NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie tye is daar dikwels nie meer duidelike onderskeid tussen die waarheid en die leuen nie. Met die leuen word dit wat goed is afgemaak as onaanvaarbaar. Iemand se opregte bedoelings, eerbare verdienste of naasteliefde, kan met een leuen maklik verander word in valsheid, oneerlikheid of skynheiligheid. Omdat God alleen die Waarheid is, en die leuen verfoei, moet die waarheid sonder valse skyn by ons 'n ereplek hê.

GOD SE WOORD BLY EWIG STAAN

Ds Andrè van den Berg

“Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mark.13:31).

Hoe belangrik is die Bybel vir jou? Jou antwoord sê alles van jou lewensgang en het ewige gevolge. As die Bybel vir jou belangrik is, sal jy dit bestudeer, gehoorsaam en God se beloftes daarin vertrou. Wie dit veronagsaam gaan die ewigheid in die hel deurbring. Die Bybel en boek van die lewe in Openbaring het verband:

En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb. 20:15).

Die Bybel leer ons om God te ken. Dat Hy die Bybel gegee het, bewys sy liefde vir ons want dit vertel wie God is en om in die regte verhouding met Hom te leef.   Daar is egter ʼn voorwaarde hieraan verbonde: Om sinvol te leef, moet ons ʼn liefdevolle verhouding met Hom wat dit gegee het, hê.

As ons nie die Bybel gehad het nie, sou ons niks van God geweet het nie. En al is dit oor ongeveer 1500 jaar geskryf, het dit nog altyd alles bevat wat die mens nodig gehad het om die regte verhouding met God te leef. Jesus sê:

Die wat uit God is, luister na die woorde van God...” (Joh.8:47).

Die Bybel is die hoogste seggenskap oor geloofsake, godsdienspraktyke, sedes ens.

God het dit beskik dat die antwoord vir ons vrae binne die twee buiteblaaie van die Bybel opgesluit is. Ons moet net daarna soek. Daarom is ʼn deeglike kennis van die Bybel waardevoller as ’n kop vol geleerdheid. Ons sien ons gesig in ʼn spieël en ons siel in die Bybel. Die Bybel is egter ook soos ʼn spieël; as ʼn dwaas daarin kyk, kan ʼn wyse nie daarin terugstaar nie!

Maar hoe weet ons dat die Bybel God se Woord en nie maar net ’n goeie boek is nie? Wat maak dit anders as al die ander godsdienboeke? Is daar enige bewyse dat die Bybel waarlik God se Woord is? Ja, die Bybel sê self dat dit die Woord van God is. Paulus skryf aan Timotheüs:

“...en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:15-17).

Een van die duidelikste bewyse dat Bybel waarlik God se Woord is, is die unieke eenheiddaarvan. Alhoewel dit uit 66 afsonderlike boeke besaan wat op drie vastelande in drie verskillende tale, oor ’n periode van ongeveer 1500 jaar, deur meer as 40 skrywers uit alle samelewingsvlakke geskryf is, vorm dit ’n eenheid. Geen ander boek lyk so nie! Dit as sulks bewys die goddelike oorsprong daarvan. God het mense begeester om dit te skryf en daarna die waarheid van sy Woord soos spykers in gelowiges se siele ingeslaan om hul te leer om sinvol te leef en reg te sterf.

Nog ’n bewys dat die Bybel God se Woord is, vind ons die Bybelse profesieë. Hierdie goddelike voorspellings het die toekoms van volke soos Israel, dié van sekere stede soos Jerusalem en Nineve, dié van die mensdom en die koms van Messias belig. In die OT is daar, interessant genoeg, meer as 300 profesieë oor Jesus; nie net oor waar Hy gebore sou word nie, maar ook uit watter familie Hy sou kom, hoe Hy sou sterf en opstaan. Daar is geen ander verduideliking vir hierdie vervulde profesieë as dat dit van goddelike oorsprong moes wees nie!

Nog ’n bewys van die goddelike oorsprong is die gesaghebbendheiddaarvan. Dis geheel anderste as enige ander boek. Die invloed daarvan word in menselewens gesien; mense wat nadat hulle die Bybel gelees en tot bekering gekom verander het - dwelmslaweis genees, homoseksueles is vrygemaak, misdadigers het tot inkeer gekom ens. Die Bybel se vernuwingkrag is slegs moontlik omdat dit die Woord van God is wat ons nie net leer om reg te leef nie, maar ook om reg te sterf. Geen mens leef verkeerd en sterf reg nie!

Die Bybel beskryf ook geskiedkundige gebeure in detail. Argeologiese opgrawings en ander geskrifte bevestig telkens die geskiedkundige korrektheid van die Bybel. Dit maak van die Bybel die besgedokumenteerde boek van die ou wêreld.

Let ook op die Bybelskrywers. Kyk na hul lewens. Daar is geen aanduidings dat hulle oneerlik of vals was nie. Talle van hulle het soos Paulus selfs vir hul geloofsoortuigings gesterf. Dit het hoofsaaklik oor hul verkondiging van Jesus se opstanding uit die dood gegaan. Die NT skrywers en honderde ander het geweet dat dit waar is. Paulus skryf aan die Korintiërs:

“Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het (1 Kor.15:6).

Hierdie mense het Jesus na sy opstanding gesien en ʼn tyd lank saam met Hom verkeer. Wat ʼn geweldige uitwerking het nie op hul lewens gehad nie! Waar hulle eers uit vrees vir vervolging vir die Joodse bloedhonde weggekruip het, was hulle nou gereed om daarvoor te sterf. Daarom dien hul lewe en dood as ʼn verdere bewys dat Bybel waarlik God se Woord is.

Nog ’n bewys dat die Bybel God se Woord is, is die onvernietigbaarheid daarvan. Jesus sê:

“Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie”(Mark.13:31).

Die Bybel het, meer as enige ander boek, talle pogings om dit te vernietig beleef en alles oorleef, vanaf vroeë Romeinse keisers tot by kommunistiese diktators. In die Middeleeue het die Roomse Kerk lidmate selfs vir ʼn tyd lank verbied om die Bybel te lees. Oortreders is vervolg. En ten spyte van alles bly die Bybel steeds die mees gedrukte en wydverspreide boek ter wêreld. Wat sê dit vir ons? Dis God se Woord!

Baie mense het kritiek teen die Bybel en sê dat dit oudtyds en onpraktiese is. Desondanks beïnvloed die Bybel al eeue lank die meeste van die mensdom se sedelike en staatkundige beginsels. Dis nog net so prakties as toe dit destyds geskryf is. Die positiewe invloed wat dit op die mensdom deur die eeue het, kan nie misgekyk word nie.

God se Woord is goeie nuus en raad. Die OT sê: So gesê en die NT: So gedaan. In ʼn neutedop sê die Bybel: God maak dit; Adam breek dit; Jesus herstel dit. God praat in die OT van siekte en gee in die Evangelie die geneesmiddel. Die voorskrif is aan almal bekend:

“...en die bloed van Jesus Christus. Sy Seun, reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7).

Ongelukkig doen baie mense enigiets met die Bybel behalwe om daarvolgens te leef. Ons moenie ontstel wees oor dinge wat ons nie in die Bybel verstaan nie, maar eerder oor die dinge wat ons wel verstaan, maar nie doen nie

Wie het die Bybel die nodigste? Hy wat dit nie wil lees nie. Daarenteen getuig ʼn Bybel wat uitmekaar val,van ʼn lewe wat nie uitmekaarval nie en stowwerige Bybel getuig van vuil lewens. Die Bybel is God se liefdesbrief aan sy kinders. Wie niks daarvan verstaan nie, lees besmoontlik iemand anders se pos!

Mense sê maklik dat God niks vir hulle sê nie. Die vraag is: Hoe kan Hy met mense praat wie se Bybels toe bly? En as Hy deur sy Woord op sekere tone trap, is dit omdat daardie voete in die verkeerde rigting loop.

Die geloofwaardigheid en toepaslikheid van die Bybel sal nooit eindig nie. Die akkuraatheidvan die Bybel wat ten spyte van duisende aanvalle daarop behoue gebly het, is ’n laaste bewys dat die Bybel waarlik God se Woord is. Dit is dus geen verrassing dat dit alle aanvalle telkens oorleef het nie. Jesus het dit voorsien:

“Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie”.

Wat beteken die Bybel vir jou persoonlik? Die gesegde lui dat ʼn mens nie van brood alleen kan leef nie,   Jy kan - indien dit die Brood van die Lewe is!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 917 gaste aanlyn