NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak.  Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).

ALLES WERK TEN GOEDE

Ds Andrè vd Berg

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).                              

Jare gelede vertel ʼn boer van die Sederberge my van sy dogter wat in Japan sendingwerk gedoen en eenmaal in vier jaar huistoe gekom het. Haar broer in Kaapstad het haar dan plaastoe geneem. So kom dit toe dat sy net voor Kersfees 1987 sou kom. Dinge verander toe so gunstig, dat sy einde November kon kom.

Sy reël toe met haar broer om haar vroeër te kry, maar hou dit vir haar ouers as ʼn verrassing.  Die dag van haar vlug was daar ʼn verkeersknoop op pad lughawe toe. Toe die huurmotor uiteindelik by die lughawe kom, moes sy teleurgesteld sien hoe die Boeing opstyg – die Helderberg SAL 295.   Eers die geweldige teleurstelling en daarna ontsettende dankbaarheid want sy is sodoende van ʼn gewisse dood gered!

 

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).                              

As ons self ons lewe kon inrig, sou dit anders as die huidige een lyk.   Dit sou vol vrede, vreugde en voorspoed wees.   Ongelukkig werk dit nie so nie. Ons is op aarde met sy dorings en distels, kommer en sorge, teleurstellings en verrassings, siekte en dood, leuens en verraad. Ons het lus om in hierdie staatkundige warboel te vra: “Wie is dan goed?”

In ʼn krisisuur kan ʼn skynbaar eerlike staatsman sy volk verraai, ʼn familielid jou skade berokken of jou beste vriend jou in die rug steek.   Ps.146 se beryming lui:

Moet op prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind – op die mens jou hoop nie bou nie....”

Net God is waarlik goed. Sondaars struikel gereeld. Petrus wat na aan Jesus was, het Hom dan in die krisisuur verraai!

God is waarlik goed en laat goeie dinge op die weg van sy kinders kom soos daardie sendeling wat haar vlug moes verpas het. As sekere wonderlike dinge met ons gebeur, besef ons dat dit net God kon wees.

Jesus sê by geleentheid vir die dissipels:

“ ... Gooi die net aan die regterkant van die skuit .... Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie. Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .....”(Joh.21:7).

In die lig van God se onuitputlike goedheid sê Jesus in die Bergpredikasie vir gelowiges om hulle nie oor die toekoms te bekommer nie. God sorg vir diere en plante.   Mense is baie meer werd. Desondanks glo baie mense aan die noodlot; ʼn onsigbare bose krag wat mense van die goeie in die lewe beroof. Die Bybel sê dat alle dinge uit God, deur God en tot God is en geen toeval of noodlot nie. God beheer alles wat op aarde gebeur.

En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee” (Efes.1:22)

God hou die natuur in stand.:

“...want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape ... en in Hom hou alle dinge stand” (Kol.1:16,17).

Daarom wil Hy gelowiges help om reg te leef. Ons moet egter nooit vergeet dat ons sondaars is en in ʼn gebroke bestel leef nie en ons planne nie altyd uitwerk soos wat ons hoop nie.   God is ʼn planmatige God wat die regte pad ken, en ons daarop sal lei, al moet ons rowwe paaie betree.

God het selfs sy eie Seun die rofste pad denkbaar laat gaan om ons met Hom te versoen. Hy het soos ʼn misdadiger gesterf. God was by magte om dit te keer soos wat Hy Abraham gekeer het om Isak te offer. Hy het dit nie gekeer nie om só vir ons versoening vir sondes te verkry.

Op daardie onvergeetlike Vrydag is die grootste misdaad van alle tye in Jerusalem gepleeg. Die kerklui en skare se hande het van onskuldige bloed gedrup. Desondanks het God verlossing daaruit laat vloei.

“...en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde” ( 1 Joh.1:7).

God beheer alles op aarde; die lot van die wêreld, dié van volke en van enkelinge.

Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon” (Ps.24:1).

Let op ons volksgeskiedenis. Die buiteland het 180 jaar gelede geglo dat die Voortrekkers uitgewis is en van die toneel gaan verdwyn. God het ʼn ander plan met die temmers van die oerwoud gehad want uit die Groot Trek is die Boerevolk gebore.  

Toe God hierdie volk van die Kaap tot by die Zambezi een volk wou maak, het daar oorlog in die Transvaal en Vrystaat se republieke gekom en het hulle hul onafhanklikheid verloor om een volk te word - alles deel van God se plan.Niemand ry sy plan in die wiele nie!

Ons volk word weereens gelouter. God is nie klaar met ons nie. Party-politiek het ons uitmekaar geskeur. God is tans besig om ons ten spyte van onreg, haat, vervolging, verdrukking en epidemies aanmekaar te heg. Die oond word baie warm gemaak want die stene vir die toekomstige gebou moet baie hard wees.

Ongelukkig sien baie volksgenote dit nie so in nie en glo dat God Hom van ons onttrek het - ons verdiende loon!   Daarom verval hulle van die ware geloof, raak kerklos of beland op dwaalspore. Dit het met oud-Israel gebeur.

So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie...” (Jer.10:2).  

Paulus sê in die teksvers dat God vir gelowiges alles ten goede laat gebeur. Hy skryf vir die gelowiges in Rome; ʼn stad van kontraste. Dit het pragtige argitektuur, beelde en kunsskatte gehad, maar was ook berug vir verregaande sedeloosheid, boosheid en keiserverering.

Dis maklik om die geloof in ʼn godvresende milieu uit te leef. Om dit in Rome te moes doen, was doodsake en gelowiges genoodsaak om ondergrond te gaan en ʼn katakombe-lewe te lei.   Daarom was Paulus so lief vir die plaaslike gelowiges. Dit was mense met geloofsbeginsels!

Sommige van die mense wat destyds by die gemeente in Rome aangesluit het, het teruggespring toe hulle die wind van voor kry. Dit was alles deel van God se siftingsmetode. Ongelowiges het uitgeval en ware gelowiges sterker geword. Dit laat ʼn mens aan Daniël se uitleg van die hand aan die muur dink:

“...u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind” (Dan.5:27).

God sif die kerk vandag meer as ooit. Die valse kerk word al hoe groter en die ware een al kleiner. Die valse kerk ontspoor toenemend terwyl die ware een suiwerder word. Daarom loop ons lewenspad gereeld oor rowwe terrein. Ons sien hoogstens soos ʼn spieël in ʼn raaisel. God het die geheelbeeld. Ons moet Hom met ons lewens vertrou.

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).                              

Gelowiges is anders as die wêreld. Het jy al van iemand gehoor wat deur siekte gesond geword het? Christene is sulke mense. Baie het al in hul fisiese krankheid geestelik sterker geword. Christene word selfs ryk deur hul verliese. Hulle staan op nadat hulle geval het en ervaar lewensvervulling as hulle leeg van hulself word. As die slegte dinge gelowiges so goed kan doen, dink net wat die goeie nie aan hulle doen nie!

Ons leef in ʼn onregbedeling waar God en sy gebod niks tel en kerke die einde van hul ontsporing nie ken nie. Moenie mismoedig raak nie. God sal sy plan met ons deurvoer en die onregskeppers op sy tyd verwyder. Alles gaan ten goede uitwerk.

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak: (Spr.3:6).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 716 gaste aanlyn