NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Woorde van wyse manne,wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase – Prediker 9

NUWEJAARS- BOODSKAP

Ds Andrè vd Berg

Koopbriewe

“So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ’n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan” (Jer.32:14).

Min dinge is so onaangenaam as onsekerheid. Dit belemmer jou gemoed. Dis soos met ʼn moeilike eksamen; jy gaan net-net gaan slaag of net-net druip. Jy weet nie. Of jy belê geld teen hoë risiko en jy weet nie of jy gaan verloor nie.

Die ergste onsekerheid is om onseker oor jou toekoms te wees. Dit ontneem mense van hoop soos met die Judeërs eeue gelede. Ek verplaas u na die jaar 587vC. Berigte stroom in dat Juda deur Babiloniërs ingeval is. Die bloedspoor wat hulle agterlaat, word al groter en hulle is op pad na Jerusalem!

Juda se die dominees lieg vir die mense en sê dat God die stad nooit sal laat inneem nie want die tempel staan daar as simbool van God se setel op aarde. Al die mense word egter nie aan die neus gelei nie; mense is doodbang. Wie kan hul red? Kan die dominees of koning om God om hulp vra nie? Nee, want God sal nie na hulle luister nie. Die koning is ongelowig en die dominees misleiers.

Koning Sedekia het hom nie aan God se waarskuwings deur die profeet Jeremia gesteur nie. Jeremia het Juda telkens gewaarsku dat God hulle gaan straf. Die koning en dominees het hom as ʼn alarmmaker afgemaak, maar nie al die mense nie. Sy waarskuwings het hulle so mismoedig gemaak, dat Sedekia hom in ʼn modder-put laat gooi het net om hom uit die pad te kry en stil te maak.

God straf nie net sekere mense nie maar ook volke. Die uurglas het vir Juda uitgeloop. God het deur profete by Juda gepleit om hul te bekeer: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol” (Jes.1:18). Na meer as 250 jaar se ongehoorsaamheid het God genoeg gehad. Hy sou die Babiloniërs as ʼn tugroede in sy hand teen Juda gebruik!

Dis mooi om ʼn leërpeloton in gelid te sien marsjeer. As een uit pas is, kom die bevel: “Kom in pas!”En dis wat met Juda gebeur het – hulle was uit pas met God. Daarom het God profete gestuur om hulle te sê dat hulle uit pas is. Juda het hulle nie daaraan gesteur nie en uit pas bly marsjeer want wie is God om vir hulle te sê hoe om te marsjeer? Hulle sou spoedig uitvind!

Jeremia was in ʼn moeilike situasie. Hy was ook ʼn Judeër. Sy lot was met dié van sy volk verweef. Hy het ook God se straf aan sy eie lyf gevoel. Wat doen ʼn gelowige as God sy volksgenote straf? Hy gaan aan om as gelowige met hoop op die toekoms te leef. God help gelowiges daarmee. Daarvan kon Jeremia getuig!

Terwyl hy in aanhouding was, stuur God sy neef na hom met die versoek om ʼn stuk grond van hom te koop. Die eiendomsmark in Juda was morsdood want niemand sou onder sulke omstandighede waag om eiendom te koop nie. Die vyand sou dit buitendien buit; onteiening sonder vergoeding!

Waarom het Jeremia tog die grond gekoop? Dit was nie tyd vir ʼn winskoop nie. Hy doen dit in opdrag van God. God wou Jeremia en alle gelowiges daarna ʼn belangrike les leer. Moenie in sak en as gaan sit nie, gaan aan met jou daaglikse lewe. God is in beheer van die toekoms en nie die volksvyand nie.

Jeremia se koopkontrak moet lank hou. Daar sou ʼn tyd aanbreek dat dit sou lyk asof God sy volk afgeskryf het. Jeremia moes dan onthou dat daar ʼn kontrak in ʼn kleipot weggebêre is. God straf, maar wis nie uit nie. As Hy vir Juda wou uitwis. sou Hy die profeet nie die koopkontrak laat teken het nie. God straf, maar wis sy uitverkorenes nie uit nie al lyk die toekoms onseker.

In sulke omstandighede tree geloof in werking. Hebr.11 vertel van geloofshelde wat geestelike hoogtes bereik het omdat hulle geglo het. Noag is een van hulle. Hy het opdrag van God ontvang om meer as 500 km van die see af ʼn groot skip te bou. En hy begin bou. Mense spot hom, maar dit bring hom nie van stryk nie. Al waaraan hy vasgehou het, was God se opdrag. En dis die gelooftoets; jy voer God se opdrag uit al lyk dit onsinnig. Is dit nie maar dieselfde wat Jeremia met die stuk grond wat hy by sy neef gekoop het, gedoen het nie?

Abraham is ʼn verdere voorbeeld; ʼn man wat rustig geleef en toe ʼn opdrag van God ontvang het om na ʼn onbekende plek weg te trek. Dit was in ʼn tyd dat mense onbekende plekke liefs vermy het. Mense het nie eens geweet dat die aarde rond is nie! Jy kon op ʼn plek kom en oor ʼn ewige afgrond tuimel.

Wat het Abraham gedoen? Hy het God vir sy toekoms vertrou, opgepak en na adres onbekend verhuis. Dis presies dieselfde taal as Jeremia se koopkontrak in die erdepot. Hoe anders sou Abraham kon weet dat hy diep spore in ʼn land sou trap wat eeue later deur sy nasate bewoon sou word? God was nog nie klaar met hom nie. Abraham ontvang later nog ʼn opdrag van God om sy enigste seun te gaan offer. En hy is gewillig. As God hom nie op no.99 gekeer het nie, het hy dit gedoen. God het sy geloof getoets en hy slaag met lof!

Hoe verder Abraham teen die opdraande van God se onbegryplike weë uitgesukkel het, hoe wyer uitsig het hy oor God se genade ontvang. God se weë het vir hom sin gemaak. ʼn Kalm see lewer nooit goeie matrose op nie, net rowwe water. Paulus kon hiervan getuig. As dit soms vir jou voel asof jou lewe uitmekaar val, laat God dit juis in plek val.

Jeremia se koopkontrak moes hou totdat die krisis verby was. Hierdie kontrak was ʼn simbool van God se belofte dat Hy nooit die werk van sy hande laat vaar nie. Hy straf maar herstel ook. Jeremia se kontrak is destyds ook regsgeldig gemaak. Vers 10 sê dat die kontrak voor getuies verseël en die geld afgeweeg is en in vers 11 dat dit: “volgens voorskrif en wetlike bepalings”gedoen is.

So is dit ook met al God se beloftes – dis nie leë beloftes in die geheim nie maar geskrewe sodat dit aan die geskiedenis getoets kan word. God was nie aan Noag of Abraham ontrou toe Hy hulle dinge laat doen het wat hulle nie verstaan het nie. Die geskiedenis staaf God se getrouheid.

Daar is groot onsekerheid en vertwyfeling in die gemoed oor die toekoms van ons land. Wat gaan jy doen? Gaan aan met jou lewe. Moenie dat iets jou van stryk bring nie. Dis die boodskap van die koopkontrak in die kleipot – gaan aan; glo en weet dat God die heidense duisternis aan die suidpunt van Afrika nie onbepaald sal duld nie. Hy straf maar wis nie uit nie. Hy luister na sy kinders.

Die Hebreërbriefskrywer sê waarom mense soos Noag en Abraham geloofshelde geword? OMDAT HULLE GEGLO HET. Toe God hulle opdrag gee, het hulle onmiddellik daarop reageer en nie gehuiwer nie. Wat van jou? Hoe lyk jou toekoms? Onthou: Elke môre het twee handvatsels - vrees en geloof. Jy kies watter een jy vat. Vertrou jou onbekende toekoms aan ʼn bekende God toe.

Ons weet nie wat die jaar vir ons gaan inhou nie. Al wat ons weet, is in Wie se hand die jaar is. Die toekoms behoort aan God en waar ek gaan, sal God by my wees, Die toekoms is so helder soos God se beloftes. Jeremia het dit ervaar. Na sy terugkeer uit die ballingskap is hy, danksy die kontrak in die erdepot, terug na sy grond. Ja, die toekoms is so helder soos God se beloftes!

God beskik vir ons elkeen ʼn kleipot. Wat gaan jy daarin sit? God se belofte van herstel of gaan jy jou telkens boeglam skrik vir heidene se dreigemente oor die toekoms?

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1156 gaste aanlyn