NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om te troos beteken nie om pyn weg te neem nie, maar om daar te wees en te sê: Jy is nie alleen nie, ek is by jou, saam kan ons jou las dra; moenie bang wees nie.

HOMO- SEKSUALISME

’n Oorlogsverklaring teen die huwelik

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

Die verwording van die mensdom besmet alle fasette van die lewe. Terwyl wetenskaplikes naarstiglik na ʼn homoseks-geen soek om homoseksualisme mee te probeer regverdig, beskerm wetgewers gruwelgeeste met misplaaste regte. Die vermaaklikheidbedryf talm ook nie met homoseksuele karakters nie. Specter, ʼn homoseksuele polisiebeampte, is die nuutste homoseksuele karakter in die Walt Disney rolprent Onward. Verder is elke TV-sepie deesdae besoedel met sy deel van homoseksuele karakters wat “geliefde” rolle vertolk sodat kykers daarmee kan identifiseer.

Geen sonde kry soveel blootstelling as homoseksualisme nie. Dis alles pogings om ʼn verworde leefstyl in mense se kele af te druk. Tragies genoeg regverdig talle hoofstroomkerke dit selfs met skeefgetrekte Skrifverklarings.

1. Wederstrewig

Homoseksueles wat hul maskers laat sak, word dikwels aan ʼn misplaaste trots geëien. Pienk karnavalle met duisende skaamtelose optoggangers bevestig dit in alle tale. Sulke misplaaste trots was juis die oorsaak van God se verwoesting van Sodom en Gomorra (Gen.19)!

Die Boerevolk het vir baie lank ʼn wonderlike verhouding met God gehad en geseënde tye beleef. Hierdie verhouding is egter verbreek toe diegene wat leiding moes gee, ongehoorsaam was aan God se Woord en wederstrewig geword het. Jesus sê by geleentheid vir die wederstrewiges in Kapernaüm:

“En jy, Kapernaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou” (Mt.11:23,24).

2. Ommekeer

Die sedelike verval in ons land is deur skerp afnames in kerkbywonings vooraf gegaan. Mense het so ʼn weersin in die tradisionele gang van sake gekry, dat iets moes ingee. Die kerk moes of by die tyd aanpas of die bus verpas. Sy het verkeerd gekies, van haar geestelike waardes ontslae geraak, na die nuwe geslag uitgereik en homoseksualisme dienooreenkomstig ontsondig.

Die kerk het ook in die verlede na homoseksueles uitgereik, maar met ʼn baie groot verskil - om hulle van ʼn lewe van ellende en ʼn ewige verdoemenis te probeer red. Kerklui het na hulle uitgereik in ʼn poging om daardie deel van die samelewing wat die pad byster geraak het, te help om dit weer te vind.

Daarna het dinge ingrypend verander. Gemeenskapnorme is bo die Bybel verhef!   Ontspoorde kerklui het mense probeer oortuig dat homoseksualisme aanvaarbare gedrag is. Jesus waarsku baie ernstig hierteen:

En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (Mark.7:9).

3. Gesinslewe

Homoseksualisme is ʼn oorlogsverklaring teen God se samelewingsontwerp. Om dit te verstaan, moet God se doel met ʼn gesinslewe verstaan word.   Daarna kan geen gelowige ʼn goeie woord vir homoseksualisme hê nie.   Die voordele van die huwelik is vir mans, vroue, kinders en samelewings van onskatbare waarde. Die nadele van ʼn beëindiging daarvan is legio!

ʼn Gesonde huwelik is vir kinders goud werd. Om saam met beide biologiese ouers onder een dak groot te word, gee hulle ʼn voorsprong in die lewe. Dit bevorder hul veiligheid, verstandelike vermoë, stoflike welstand, selfbeeld en inskakeling by wetsgehoorsame gemeenskappe.

Homoseksualisme daarenteen swaai 180 grade weg van sulke vastigheid en is alle pogings om die verskil tussen man en vrou in die huwelik uit te wis, van Satan. Satan is nie verniet die Hebreeuse woord vir teenstander nie!

Die huwelik is nie bloot ʼn goeie tradisie soos wat sommige mense glo nie, maar ʼn goddelike instelling wat met die skepping van die mens begin het. God het dit vir ʼn bepaalde doel ontwerp om ʼn belangrike funksie te vervul. Hierdie wette is net soos die fisiese natuurwette volstrek en mag nie verbreek word nie. Enige verbreking daarvan het hartseer gevolge.

ʼn Gesin kan slegs uit ʼn huwelik tussen man en vrou ontstaan en gevoed word. God gee in sy Woord talle riglyne en wette waarvolgens kinders opgevoed moet word.  Die wyse waarop God man en vrou, die huwelik en kinders ʼn gesinseenheid ontwerp het, is ʼn natuurlike struktuur. Ander huwelikstrukture is onnatuurlik en vir God ʼn aanstoot!

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe...En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: (Rom.1:26-28).

Slot

Die ontsondiging van homoseksualisme is ʼn hartseer hoofstuk in die kerkgeskiedenis. Om mense die dood vir die lewe te laat aansien, skreeu ten hemele. Ongelukkig verrig mense geen boosheid so gelate as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging geneem is nie. Ongeag wat mense sê, is en bly homoseksualisme ʼn oorlogsverklaring teen God se gesinsontwerpwat tot gemeenskapsverbrokkeling lei!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 652 gaste aanlyn