NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Doen goed – hoe jy ook al kan, waar jy ook al kan, wanneer jy ook al kan, aan soveel mense as wat jy kan, so lank as wat jy kan – John Wesley

MENSEREGTE OF DIE WET VAN GOD?

Ds Andrè vd Berg

“Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag” (Ps.119:97).

Ons hoor elke Sondag die Tien Gebooie, al is dit net ʼn samevatting daarvan. Watter nut het dit vandag? Dis ʼn riglyn uit die hemel wat mense leer hoe om reg te leef. God het die Tien Gebooie ongeveer 1500vC aan Moses gegee sodat gelowiges in die 10 heilige akkers daarvan vir die fyn goud van God se wil kan delf. Die 10 gebooie is 10 verpakkings van God se liefde vir ʼn goeie lewe: “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie” (Ps.25:4).

In die OT het priesters die Wet bestudeer en hul kommentaar daarop aangeteken wat die Tora genoem is. Mense is aan die hand hiervan van raad bedien.

Om die Wet te onderhou, was nie maklik nie: “Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou” (Ps.119:5). Dit het gelowiges egter nie ontmoedig nie.Omdat die Wet van hul hemelse Vader gekom het, is dit gekoester: “Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag” (Ps.119:97).

Die Wet het nooit uitgedien geraak en verval nie. Na 3,600 jaar koester gelowiges dit steeds, maar nie ongelowiges nie. Hulle het dit ʼn paar jaar gelede met ʼn ander riglyn vervang wat die mens verheerlik:

“Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word..... sodat hulle geen verontskuldiging het nie;omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens....”(Rom.1:19-22).

Hierdie nuwe riglyn staan as die Handves van Menseregte bekend en het bykans godsdiensstatus verkry. Dit aanvaar dat alle mense regte het; selfs hulle wat gruwels soos homoseksualisme bedryf en ongebore babas op aanvraag laat vermoor. Dit as sulks gee gelowiges ʼn weersin in hierdie Handves want dis nie van God nie maar baie duidelik van die Satan!

Wat sê die Bybel oor menseregte?   Niks nie! Dis nie ’n Bybelse begrip nie, maar ’n regsbegrip.   In die Bybel is daar geen woord wat regstreeks met regte vertaal kan word nie.   Die woord regsaak kom die naaste daaraan.

In Spreuke word koning Lemeul bv. aangesê om die regsaak van ellendiges te steun: “Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn” (Spr.32:8).   God sê in die tyd van Jeremia vir die volk Juda: ” Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie… ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie” (Jer.5:28).

In die Bybel word reg egter nooit as ’n hefboom gebruik om mag te verkry of om beheer oor mense uit te oefen nie soos wat tans wêreldwyd gebeur nie. Waar reg in die Bybel voorkom het dit uitsluitlik met goddelike opdragte te doen ten einde mense rustig te laat leef: “Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie” (Ps.119:165).

Daarom het God owerhededaar gestel: “Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy nie die mag vrees nie, doen wat goed is en jy sal lof van hom ontvang” (Rom.13:4).

Die Handves vir Menseregte bots trompop met die 10 gebooie want dit dien die skepsel bo die Skepper (Rom.1:25).   In die Bybelse tyd was die mensdom nie so mensgerig soos vandag nie.   Hulle het nie eens ’n primitiewe vorm van ’n Handves van Menseregte gehad nie. Al wat hulle gehad het, was die Wet van God om reg en geregtigheid te laat geskied. Wat God gesê het, was voldoende.

Hierdie verfoeilike Handves van Menseregte is in 1996 in die grondwet van Suid-Afrika opgeneem en omskryf sekere regte waarop burgers aanspraak kan maak. Dis suiwer mensgerigen sonder enige verwysing na Bybel omdat dit verantwoordelikhede verskans. Mense kan regte opeis sonder om noodsaaklike verantwoordelikhede te aanvaar. Dis musiek in die ore van ongelowiges!

Die Bybel swyg egter nie oor menseregte nie. Dit praat egter anders daaroor as ongelowiges wat glo dat mense met sekere onaantasbare regte gebore word.   Die Bybel ken aan die mens slegs regte toe wat God aan hom toeken – nie regte nie maar voorregte! Die mens is slegs waardig omdat God waardigheid aan hom toeken.   Hy durf nie enige regte of waardigheid aan homself toeken nie!

Die mens het as beelddraer van God menswaardigheid. Dis nie iets wat hy verwerf het nie, maar wat deur God aan hom verleen is (Ps.8). Daarbenewens praat die Bybel nie van regte nie maar van verpligtings. Feitlik elkeen van die Tien Gebooie begin met die woorde: “Jy mag nie….”Alles verpligtinge wat regte voorafgaan. “Jy mag nie doodslaan nie” sê dat ’n mens die reg op lewe het.  

Mense mag nie klem op menseregte lê ten einde verpligtinge te ontduik nie. Wie geen verpligting aanvaar en op regte aanspraak maak, is vermetel. Regte en verpligtinge is stalperde. Let maar op: Oral waar regte oorbeklemtoon en verpligtinge nagelaat word, loop dinge skeef.  

Mense besit nie regte bloot omdat hulle mense en nie diere is nie, maar omdat regte ’n geskenk van God is waarmee verantwoordelik omgegaan moet word. Regte het bepaalde perke.   Dit mag bv. nooit met die Wet bots nie.   Die sg. aanvraag na aborsie bots met die sesde gebod “Jy mag nie doodslaan nie”.

Toe die Handves van Menseregte in die nuwe grondwet opgeneem is, was dit kwansuis om onderlinge vrede te verseker. Dit was geheel onnodig. Daarvoor is daar die Tien Gebooie. Wie dit gehoorsaam, leef outomaties in vrede met mekaar.   Wie dit minag, leef soos in Suid-Afrika in gedurige vrees.

Suid-Afrika word nie meer aan die hand van die Skrif regeer nie, maar deur bose wetgewing wat gedurig aan die hand van die Handves van Menseregte getoets word.   Die Hooggeregshof het selfs die reg om bestaande wetgewing aan die hand van die Handves van Menseregte te toets en nietig te verklaar.  

As ʼn land deur regte en nie deur Bybelse riglyne regeer word nie, is daar geen keer aan die ellendevaart nie en kan die seuns van Lucifer hulle gate uit geniet. Kerke praat die heidene toenemend na die mond en gooi net so nou en dan ’n dun Bybelse sousie oor ʼn onsmaaklike pastei!    

Het mense regte? Nee, slegs voorregte - dit wat God aan hulle in ooreenstemming met sy Woord uit genade toeken.   Daarom durf gelowiges nooit uitdagend op regte aanspraak maak nie, maar hulself eerder verloën soos Jesus van al sy volgelinge verwag: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1600 gaste aanlyn