NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die meeste mense verkeer in angs as hulle dink dat hulle hul geliefdes aan die dood moet afgee. Natuurlik laat die dood van 'n naasbestaande 'n groot leemte; maar het jy al só daaroor gedink: om my seun of dogter of eggenote aan die dood af te gee - God het alreeds ter wille van mý daardie pyn en angs verduur – ons hoef dit nie só te ervaar nie! Hy het sy eie Seun aan 'n kruisdood afgegee, 'n veel aakliger dood as meeste van ons. En dan wag nog die blye weersiens in die hiernamaals waar ons weer ons geliefdes sal sien.

DAAR IS NOG PLEK

Ds A.E. vd Berg

“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek” (Luk.14:22).                                  

Dit was onlangs Kersfees en min dinge so aangenaam soos ʼn Kersete saam met vriende of familie. Dis ʼn tradisie om op Kersdag saam met mense wat na aan jou is, te kuier al is dit ook elke jaar dieselfde persone.

Christus het dikwels gelykenisse vertel om mense by wyse van verhale dinge van die Koninkryk van God te leer. Verhale steek makliker by mense vas as feite.   In die Gelykenis van die Groot Maaltyd is God die gasheer en vasbeslote om almal wat honger is na sy tafel te nooi.   Die gelykenis roep sondaars tot redding op.   Jesus is so gretig om sondaars met sy liefde, Woord en vergifnis te voed, dat Hy hulle byna wil dwing om aan te sit.

Jesus se reddingsuitnodiging word met ʼn deftige feesmaal vergelyk. Wanneer Lukas in hoofstuk 14 oor God se groot ete skryf, laat dit ʼn mens onwillekeurig aan ʼn Kersete dink omdat hierdie ete baie raakpunte met ʼn Kersmaal het. Lukas skryf van die beplanning, genooide gaste, deeglike voorbereiding en die smaaklike ete self. Dit klink amper soos ʼn Kersete.

 

Volgens die ou gebruik is uitnodigings om ʼn feesmaal by te woon, weke vooruit gedoen. Mense wat genooi is, moes skriftelik laat weet of hulle die uitnodiging aanvaar of nie.   Sodra die fees gereed was, het die diensknegte van die gasheer uitgegaan om hulle wat aanvaar het, aan te sê om nader te staan.

Jesus vertel in hierdie gelykenis dat toe die gaste vir die maaltyd moes begin opdaag, almal ʼn verskoning gehad het om nie te kom nie. Ten spyte van die uitnodigings en die moeisame voorbereiding het niemand opgedaag nie.   Dit was slegte nuus vir die gasheer. Geen wonder dat hy kwaad geword en daarna al die vreemdelinge van die omgewing genooi het nie: “... Gaan gou uit in die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in”. En hulle het gekom; sommer baie ook.

Hoe anders het hierdie feesgangers nie gelyk nie! Hulle was nie deftig geklee nie. Hulle kon waarskynlik ook nie lekker met mekaar gesels nie want aan die tafel was ontwrigte, sieklike, gebreklike en armlastige mense wat nie geweet het waar hul volgende maaltyd vandaan sou kom nie. Die verbysterende was dat daar vir almal plek was. Daar kon selfs meer gekom het. Want die dienskneg sê vir sy baas:“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek”.

Die armlastiges was ontsettend bly oor die uitnodiging want hulle was honger. In Joh.6:35 sê Jesus: “... Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie”. Die deur na die hemelse eetsaal staan vir almal oop en alles is gratis. Dis ʼn baie ou uitnodiging: “O, almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!” (Jes.55:1).

God wil almal voed en nooi mense wat mekaar glad nie ken nie; mense wat nie volmaak is nie en selfs geheel van mekaar verskil. Sy uitnodigingslys bevat nie juis ʼn lys van mense wat ons vir ʼn feesgeleentheid sou opstel nie! Sy feesmaal het geen raakpunte met ʼn feestelike ete wat ʼn hegte aangeleentheid is nie. Dis vir ʼn baie breër familie bedoel nl. dié van God. “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder” (Mt.12:50).

Hierdie gelykenis handel oor die kosbare uitnodiging om na die etenstafel van redding te kom. Kyk ʼn bietjie wat alles op die tafel is - skottels vol vergifnis, skinkborde vol genade, bakke vol vreugde en borde vol liefde. Wat ʼn ete en vreugde om Jesus as Gasheer en Verlosser te kan ken!

Jesus se uitnodiging is eenvoudig – kom. Kom is een van die wonderlikste woorde in die Bybel. Jesus sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is...” (Mt.11:28). Sy uitnodiging staan vas. Hy trek dit nie terug nie: “... Kom, want alles is nou gereed” (Luk.14:17).

Ons gaan die hiernamaals saam met mense deurbring wat ons glad nie ken nie. Dit sal so anders as bv. ʼn Kersmaal, nie ʼn tradisionele gesinsmaaltyd wees nie, maar ʼn bruilofsmaaltyd van verlostes saam met Christus in die Nuwe Jerusalem: “... salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam...” (Openb.19:9).

Die teksvers sê iets belangrik: “... en daar is nog plek”.  God wag deur die eeue vir nog gaste om aan te sluit. Jesus gaan weer kom, maar nie voordat al die plekke aan die tafel gevul is nie.   Hierdie feesmaal duur al eeue lank. Dis nie ʼn eenmalige enkelsitplek geleentheid nie, maar ʼn nimmereindigende hemelse buffet-ete.  Die maaltyd is altyd daar; so ook die gasheer!

Die gelykenis skets ʼn maaltyd sonder einde; almal kan kom. Aan God se tafel van genade is daar altyd plek. So anders as ʼn Kersete wat daarna net ʼn goeie herinnering met ʼn yskas vol oorskietkos is, kry God se maaltyd geen einde nie.

Hoe kom ʼn mens by die feeslokaal in en gaan jy aan die tafel sit?   Deur bekering waarvoor jy ʼn deur moet oopmaak; dié van jou hart: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openb.3:20).  

Wie die deur van sy hart vir Jesus sluit, sluit homself uit die ewige maaltyd. En dit gebeur met die meeste mense, selfs met godsdienstige mense wat glo dat vormgodsdiens genoegsaam vir redding is. Jesus sê in die Gelykenis van die Maagde vir hulle: “... Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie” (Mt.25:12).

Is jy aan Jesus se tafel? Geniet jy dit? God wil dat alle mense moet aansit; ʼn   uitnodiging waarvan die OT ook melding maak: “Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” (Eseg.33:11).

God het, deur sy Seun te stuur om vir ons sonde te sterf, alreeds alles gedoen wat vir ons redding nodig is. Sy vernedering, lyding, dood en opstanding, ja, alles beklemtoon die uitnodiging: “... Kom, want alles is nou gereed”. Die uitnodiging is ernstig – kom nou en moenie uitstel nie! Paulus skryf: “... Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is dit die dag van heil” (2 Kor.6:2).

God se genade is groot. Dit sluit selfs mense in wat niemand anders sou wou nooi nie. “... Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God” (Mt.21:31). Mattheus was ʼn tollenaar. So ook Saggeus. Ragab en Maria Magdalena was eers prostitute; almal mense wat die uitnodiging aanvaar het.  

Daar gaan mense in die hemel wees wat ons nie daar verwag het nie. Daar gaan egter ook mense ontbreek wat ons wel daar verwag het; diegene wat slegs die gedaante van godsaligheid gehad het.   Almal wat die uitnodiging na God se feesmaal van die hand wys, ontbreek in die hemel.

Wat ʼn vreugde om deur die bekering aan God se groot feestafel aan te sit!   Die uitnodiging is universeel – dit kom na almal. Ongelukkig wys die meeste mense dit van die hand en loop hulle deur die lewe met ʼn grafsteen onder die een arm en ʼn doodskis onder die ander. Nee, om Jesus se uitnodiging te aanvaar, is ʼn fees en nie ʼn begrafnis nie!

Wat doen jy met God se uitnodiging? As jy dit aanvaar, word jy deel van die ewige fees in die hemel. As jy dit nie aanvaar nie word jy deel van ʼn ewige begrafnis in die hel.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1468 gaste aanlyn