NG KERK, ADIEU!

ʼn Terugblik

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

Ek is in November 1977 deur die NG kerk op Stellenbosch gelegitimeer en daarna in ʼn Kaapse voorstedelike gemeente bevestig. Ek was van jongs af lief vir die Gereformeerde omdat dit Bybelsbegrond was.  Daarbenewens moes ek dit ook dikwels teen charismatiese familielede verdedig.

Ek het van meet af aan met lidmate in die bediening te doen gekry wat tot die gevoelsgodsdienste aangetrokke gevoel het. Om die Gereformeerde leer aan hulle te verduidelik was loutere vreugde. 

Alles het in die bediening het voor die wind gegaan totdat winde van verandering in die vroeë 1980s in die NG kerk begin waai het. Wat as ʼn ligte bries begin het, sou al hoe sterker word totdat dit orkaansterkte bereik het.

Die Wes-Kaapse Sinode van 1983 was vir my ʼn wrede ontnugtering.  Ek het besef dat die NG kerk gaan ontspoor en my toekoms sal raak. Ek het sake nie daar gelaat nie en met vrysinnige kerklui in ʼn polemiek in Die Kerkbode betrokke geraak in ʼn poging om kerklui te laat besin.  Alles tevergeefs!

Die kerk was deur magte groter as syself geskaak en kon derhalwe nie met teologiese reddingstoerusting gered word nie. Vooraanstaande kerklui het openlik met die volksvyand geheul, die kerk op ʼn syspoor rangeer en lidmate opsetlik in die duister gehou.

Gevolglik moes ek ʼn gewigte besluit neem.  Die trein waarop ek was, het vir goed van rigting verander en om in die gangetjie in die teenoorgestelde rigting te hardloop,sou niks help nie.  Ek moes afklim en ʼn ander trein haal.  

Hierdie trein het in Junie 1987 aangekom.  Talle ontnugterde NG leraars het saam met my opgeklim. Ek het my band met die NG Kerk sonder enige gewetenswroeging verbreek en leraar in die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) geword.  Die NG kerk was uit my uit; nie anders om nie!

Die AP kerk het dieselfde leer as dit waaraan ek tydens my voorstelling as lidmaat en later met my legitimasie trou beloof het.  Ek het nooit aan die naam van die kerk maar aan die leer trou beloof en alle leer wat daarvan afwyk, te verwerp.  Die AP kerk was ʼn nuwe etiket om ʼn ou produken die NG kerk ʼn ou etiket om ʼn vreemde, nuweproduk.

1.   Verwarring

Die NG kerk se oproep om vernuwing sonder ʼn duidelike omskrywing daarvan het talle lidmate verwar. Desondanks was die meerderheid nie besorg oor die uitverkoop van beproefde kerkwaardes nie, etikette vertrou en die kerkleiding blindelings gevolg.

Die ontsporing van die NG kerk was ʼn bewys dat die land op ʼn rampspoedige staatkundige prysgawe afgestuur het.  Koppe sou getel in plaas van geweeg word!   Die gevolge van onverantwoordelike demokrasie het die NG kerk min geskeel.  Sy het die volksvyand gehelp, kerklui as “agente vir verandering” ingespan en nog voor die Nasionale Party op die afskaffing van apartheid aangedring.  She jumped the gun” soos die Engelse sou sê.

Pas na die vrylating van Nelson Mandela het ʼn NG Sinode hom tydens ʼn vooraf beplande besoek “Laat Heer u seën op hom daal” toegesing.  Dit was knoeiery! Suid-Afrika sou nooit deur ʼn vyandige militêre mag tot oorgawe gedwing word nie.  Daarvoor moes die reuse masjien van kerklike verraad ingespan word.  Die NG kerk sou egter nie die mynveld wat sy help opstel het, vryspring nie!

2.  Hindernisse net voor my vertrek

Kort voor my vertrek uit die NG kerk het sekere dinge begin hinder.  Die kerk het haar in ʼn polities korrek vertrapte wêreld tuisgevoel en haar eie reëls sonder die nodige Skriftuurlike begronding begin maak.  Ek wys baie kortliks op drie daarvan.

2.1  Vrou in die amp

Die toelating van vroue in kerkampe was die NG kerk se regstellende aksie op feministe se aanklag dat die Christendom te man georiënteerd is. Die Bybel sê baie duidelik dat die kerkamp ʼn regeer-amp is en derhalwe net vir mans beskore  (1 Tim.2:12).  Paulus vergelyk Christus se hoofskap oor die kerk met dié van die man oor die vrou (Efes.5).   Tydens ʼn Sinode het wyle dr. Kosie Gericke sterk beswaar teen dié voorgestelde beleidsverandering gemaak en gesê dat sy teologiese spiere nie sulke spronge kon maak nie!  

2.2  Nuwe Bybelvertaling

Die NG kerk se ingebruikname van ʼn Rooms-georkestreerde Bybelvertaling in 1983 het my gehinder.   Hierdie vertaling het ʼn paar jaar tevore ‘n aanvang geneem nadat die Rooms Kerk (RK) Protestantse kerke daartoe beweeg het om ʼn gemeenskaplike Bybelvertaling aan die hand van Roomse grondteks-manuskripte die lig te laat sien.  Gevolglik het die Nuwe Afrikaanse Vertaling die goddelose aap uit die vrome mou gelaat- die NG kerk het gemene sake met die RK gehad!

2.3   Ekumene en sigbare kerkeenheid

Tydens my bediening het die kerk se geneentheid tot die internasionale strewe na sigbare kerkeenheid, ekumene genoem, my verontrus. Dit was ʼn wurgketting wat in Rome gesmee is om Protestantse kerke mee te verwurg.

Die rol wat ekumeniese inmenging gespeel het, om ʼn skrikbewind in die land te vestig, kan nie ontken word nie.  Die universele liefdes-evangelie van versoening en vergifnis het die NG kerk in ʼn horisontale versoeningsmanie laat tol waarna sy haar vir plaaslike strukturele kerkeenheid begin beywer het.  En so het die Belhar-belydenis soos ʼn onafgeskilde turksvy in haar vrugteslaai beland wat na etlike dekades nog steeds nie afgeskil kon word nie!

3.  Hindernisse na my vertrek

3.1  Kindernagmaal

Na my vertrek het die afwaartse spiraal waarin die NG kerk haar bevind het, spoed vermeerder. In 1998 is op ʼn Sinode besluit om die nagmaal ook aan kinders te bedien ongeag of openbare geloofsbelydenis afgelê is. Daarmee het die NG kerk ʼn streep deur die suiwere bediening van die sakramente, een van die drie kenmerke van ʼn ware kerk, getrek. 

Kindernagmaal is van meet af aan in die kerkgeskiedenis met dwaalleer verbind.   Daarom het die apostels en eerste leraars dit nooit bedien nie.  Dis ʼn dwaling in die verlossingsleer en suiwer Rooms. Die NG kerk beskou dit egter as “uitstaande skuld” wat vereffen is!

3.3  Vreemde liturgiese invloede

Die NG kerk se geneentheid met die RK word ook duidelik in die opkikkering van haar eredienste met Roomse tradisies en simbole gesien.  Dit word as ʼn verruiming van die Gereformeerde liturgie aangebied - oëverblindery!  Lidmate neem dikwels aan eredienste deel. “Geseënd is hy wat in die Naam van die Here kom” sê die leraar met Nagmaal waarop die gemeente met “Hosanna!” antwoord.   As hy sê: “Verhef julle harte” antwoord die gemeente: “Ons verhef dit tot die Here”.  Dis onbeskaamd Rooms!

Verder word Roomse liturgiese gebruike soos die Agnus Dei en Kyrie Eleison in talle NG kerke gehoor.   Van hierdie gemeentes gebruik selfs ʼn rooster en handleiding vir Skriflesing wat geheel met die Revised Common Lectionary van die RK ooreenstem. 

Daarbenewens spreek die viering van Roomse heilige dae en kerse wat by die doop, belydenisaflegging, huwelike en begrafnisse gebrand word, duidelik van die NG kerk se verraad teen Protestantisme as sulks! 

3.4 Charismatiese invloede

In haar versaking van die suiwere Gereformeerde leer, vind die NG kerk ook aansluiting by Charismate wat uit huis uit nooit met die eenvoudige Evangelieboodskap tevrede is nie.  Hulle soek gedurig na “nuwe” waarhede en wag soos branderplankryers altyd vir die volgende golf.  

Die NG kerk se “gemakliker” atmosfeer, slenterdrag, nuwerwetse musiek en koffiehuisatmosfeer getuig van sterk charismatiese beïnvloeding.   Heilige stemming en ordelikheid verdwyn.

3.5  Wêreldraad van Kerke

Een van die grootste hindernisse is die NG kerk se aanklank by die eenheidswêreldgees met die alle-paaie-lei-na-die hemel leuen.  Dit het haar in 2016 weer lid van die Wêreldraad van Kerke (WRK) laat word, ʼn ekumeniese organisasie met ʼn bedenklike geskiedenis van die ondermyning van staatsgesag. Geen gelowige kan in hierdie geselskap tuis voel nie.  Desondanks beskou die NG kerk haar toetrede as die herstel van ’n eertydse fout.

3.6 Woordgesag

Die NG kerk se bewustelike minagting van die waarheid van God se Woord lê aan die wortel van haar ontsporing.  Gevolglik het sy die gesag om ʼn morele koers vir die samelewing aan te dui, verloor en leer dinge wat lynreg in stryd met in die Bybel is sonder om die spreekwoordelike oog te knip.

Geen kerk durf die Satan se bose werk vir hom doen deur vir lidmate te sê: “Het God regtig so-en-so gesê?” nie. Dis allermins die kerk se roeping om lidmate se vertroue in die Skrif te ondermyn en het ʼn kerk wat nie na God se Woord luister nie, niks om vir mense te sê nie!

Slot

Ek het geen berou oor my verlating van die NG kerk nie.  As ek verkeerd was, sou die Heilige Gees my van sonde oortuig het.  Hy het nie. Al wat ek na al die jare steeds betreur, is blinde lojaliteit wat my volk van die waarheid vervreem en lamlê!