NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Paulus het ernstig gewaarsku dat die gemeente die eenheid van die kerk moet bewaar. In Efés 4 word dit duidelik dat daar 'n baie belangrike rede voor is: dit is in die kerk waar ons geloofslewe groei en volwasse word – en dit is wat ons standvastigheid gee. Kan diegene wat geen erg meer het aan die gemeenskap van die gelowiges nie met alle oortuiging sê dat hulle geloof en geestelike lewe aan die groei is – of kwyn dit onder u oë?

IS DAAR NOG IETS BETROUBAAR?

Ds A.E. vd Berg

Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word” (1Tim.4:9).  

“Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr.11:1).

Wat is vandag 100% betroubaar? Baie dinge wat al as betroubaar gereken is, was nie.   Dink aan beleggingskemas wat op die ou einde onbetroubaar was. Onbetroubaarheid het ook kerk en politiek besmet.Mense is mislei om die leuen vir die waarheid en die waarheid vir die leuen aan te sien!

Heidene is egter die onsekerste van alle mense. Hulle het duisende jare gelede al geglo dat die son opkom en die maan ’n sekere siklus voltooi waarvolgens hulle geplant en geoes het. Hulle het dit egter as geheimsinnige kragte gesien wat deur gode beheer is. Daarom is daar aan hulle offers vir die vrugbaarheid van plant en dier gebring om hulle te paai om voorspoed te verseker.

Niks het sedertdien verander nie. Luister hoe praat mense oor die lewe; alles is ’n waagstuk.  Dis bv. ’n dobbelspel om te boer.   Jy sit saad en kunsmis in die grond en hoop dat daar reën en ’n oes gaan wees.   So ook om te studeer. Dit  kos baie en dan is jy nie eens seker of jy in hierdie onreg-bedeling werk gaan kry nie. Die hele lewe is ’n dobbelspel. Karl Barth het gesê: Om in God te glo, is ’n sprong in die donker; komende van ’n teoloog!

Wat is dan betroubaar? Die Bybel? Baie teoloë bevraagteken dit deesdae en sê dat die OT net ’n samestelling van ou verhale is wat die Jode vir hul kinders om kampvure vertel het – mitologie.   Gevolglik moet die Bybel ontmitologiseer word. Die Bybel is nie die Woord van God nie, die Woord van God moet in die Bybel gesoek word; waarheid moet van verdigsel geskei word. Die probleem is: Wie besluit daaroor en wat bly oor? Watter waarborg het ons dat dit wat oorbly 100% betroubaar is?

Sekere teoloë sê bv. dat Paulus nie geweet het waarvan hy praat toe hy teen homoseksualisme geskryf het nie. Selfs die belydenisskrifte word as verouderde Calvinistiese idees afgemaak. Tutu het reeds in 1980 gesê dat hy nie aan die maagdelike geboorte van Jesus glo nie. Jesus was ’n doodgewone kind wat eers later in sy lewe van sy heilige roeping bewus geword het. Hy het ook nie werklik uit die dood opgestaan nie, maar slegs in die harte van die dissipels. Verskriklik, komende van ʼn gewese kerkleier! Wat is die gevolg van so ʼn verwronge siening? Dat Jesus nie God en ook nie Verlosser kan wees nie!

Die stroom van Skrif-kritiek word al hoe sterker en so tipies van ’n wêreld vir wie daar geen God, geen betroubare Woord, geen belydenis of iets is wat 100% vasstaan nie. Hulle wil God nie ken of iets oor Hom sê, behalwe as hulle verwonderd na asems snak of vloek nie; dan is sy Naam op miljoene lippe!

Hoe moet gelowiges die geloof behou as kerke ontspoor? Die antwoord lê in die woorde van Josua aan sy volk: “...maar ek en my huis, ons sal die Here dien” (Jos.24:15). Huisgesinne sal God baie sterker moet begin dien!

Wat godsdiens betref, het ons dit in die verlede te maklik gehad. Christendom is as’t ware met ’n lepel ingegee. Op skool was daar Bybel-periodes, Sondae is kerk en Sondagskool toe gegaan. Miskien was daar nie werklik honger na die Woord nie. So asof mense teë geraak het vir die Bybel, die kerk en sy dinge.

Christendom was te maklik bekombaar. Duisende Bybels het by skole in pakkamers stof lê en vergaar. In hospitale was daar ’n Bybel by elke bed. In elke dorp was daar ’n kerk of meer waar eredienste gehou is. Dis iets van die verlede. Vandag word amperse konserte aangebied om mense kerke toe te lok.

Gevoelsgodsdienste is aan die orde van die dag; kragtoertjies en kulkunsies die lot; alles om mense te vermaak. God se heiligheid en Bybelse standaarde word afwaarts getrek. Mense klim nie op na God toe nie, Hy word eerder neergehaal na die mens en sy giere toe.

Die aptyt wat volksgenote vir fop-godsdienste ontwikkel het, is ontstellend, veral as mense leuens as betroubare woorde beskou en selfs verdedig. Mense het tevrede geword met die skrale dieet wat gebied word; kleurryke poedings, maar met ’n hoofgereg wat so goed as geen geestelike kilojoules bevat nie.

Ons kan nie van ’n heidenstaat verwag om Christenwaarhede te bewaar nie.   Ons kan nie van eerbare kerke verwag om mense te dwing om die waarheid lief te kry as hulle ’n aptyt vir dwaalleer ontwikkel het nie. Kortom: Ons moenie van die staat of die kerk verwag om dit te doen wat onsself moet doen nie.

As ons nie self glo en ons geloof ernstig gaan uitleef nie, sal niemand dit vir ons doen nie.  Ons moet self sorg om op Sondae saam met medegelowiges na die Woord te kom luister. Ons moet die Bybel leer ken om kapsie teen dwaalleer te kan maak.   Ons moet sorg dat ons skole God en ons volkswaardes eerbiedig. Kortom: Ons moet as gesin die Here baie ernstiger dien!

Ek kan nie bewys dat God bestaan nie. Ek kan net glo dat Hy my Hemelse Vader is en wat kerk betref, mense bymekaarmaak wat bymekaar hoort. Geen kragtoertjies of kulkunsies kan my ooit oortuig om te glo dat ek in lewe en in sterwe aan God behoort nie. Net God kan my laat glo!

Niks kan my ooit oortuig dat dit wat in die Bybel staan, alles waar is nie. Jare gelede het ’n Jood ’n boek geskryf Die Klippe sal dit Uitroep. Hy het aan die hand van opgrawings probeer bewys dat die OT reg is. Ook dit as sodanig sal geen mens laat glo nie. Om werklik te glo, het ons die Heilige Gees nodig. Slegs die Gees kan my laat glo dat elke woord wat in die Bybel staan, waar en betroubaar is soos wat Paulus aan ’n jong Timoteus skryf.

As u my sou vra watter bewys ek het dat God bestaan en deur die Bybel met mense praat, sal ek eerlik moet antwoord dat ek geen bewys het nie.   As ek wetenskaplike bewyse vir God se bestaan en die betroubaarheid van sy Woord gehad het, was dit nie nodig om te glo nie, want dan was dit onbetwisbaar bewys. Maar nou glo ek omdat ek nie anders kan nie. God laat my glo en dis vir my meer as genoeg!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1173 gaste aanlyn