando oor die grens verdryf is. Tien jaar later is duisende stuks vee geroof en 116 van die 120 plase tydens ʼn tweede aanval afgebrand... In 1834 het 15,000 booswigte die Visrivier oorgesteek en alles in hul pad tot so ver as Uitenhage verwoes. Benewens perde, skape en beeste wat geroof is, is 22 boere vermoor en 456 plaashuise afgebrand... Boere moes dikwels aanskou hoe hulle plaashuise afgebrand en vee geroof word. Weerlose vroue en kinders is dikwels verkrag, gemartel en wreed vermoor sonder dat dit die owerheid gekeer het.

Inleiding

Buitelanders het Boere van meet af aan gereeld die skuld vir plaaslike swak rasseverhoudings gegee. John Barrow se Travels in to The Interior of Southern Africa (1806) het baie hiertoe bygedra. Dit was ʼn sameflansing van feite en leuens en ‘n skaamtelose aanval op die karakter van die Boerevolk. Die geskiedenis leer egter dat blankes nie vir die swak rasseverhoudings beskuldig kan word nie. Diefstal is en bly die hoofoorsaak.   Solank as wat daar aan die suidpunt van Afrika gesteel word, is goeie rasseverhoudings onmoontlik.

Die eerste rassebotsings het net na die volksplanting (1652) plaasgevind toe die inheemse bevolking die Nederlandse setlaars van hul besittings begin beroof het. Van waar die setlaars gekom het, was diefstal feitlik onbekend. Die inheemse roofkultuur het veral na die moord op die jong veewagter, David Janz,ʼn rassekleur verkry.

Die volksplanters het geen geestelike of kulturele aansluiting met die inheemse bevolking gevind nie. Dit was nie aan enige meerderwaardigheidsgevoel of pigmentasie-voorkeure te wyte nie, maar aan slegte ervarings. Die rowers se geneigdheid tot geweld,wreedheid, plundering, diefstal en doodslag het die volksplanters genoodsaak om ter wille van oorlewing vir hulle ʼn veilig afstand in hierdie onveilige wêreld te skep. Hulle kon hoogstens naasbestaan, maar nie saambestaan nie!

Namate ruilhandel met die inheemse rasse toegeneem het, het diefstal ook skerp gestyg. Die vryburgerboere wat groot verliese weens gesteelde landbouwerktuie gely het en lank op ander uit Nederland moes wag, is veral erg geraak. Diefstal het ook 'n diplomatieke turksvy geword. Enersyds moes daar teen die rowers opgetree word en andersyds moes ruilhandel met hulle voortgaan om die verversingspos aan die Kaap aan die gang te hou.

Die roofsituasie het spoedig so versleg, dat ʼn aantal boere 'n versoekskrif aan die Kompanjie oorhandig het waarin dringende optrede teen die rowers geëis is. Toe die boer Symon In't Velt kort hierna wreed op sy plaas vermoor is, was die gort gaar. Dit was die eerste plaasmoord op Suid-Afrikaanse bodem. Gevolglik was die Kompanjie genoodsaak om daadwerklik op te tree waarna daar vir ʼn paar jaar vrede was. Dis egter in 1672 versteur toe swartes drie boere, agt nedersetters en drie jagters kort na mekaar naby Saldanhabaai vermoor het.

1. Binnelandse bedreigings

Alhoewel slawediens die dringende behoefte aan plaasarbeid ietwat verlig het, was hierdie gedwonge arbeid nie baie vrugbaar nie. Die slawe het baie tyd aan so min werk as moontlik bestee. Hul andersheid het net soos die van die plaaslike bevolking die setlaars laat besef dat blankes tot 'n eiesoortige, hoër ontwikkelde ras behoort het. Ander rasse sou nooit in hulle wêreld tuiskom nie.

Ten spyte van reuse stukke onontwikkelde grond waaroor die Hottentotte beskik het, het hulle alle blanke gebiedsuitbreiding teengestaan en nie ingesien dat dit ook vir hulle voordelig was nie. Na die eerste pokke-epidemie (1713) waarin duisende van hulle omgekom het, kon die gebiedsuitbreiding nie verder gekeer word nie. Hierdie lewensverlies was hoofsaaklik aan hul lae weerstandsvlak en onhigiëniese lewenswyses te wyte. Na 'n tweede epidemie (1755) het hul bedreiging grootliks verdwyn.

Toe Boere hul in die binneland vestig het, het 'n nuwe gevaar kop uitgesteek - die Xhosas. Hierdie oorlogsugtige volk het in 1779 deur die Visrivier getrek en boere aangeval waarna hulle deur ʼn burgerkommando oor die grens verdryf is. Tien jaar later is duisende stuks vee geroof en 116 van die 120 plase tydens ʼn tweede aanval afgebrand.

Die Kompanjie kon weens ʼn geldelike verknorsing geen militêre hulp aan die boere verleen nie en het toe maar 'n kommissaris met geskenke gestuur om die Xhosas om te koop om na hul eie gebied terug te keer. Dit was ’n reuse flater want kort daarna is nog aanvalle geloods om nog geskenke te kry. Die Xhosas het slegs eerbied vir mag gehad.

2. Sendelinge

Geen land het Suid-Afrikaanse rasseverhoudings soveel skade aangedoen as Brittanje nie. Nadat McCartney in 1797 goewerneur aan die Kaap geword het, het hy opdrag gegee om ʼn beleid van rasseskeiding op te stel ten einde vreedsame naasbestaan te verkry. Dis is egter nie streng toegepas nie en is spoedig laat vaar omdat dit glo nie uitvoerbaar was nie. Dit was nie onuitvoerbaar nie. Rasseskeiding lê misdaad wel aan bande soos apartheid later bewys het.

Toe Caledon goewerneur aan die Kaap word, het hy die Hottentotte met ʼn proklamasie onder Britse wetlike gesag gebring. Dit was die eerste teken van 'n nuwe staatkundige begrip; 'n eenheidstaat wat onderhorige volke se nasionale strewes aan bande lê. Dit het wesenlik nie van die Britte se latere verdeel- en heersbeleid verskil nie. Die plaaslike owerheid het hulle egter met die sterk teenstand uit Boeregeledere misreken.

Caledon se proklamasie het egter gesorg dat daar wetlik teen leeglêery, die hoofbron van misdaad, opgetree is. Hierdie optrede het egter heftige reaksie onder buitelandse negrofiliste ontlok waarna Londen sy sendelinge na bykans elke plaaslike swart stam gestuur het. Al hierdie stamme sou spoedig hul staatkundige vryheid onder Britse gesag verloor!

Sendelinge het gereeld klagte oor boere se “mishandeling” van plaasarbeiders by Brittanje ingedien. Eerw.Read het selfs by geleentheid aangevoer dat boere sowat 100 swartes vermoor, tientalle aangerand of baie van hulle geen loon betaal het nie. Sendelinge het swartes se leuens vir soetkoek opgeëet en hulself die reg aangematig om namens hulle klagtes by die rondgaande hof in te dien. Van die aanklagte van moord het niks gekom nie waarna die betrokke regters 'n sterkbewoorde verslag opgestel en die Britse sendelinge as kerklui wat hul amp nie waardig was nie, bestempel het.

2. Kerkverraad

Die verengelsing van die Kaap was vir die Boerevolk 'n bitter pil om te sluk. Bourke se Proklamasie (1828) het Engels die enigste amptelike landstaal gemaak; ʼn ongelukkigheid wat vir 54 jaar sou duur.   In ʼn poging om die Boerevolk van hul gevestigde tradisies te vervreem, het die Britse owerheid selfs met die Boerevolk se grootste kerk gaan heul. Hulle het geweet dat die Boerevolk die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) se kerkleiding vertrou het en as’t ware die gewete van die volk was.  

Omdat hulle die gelykstellingspolitiek wat die Britse owerheid op hulle afgedwing het nie aanvaar het nie, was die oopstelling van die NG Kerk se lidmaatskap vir alle rasse vir die meeste ʼn wrede ontnugtering. Die nuwe leer van gelykheid en broederskap wat daarmee verkondig is, was nie op die Bybel nie maar eerder op filantropisme gegrond. Die meeste lidmate het genoeë met hierdie verraad geneem uit vrees vir afsnyding van die kerk.

Om dinge te vererger, het die NG Kerk haar tot die genoegdoening van die owerheid teen die Groot Trek uitgespreek en etlike Voortrekkers selfs onder sensuur geplaas omdat hulle hul nie aan die owerheid “wat God oor hulle aangestel het” onderwerp het nie. Omdat die Bybel daarteen waarsku, was dit naïef van die NG Kerk om van die Voortrekkers te verwag om die Britse landrowery as die wil van God te aanvaar.

"Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is" (Jes.5:8).

"Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die man en sy erfdeel" (Miga 2:2).

(Meer as 'n eeu later sou die NG Kerk weereens die volksvyand bevoordeel toe sy haar lidmaatskap vir alle rasse oopgestel en nie verhoed het dat Suid-Afrika se Christelike Grondwet met 'n heidense een vervang is nie!)

Die oprigting van 30 buitelandse sendingstasies het rasseverhoudings in Suid-Afrika versuur. Sendelinge het die evangelie van Christus vir J.J Rosseau se menseverheerlikingsfilosofie opsy geskuif. Omdat hulle geglo het dat natuurkinders nie moes werk nie omdat dit hulle glo korrup sou maak, het duisende leeglêers na die sendingstasies vir 'n luilekker lewe gestroom. Dit het plaasarbeid ernstig geknou en talle sendingstasies in onheilneste laat ontaard wat boere verbitterd teen die sendelinge gelaat het.

Baie van die swartes wat by sendingstasies aangekom het, was so met siekte besmet, dat hulle weggewys is en in die omgewing van die naburige dorpe in die veld gaan bly het. Hulle het vee begin steel en weerlose vroue en kinders van mans op kommando’s is wreed aangeval. Versoeke om die euwel hok te slaan, het op dowe ore geval. Die owerheid het swartes eerder laat glo dat die boere hulle uitgebuit het en Brittanje hul redders was. Dit was alles bluf net om hul guns te wen en spoedig hul grondgebied in te palm!

Die owerheid se lafhartige hantering van die leeglêerprobleem het rassespannings ernstig verhoog.   Hulle was nie by magte om die boere te beskerm nie, maar het die boere nogtans die reg ontneem om hulself te verdedig. In 1834 het 15,000 booswigte die Visrivier oorgesteek en alles in hul pad tot so ver as Uitenhage verwoes. Benewens perde, skape en beeste wat geroof is, is 22 boere vermoor en 456 plaashuise afgebrand.

3.   Die Groot Trek

Sir Benjamin D'Urban het ingegryp en die plunderaars oor die grens verdryf waarna die gebied tussen die Kei- en die Keiskammarivier as straf deel van die Kaapkolonie geword het. Dr.Philip het hom egter baie gou na Brittanje gehaas waar gelas is dat die verowerde gebied aan die booswigte teruggee moes word. Hulle terreurdade is goedgepraat en is die Boere die skuld vir die onrus gegee. ʼn Owerheid wat wetsoortreders beskerm en wetsgehoorsames benadeel, is eerder daarvoor verantwoordelik.

Boere moes dikwels aanskou hoe hulle plaashuise afgebrand en vee geroof word. Weerlose vroue en kinders is dikwels verkrag, gemartel en wreed vermoor sonder dat dit die owerheid gekeer het. Hul onsimpatieke gesindheid het baie van die boere geen ander uitweg gelaat as om noordwaarts te trek nie. Die aanvanklike 20% wat getrek het, is Voortrekkers genoem. Na hulle het baie meer trekkers gevolg.

Die plaaslike owerheid het die staat, kerk en skool ingespan om die Boerevolk te vernietig. Dieselfde instansies sou baie jare later weer vir dieselfde doel ingespan word. In 1839 skryf die latere president Boshoff aan Lord Glenelg:

"Die vermoede wat lank reeds bestaan het, is bevestig, naamlik dat die totale ruïnering en uitwissing van die blanke bevolking met ongeërgdheid gade geslaan sal word" (CFJ Muller: 500 Jaar, p.155).

Die Voortrekkers het ʼn sug van verligting geslaak om van ʼn kwaadwillige owerheid vry te wees sodat hulle hul taal, gewoontes, gebruike, karakter en godsdiens en alles wat vir hulle kosbaar was kon bevorder. Die owerheid het spoedig met ʼn swart turksvy gesit. Daar was nie genoegsame Boere om die binneland teen plunderaars te beveilig nie.   Traktate het niks beteken nie. Wie deur geweld leef, kan slegs met geweld in toom gehou word. Dis al waarvoor plunderaars ontsag het.

4.   Eie medisyne

Britse sendelinge het ook rasseverhoudinge in die noorde vertroebel. David Livingstone het bv. geen goeie woord vir die Boerevolk gehad nie en was fel teen die toekenning van onafhanklikheid aan die Transvaal gekant. Hy het swartes selfs van wapens voorsien om hul kwansuis teen Boere te beskerm. Tydens ʼn klopjag is meer gewere as Bybels in sy hut gevind wat meer na 'n wapenarsenaal as na 'n sendingstasie gelyk het.   Daarna het gewapende roof ʼn nuwe misdaad geword.

Die Britse owerheid het self onder die plunderaars deurgeloop. Tydens die slag van Isandhlwana is meer as 800 Britse soldate grusaam deur Zoeloes vermoor. Die Britte het hul egter by die slag van Ulundi gewreek en derduisende Zoeloes uitgewis. Geen Boer het hulle daarvoor verkwalik of negatiewe reaksie by die Britse sendelinge ontlok nie. Net die Boerevolk mag hul nie op vyande gewreek het nie!

Mackenzie was nog ʼn Britse sendeling met 'n beperkte liefde vir sy medemens. Hy het geen geheim daarvan gemaak dat hy swartes hartstogtelik liefgehad en die Boerevolk verag het nie. Toe hy later as Britse gesant in Betsjoeanaland aangestel is, was sy diplomatieke diens net so ’n fiasko soos sy evangeliebediening en is spoedig kort geknip.

5. Oorlog

Die Britse owerheid se vyandiggesindheid jeens die Boerevolk was duidelik in die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog te bespeur. Nadat goud in die Transvaal ontdek is, het die Britse landrowers nie op hulle laat wag nie. Nabot se wingerd was net te onweerstaanbaar mooi!

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 het Brittanje voorgegee dat sy in belang van swartes wat deur Boere veronreg is, geveg het. Dit was ʼn skaamtelose leuen!   Berigte van swartes wat glo sy aan sy saam met die Boere teen die Britte geveg het, is net so ʼn leuen. Swartes was al te gewillige instrumente in vyandshande. Daarom het Boerekrygers swartes in Britse uniforms summier tereggestel.

Die oorlog het ook verraaiers gehad waarvan Adriaan Hofmeyr, 'n NG Kerk-leraar, een van die veragtelikste was. Hy het konsentrasiekampe besoek en vrouens aangespoor om hul mans te oorreed om oor te gee. Toe Emily Hobhouse haar mededelings oor die haglike lewe in die konsentrasiekampe in Londen bekend maak, het Brittanje hom laat kom om haar bewerings te weerlê.

6. Apartheid

Die Boere het in hul noordwaartse trek geen politieke regte aan nie-blankes in die nuwe republieke verleen nie. Hierdie beleid is later apartheid genoem en geensins bedoel om nie-blankes te benadeel nie. Dit het 'n vreedsame lewenswyse daargestel wat die karakter en voortbestaan van elke ras gewaarborg het.  Die Britse pers het hierdie beleid aangeval en die woord vermink om na aparthate te laat klink terwyl dit niks anders as separation of separatisme is nie.   Dis sondermeer as rassehaat veroordeel terwyl swart rassehaat as nasionalisme verwelkom is.

Ten slotte

Dit wat goeie rasseverhoudinge sedert 1652 gekelder het, het nog nooit verdwyn nie. Al verskil is, roof is baie gekunsteld, verfyn en gewettig en van eufemistiese benamings soos regstellende optrede, swart bemagtiging en die herverdeling van rykdom en onteiening sonder vergoeding voorsien is. Die kern is en bly roof. Geen ras kan ʼn ander ras beroof en goeie verhoudings verwag nie.

Daar is geen rede om te glo dat rasseverhoudings ooit sal verbeter nie. Daarvoor is die roofkultuur al eeue lank net te diep ingeburger. Daarom getuig die nasionale en internasionale nuusmedia gereeld van toenemende rassespannings waarvan die Black Lives Matter-beweging die nuutste is. Alvorens die roofkultuur nie einde kry nie, sal rasseverhoudings bly versleg.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1733 gaste aanlyn