NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op hierdie laaste dag van die ou jaar wonder mense soms hoe hulle die nuwe jaar moet aanpak. Gelowiges doen dit sonder vrees – eerder met opgewondenheid en afwagting om te sien hoedat die Here ons gaan lei en bewaar. Want God het 'n verbond met sy kinders: Hy sal ons bewaar maar ons moet gehoorsaam wees. Omdat ons Hom verwag in sy wederkoms, leef ons ook in hoop en verwagting op die komende saligheid en vrees ons nie die toekoms nie; Hy is getrou!

ONSE VADER OF ONSE DAME?

Ds A.E. vd Berg

Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is....”(Mt.6:9)

In Parys in Frankryk is daar ʼn Middeleeuse katedraal wat meer as 900 jaar oud is en as ʼn Frans-Gotiese argitektoniese wonder beskou word. Dis in die 12 de eeu begin bou en na meer as ʼn eeu voltooi en met kunsskatte belaai. Alles aan hierdie gebou is fabelagtig behalwe aan wie dit opgedra is – ʼn oud-Babiloniese godin wat deur die Roomse Kerk (RK) met die Latynse naam Notre Dame (“Onse dame”) aanbid word.  

Tydens die presidensiële inhuldiging van pres. Trump het ʼn genooide kerkleiers by hierdie geleentheid in die openbaar gebid. ʼn Roomse kardinaal was eerste aan die beurt en het die land en president aan dié godin opgedra. Feitlik elke sin wat hy gebid het, is met die woorde “Onse dame” besmet. Die Protestantse voorbidders het by daardie geleentheid die land aan “Onse Vader” opgedra.

Niks onderskei Protestantisme van Roomse Katolisisme so skerp as tot wie gebid word nie. Protestante bid tot God “Ons Vader” en Roomse Katolieke tot ʼn heidense godin “Onse dame”.

Die Notre Dame godin-katedraal word jaarliks deur 12 miljoen mense besoek. Gedurende die nag van 19 April 2019 het die dak tydens herstelwerk vlam gevat en die plek gebrand. Miljoene mense het vir die behoud daarvan gebid waarna miljoene dollar vir die herstel van die afgodstempel wêreldwyd ingestroom het.  

Die Notre Dame staan op onheilige grond. Voordat Roomse Katolisisme in Frankryk gevestig is, het daar ʼn tempel vir Jupiter op dieselfde stuk grond gestaan. In 1323 verwys die skrywer Jean de Jandun na die Notre Dame as: “die mees glorieryke kerk van die mees glorieryke maagd Maria, moeder van God wat verdien om soos die son tussen die sterre uit te staan” (Treatise on the Praises of Paris). Die lasterlikheid hiervan skud gelowiges tot in hul siel!

Die vroeë Christenkerk het nooit ʼn probleem met Maria gehad totdat die RK haar as hemel-koningin gekroon het nie. Nêrens in die Bybel word sy tot dieselfde vlak as Jesus verhef of aanbid nie. Geen mens mag aanbid word nie!

Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoet gegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys. Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar ʼn mens” (Hand.10:25,26).

Nie eens ʼn engel mag aanbid word nie:

En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God (Openb.22:8,9).

Maria was slegs geseënd omdat sy Jesus gebaar het en niks meer nie. Daarom het die vroeë kerk geen Maria-verering geken nie.   Gelowiges sou dit beslis as afgodery verwerp het! Die Bybel weet van geen heilige moeder of koningin in die hemel nie; slegs die eertydse Babiloniese heidene. Daarom is Katolisisme niks anders as ʼn herlewing van die ou Babiloniese afgodsdiens nie wat in tye van afvalligheid selfs in Israel kop uitgesteek het: “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin... om My te terg” (Jer.7:18).

Tydens die verheerliking van Christus op die berg sê God: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ʼn welbehae het. Luister na Hom!” (Mt.17:5).   Die RK luister eerder na Maria en minag die Skrif opsetlik wat sê: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun…” (Heb.1:1).  

Om hierdie godin “moeder van God” te noem, is gruwelike laster. ʼn Moeder bestaan altyd voor haar kind. Daar was niemand voor God nie! Die RK keer in der waarheid die Bybelse orde om deur die persoon wat die Heilige Gees klein wil sien (Maria) te verhoog en die Persoon wat Hy groot wil maak (Jesus) te verlaag. Daarom verwerp gelowiges hierdie uitdrukking met alle veragting!

Protestante sal nooit die RK se afgodiese toewyding aan hierdie Babiloniese godin begryp nie. Daarvoor moet jy gebreinspoel wees! Kerklui bid, soos die kardinaal tydens Trump se inhuldiging, onbeskaamd tot haar. Komponiste soos Schubert het selfs die Ave Maria (gebed aan Maria) gekomponeer; een van die mooiste klassieke melodie met die lasterlikste woorde denkbaar!

Met hul Maria-verering verplaas die RK die ou Babiloniese hemelgodin van die een afgodiese sisteem na ʼn volgende een; presies dieselfde godin net met ʼn ander naam. Die aanbidding van Semiramis het destyds oral byval gevind. Openb. 17:2 meld dat nasies “dronk geword het van die wyn van haar hoerery”. In die tyd van Jeremia is sommige van Juda so deur Babiloniese afgodery meegevoer, dat God hom geroep het om hulle te gaan waarsku (Jer.44).

Afgodery was een van die redes waarom hulle in ballingskap weggevoer is. As God in die Wet sê dat Hy ʼn jaloerse God is, beteken dit dat Hy nie sy liefde met afgode laat deel nie; allermins nie met ʼn heidense godin soos wat die RK al eeue lank doen nie! En om te dink dat die meeste vooraanstaande Afrikaanse kerke via die ekumene gemene sake met die RK het!

Die RK het ʼn bedenklike voorgeskiedenis. Na die dood van Nebukadneser het Babilon se mag gekwyn waarna koning Kores (Persië) dit in 539v.C. verower het om wêreldheerser te word. Daarna het die Babiloniese priesters na Pergamus gevlug om hul afgodery voort te sit. Die fondament van die tempel wat hulle destyds daar vir Semiramis gebou het, is vandag nog te sien. Jesus skryf aan die gemeente in Pergamus: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is” (Openb.2:13).

Rome het aanvanklik geen skakeling met Pergamus gehad nie. Nadat dit by die Romeinse Ryk ingelyf is, het die keiser met die Babiloniese priesters se mag oor mense kennis gemaak.   Dit het hom geweldig beïndruk waarna die magte van die Babiloniese hoëpriester later aan hom oorgedra is en het die skakeling tussen Rome en Babilon ʼn paar eeue later ʼn gedrog gebaar het - Roomse Katolisisme.

Die RK was van meet af aan met afgodery deurspek wat met verloop van eeue toegeneem het. ʼn Amerikaanse teoloog wat Katolisisme vir bykans 20 jaar nagevors het, se bevinding was verrassend maar ook skrikwekkend. Slegs 18% van dit wat in die RK geleer word, is eg Bybels. Die res is uit die heidendom! Dank God vir Protestantisme se eenvoud, liefde vir die Woord van God en stryd vir die waarheid want dit laat ons nie tot Onse dame bid nie, maar tot onse Vader soos wat Jesus Self ons geleer het!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1150 gaste aanlyn