NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Meeste mense sit en wag dat iets goed met hulle moet gebeur sodat hulle die vreugde daaruit kan punt. Opregte vreugde is nie dinge wat met jou gebeur nie. Dit is die lig wat jý laat val op die dinge wat met jou gebeur. Jy kan alle dinge in 'n misrabele lig sien, maar jy kan aan alle gebeure 'n positiewe rigting gee. As jy 'n blymoedige mens is, laat val jy 'n vrolike vreugdevolle lig op jou lewensomstandighede. En dan vind jy vreugde waar ander mense nog maar net smart ervaar – dan kan jy lag terwyl ander huil. En die vertrekpunt vir ware blydskap is om met die Here in as te kom.

ROOMSE ROOKSKERMS

Die vernietiging van Protestantisme

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

Openbaring waarsku lesers dat Satan kort voor die wederkoms van Christus ʼn wêreldkerk met ʼn verleidingsmag soos dié van ʼn hoer gaan oprig. Dis die laaste herlewing van Babiloniese godsdienssisteem wat oor ʼn staatkundige, militêre, ekonomiese en opvoedkundige mag sal beskik soos wat die mensdom nog nooit beleef het nie. Soos in oud-Babilon sal niemand sonder die nodige onderdanigheid aan haar oor die weg kom nie.

En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het” (Openb.13:16,17).

Die wêreldkerk ontstaan agter rookskerms in hoofstroom Protestantse kerke waarvoor ontspoorde kerklui verantwoordelik is. Hulle het as agente-vir-verandering daarin geslaag om mense die rug op Bybelse waarhede te laat keer, onreinheid oor die hoof te sien en gruwels te ontsondig.

Oor wie die hoer van Openbaring is, bestaan daar geen nie onduidelikheid nie. Dis die Roomse Kerk (RK). Om rookskerms in genoemde kerke te veroorsaak, gebruik die RK graag Jesuïete; ʼn bose orde wat sentraal in die doolhof van haar organisasies staan.   Hulle dring Protestantse kerke en teologiese skole binne ten einde ʼn gunstige beeld van haar te bemark en behaal ongekende sukses daarmee.

Kerklui wat die rookskerms minag, raak mettertyd aan die hoer van Openbaring gedienstig en mislei hul lidmate om te glo dat alles op kerklike gebied voor die wind gaan. Begeester deur die ekumene moet alle geloofsverskille opsy gesit word omdat almal kwansuis dieselfde God net op verskillende maniere aanbid.

 

1. Geskiedenis

Dit blyk dat min Protestante erg aan hul kerklike nalatenskap en die opofferings wat daarvoor gemaak is, het. Die RK is soos ʼn duif met roofvoël-instinkte en was vir minstens 68 miljoen mense se dood die afgelope 500 jaar verantwoordelik. Die Roomse Inkwisisie het byvoorbeeld lank ʼn skikbewind in Europa gevoer en alles wat in die RK se pad gestaan het verjaag of uitgewis. Die geskiedenis van die Franse Hugenote getuig daarvan.

Dit gaan vir die RK oor algehele aardse mag - ʼn wêrelddiktatuur met ʼn pous aan die hoof wat alle mense op aarde se lewe, eiendom en godsdiens-beheer. Dit was dan ook die dryfveer agter die Tweede Wêreld-oorlog. Adolf Hitler se oorlogmasjien moes mense tot volle oorgawe aan die RK dwing. Die RK het hom gefinansieer.

Vandag kraai geen haan daaroor nie. Die RK gaan met meer as een biljoen lidmate wêreldwydvan krag tot krag - die grootste geldmag, skattevergaarder en eiendomsbesitter ter wêreld. Niemand kan met haar meeding nie.

”En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery” (Openb.17:4).

 

2. Propaganda

Die RK is erg op negatiewe propaganda bedag. Waar daar ʼn boosheid in haar midde oopgevlek word, span sy opgeleide spesialiste in om dit op te los. Daarbenewens slaag sy meesterlik daarin om vooraanstaande Protestantse kerklui anders oor die RK te laat dink en haar nooit te kritiseer nie.

Billy Graham was ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Hy is in 1967 selfs met ʼn ere doktorsgraad van ʼn Amerikaanse Roomse instansie vir sy gematigdheid vereer. Die Amerikaanse Jesuïete hom ook as ʼn “vriend van die kerk” lof toegeswaai (Catholic Herald, 3 Junie 1966).

Graham wat aanvanklik ʼn Bybel-gelowige was, het mettertyd die spoor byster raak. Tydens die ontvangs van sy omstrede eredoktorsgraad het hy gesê dat die tyd aangebreek het dat Protestante en Katolieke mekaar as broeders in Christus moet aanvaar. Daarna was daar altyd duisende Katolieke by sy byeenkomste teenwoordig.

Die RK het miljoene spandeer om hom as die wêreld se grootste evangelis in die kalklig te hou – ʼn handige pion op hul skaakbord!

“So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk” (Jer.17:5).

 

3. Ekumene

Ware Christendom en die RK is ligjare van mekaar verwyder. Eersgenoemde is op die Bybel en laasgenoemde op mense-tradisies geskoei. Daarom kan Protestante nooit sonder toegewings met die RK saamspan nie. Ongelukkig glo baie Protestantse kerklui dat die Heilige Gees hulle en die RK saamsnoer. Hierdie vergissing gaan tragies eindig!

Hierdie samewerking is nie van die Heilige Gees nie. Hy lei gelowiges eerder weg van die hoer van Openbaring:

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig” (Joh.16:13).

Satan is ʼn meester-verleier. Ekumene is ʼn noodlottige godsdiensspel wat al hoe meer Protestante aan die hoer van Openb.17 gedienstig maak. Dit snoer wel kerke saam maar nie tot eer van Christus nie.   Dis ʼn magtige instrument in die hand van die valse profeet waarmee ʼn nuwe wêreld orde vir die Antichris geskep word en derhalwe vir gelowiges taboe.

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelge-nootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? (2 Kor.6:14,15).

“en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efes.5:11).

 

Slot

Gelowiges gaan aan die einde van die tyd ʼn groot tol vir hul trou aan die Bybelse waarheid betaal. Dit gaan gesinsbande vertroebel en vir baie selfs die dood beteken:

Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard”(Mt.10:34).

Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam” (Mt.24:9).

Gelowiges staan op die vooraand van die verskyning van die super-kerk en is soos gras op ʼn grasperk met ʼn reuse grassnyer wat geestelike liedere sing in aantog.

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).

Gelowiges durf egter nie daardeur ontmoedig word nie. Jesus het dit vooruit gesê. Gelowiges se grootste taak in hierdie dae is om lidmate van kerke wat gemene sake met die RK het baie dringend te waarsku om hul bande daarmee te breek.

“.... Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:4).

Opsoek na inligting?

  •  Gelofteland het 'n hulpfonds gestig vir die boere wat groot verliese in die onlangse brande in die Vrystaat gely het.  Ons wil die totaal daarvan nou oorbetaal maar sukkel om met die regte mense kontak te maak. Indien van ons lesers ons van inligting kan voorsien sal ons dit hoog op prys stel. Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 867 gaste aanlyn