NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Beproewing is onvermydelik, maar om daaroor te bly sanik en in ellende te verval, is opsioneel.  Daarom moet ons gedurig damwalle van moed om ons bou sodat ons die vloede van vrees buite kan hou.

HET GOD ALLE MENSE LIEF?

Ds AE vd Berg

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:16,17).

Na die finale oordeel sal meer mense in die hel as in die hemel wees. Jesus sê in die Bergrede: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).

Baie mense glo dat ʼn liefdevolle God niemand hel toe sal stuur nie, maar dat almal op die ou einde hemel toe sal gaan. Ironies genoeg laat hierdie leuen juis mense in die hel beland!

Gelowiges glo op grond van die Bybel baie anders. God is wel liefdevol, maar ook regverdig en straf boosheid. As Hy dit nie sou doen nie, kon Hy nie regverdig wees nie. Die hel is juis die toppunt van sy straf. Niks is erger as dit nie!

God is kwaad vir die sonde hetsy dié van enkelinge of volke. Daarvan kon die Bondsvolk getuig. Koning Josia versoek die profeet Hilkia:

Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie” (2 Kon.22:13).

Jesus praat ook van God se toorn: Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).

Dit bring ʼn mens by die vraag wat baie gevra word: Het God alle mense ewe lief? Die antwoord is ʼn baie duidelike NEE! Hy haat ook sommige mense. Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai” (Spr.6:16-19).

Hoe rym God se haat met Joh.3:16? Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”.

Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons eerstens vra waaruit God se liefde vir die wêreld bestaan? Wat beteken dit?   Dat Hy sy son oor regverdiges sowel as onregverdiges laat skyn en dit op gelowiges en ongelowiges laat reën.

God het die mensdom so lief gehad, dat Hy in Jesus mens geword het sodat mense deur Hom hemel toe kan gaan: “.... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Jesus nooi mense na die water van die lewe uit: “...maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe” (Joh.4:14).

God se algemene genade beteken nie dat Hy mense ongekwalifiseer so liefhet dat Hy niemand hel toe sal stuur nie. Daarvoor is mense net te ongelyk: sommige volg die breë en ander die smal pad. Moenie die mite glo dat alle mense gelyk is nie. Wie op die breë pad is, kan mos nie aan diegene op die smal pad gelyk wees of uitverkorenes aan verlorenes nie!

Mens is slegs in een opsig almal gelyk; voor die wet van God:“Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees. Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef” (Num.15:15,16).

Benewens gehoorsaamheid aan die Wet, is daar geen ander gelykheid onder mense nie. Daarom boemerang alle pogings om gelykheid op mense af te dwing. Die reënboognasie is ʼn sprekende voorbeeld daarvan!

God kies en verwerp mense uit vrye wil. Gen.5 vertel van Henog wat met God gewandel het. ʼn Paar hoofstukke verder lees ons van God wat Abraham as stamvader van sy volk uitverkies het. Abraham word selfs God se vriend genoem. Moses het van aangesig tot aangesig met God gepraat en Dawid was ʼn man na God se hart. Johannes was weer Jesus se lieflingdissipel. God het elkeen van hulle uit vrye wil gekies.

God se liefde sluit ook oordeel in. Jesus praat van verskillende grade van oordeel. So waarsku Hy die mense van Kapernaum dat dit vir Sodom en Gomorra meer verdraaglik in die eindoordeel sal wees as vir hulle.

Paulus skryf ook oor oordeel:“...elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly...”(1 Kor.3:13-15).

Die Bybel leer egter dat God lankmoedig is.   Dit beteken dat Hy sonde nie onmiddellik straf nie, maar oortreders die geleentheid bied om die nodige berou te toon en van die straf op sonde vrygestel te word. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:17).

Petrus skryf in dieselfde trant: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet.3:9).

Die vraag of God alle mense of slegs gelowiges liefhet, is dus nie moeilik om te beantwoord nie. God het alle mense lief SLEGS in die mate dat Hy aan alle mense genade bewys. Wat egter waar en wonderlik is, is dat Hy gelowiges op ʼn ander manier liefhet – met ʼn verbondsliefde: Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).

Elkeen wat tot bekering kom, ervaar God se liefde tot in ewigheid. Wie nie tot bekering kom nie, ervaar God se lankmoedigheid net totdat hulle hul laaste asem uitblaas waarna God se straf volg.

Omdat God alle mense nie ongekwalifiseerd liefhet nie, is daar dus ook mense wat Hy haat as teenoorgestelde van liefde. Daarom meld die OT stede en dorpe wat op God se bevel met die banvloek getref is.   Alles is as ʼn uiting van sy toorn voor die voet uitgewis – mens en dier.

God haat veral opstand teen gelowige volksleiers want dit lei altyd tot godsdienstige afvalligheid. Na Absolom se mislukte staatsgreep op Israel se koningskap, skryf Dawid: “Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet” (Ps.11:5).

Later skryf Dawid in Ps.139: “O God, as U tog maar die goddelose wou ombring! .... Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders! HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my” (:19-22).

Dawid kon sulke mense nooit liefhê nie omdat hulle God gehaat het. Hierdie haat was egter nie ʼn menslike haat wat uit die bron van sonde opgestyg het nie. Dit was ʼn heilige haat ter wille van sy liefde vir God. Geen gelowige kan iemand liefhê wat Jesus haat nie.

Hoe lyk God se liefde? Kyk na die kruis. Soos wat ʼn pa liewer vir sy eie kinders as ʼn ander man s’n is, is God ook vir syne – die gelowiges: “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh.1:12).

Het God alle mense ongekwalifiseerd lief?   Nee, beslis nie; slegs sy eie kinders. Hy het hulle so lief dat Hy sy Seun vir hul sieleheil aan ʼn kruis laat sterf het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 778 gaste aanlyn