NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos.   Oral waar daar chaos heers, regeer Satan.   Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie.  Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – nou veel meer as 60 moorde per dag!

AS JOU SKADUWEE JOU VERLAAT

Beproewing bring genesing

Ds A.E. van den Berg

“Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my” (Ps.23:4).

Skaduwees verdwyn met die donker en keer met die lig terug. Dis ook hoe dit in die lewe gaan. Die lewe is soos ʼn klavier met wit en swart note; vreugdes en beproewings en beide noodsaaklik vir die musiek van die lewe.

Al kan gelowiges nie altyd keer wat met hulle gebeur nie, kan hulle wel verhoed dat beproewings nie hul geestes gesondheid skaad nie. Christus het immers nie na die aarde gekom om sy kinders se leed weg te neem nie, maar om hul lewens met sy teenwoordigheid te vul. Hy is in die lig sowel as in skaduwees met ons:

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen(Mt.28:20).

God beproef dikwels sy kinders om hulle vir groot dinge in die lewe voor te berei. Sommige moet soms eers ʼn laagtepunt in hul lewe bereik voordat hulle ʼn les leer wat hulle andersins nie sou leer nie. Daarom val dinge vir hulle soms eers uitmekaar voordat dit in plek val. Jona is ʼn voorbeeld hiervan. Hy moes byvoorbeeld eers in ʼn groot vis beland voordat hy na God geluister en die heidene na wie God hom getuur het, hul bekeer het:

 

En Jona het ... gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes. En die manne van Ninevé het God geglo en ’n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee” (Jona 3:4,5).

God laat gelowiges nooit in diep waters beland om hulle te vernietig nie, maar om hul lewens reg te ruk. Baie mense ontdek deur die vergrootglas van beproewing wie hulle werklik is en waarmee hulle besig is. Daarvoor moet hul God dank want daarsonder sou hulle nooit hul geesteskragte leer ken het nie.

God dwing gelowiges dikwels tot stilstand om sy doel met hulle raak te sien. En as die donker opklaar, ontdek hulle soos ʼn Elia van ouds dat hul skaduwee terug is en God ʼn nuwe begin met hulle maak:

“ ... maar self het hy ’n dagreis ver die woestyn ingegaan en ... gewens dat hy mag sterwe. Daarop gaan hy lê en raak onder ’n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ’n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!.... Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb” (1 Kon.19:4-8).

Jesus het by geleentheid ʼn storm op die see stilgemaak. Soms wek Hy ook storms op om gelowiges stil te maak! God hou hulle egter vas en louter hul geloof. Hy is soos ʼn violis wat die snare van sy instrument styf draai om die beste klank te verkry; nie om dit te breek nie.

Beproewing vertroebel nie noodwendig gelowiges se geestespad nie, maar verhelder dit. Daarom spoel God die oë van sy kinders dikwels met trane uit sodat hulle Hom as hul hemelse Vader duideliker raaksien. Buitendien sal geen siel ʼn reënboog hê as daar nie trane is nie!

Geen gelowige kan die dagbreek tegemoet stap as hy nie deur die nag kan reis nie. God hou hulle op hierdie reis vas. En waar die pad klipperig word, voorsien Hy hulle van die regte skoene daarvoor. Gevolglik is dit nie die lewensvrag wat mense in beproewing onder kry nie, maar die wyse waarop dit gedra word - met of sonder God.

Gelowiges is soos ʼn boom wat storms trotseer om hul geloofsstandvastigheid te toon. Dit as sulks maak van beproewing ʼn goeie leermeester. Ongelukkig leer baie mense nie daaruit nie en word hulle bitter in plaas van beter omdat hulle glo dat die noodlot hulle teister. Nee, God skud mense net wakker om na Hom te vlug. Daarom is elke beproewing wat ʼn lewe verander, ʼn bedekte seën.

Om groot hoogtes te bereik, moet gelowiges ook groot dieptes kan hanteer. Daarom hang God soms swaar gewigte aan dun draadjies waarna eenvoudige mense buitengewone dinge doen. Elke mooi vaas kom uit ʼn pottebakker se oond!

Die rofste lewenspad neem gelowiges dikwels na die mooiste plekke. Job moes onder die gewig van sy 10 kinders se dood en die verlies van al sy besittings op een dag geswig het. Hy het nie. Sy geloof het hom gered waarna God sy pad van beproewing na ʼn paleis van heerlikheid gelei het:

En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin...” (Job.42:12).

Dieptes leer sondaars dikwels lesse wat hulle nooit op die hoogtes sou leer nie. Lewensstorms waai baie mense in die regte rigting. Sommige se lewensboot moet eers op die rotse beland voordat hulle Hom as die Rots van die eeue leer ken.

Laat ons geloof in tye van beproewing die hoogwatermerk van ons vertroue in God toon omdat ons geen beproewing het waarvan Jesus nie weet nie. Laat ons eerder saam met Hom in beproewing as sonder Hom in voorspoed wees!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 705 gaste aanlyn