NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het.    Ware bekerings hou stand!

NET SOOS IN DIE DAE VAN NOAG

Ds A.E.vd Berg

En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mt.24:37).

Mt.24 is deel van Jesus se Profetiese Rede wat oor iets baie ver in die toekoms gelê het. Die boodskap was duidelik: Die aarde sal, soos in die dae van Noag, weer vergaan, maar daarna nie weer herstel word nie. Dit begin met die wederkoms van Christus, iets waaraan baie mense nie glo nie. Hulle glo dat die aarde maar net sal aangaan soos altyd. Dis die ongeloof waarvan Jesus in die Skriflesing praat.

Met die Gelykenis van die Tien Maagde, waarsku Jesus dat min mense vir sy tweede koms na die aarde gereed sal wees. Die lewe sal tot op ʼn vooraf bepaalde dag normaal verloop. Mense sal koop en verkoop, plant en oes, trou en kinders grootmaak totdat die Groot Verdrukking aanbreek.

 

Jesus vergelyk dit met die dae van Noag toe dinge normaal verloop het tot op die dag dat Noag die ark ingegaan, God die sluise van die hemel oopgemaak en die hele mensdom op agt na omgekom het. Noag het die mense telkens gewaarsku. Hulle het hul nie aan hom gesteur nie en hom as ʼn alarmmaker afgemaak. Hulle sou almal hul woorde saam met die vloedwater sluk!

In die tyd van Noag was die mensdom boos en korrup en het hul eertydse vertroue op God na die mens verskuif en die duisternis omarm. Hulle het die mooi van die lewe onder druk geplaas en ʼn doodswens oor hulself gebring en die prys daarvoor betaal. Juda sou later die selfde dwaasheid begaan: “Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart wandel” (Jer.18:12). Hulle het ʼn swaard vir hul eie bors skerpgemaak. God het hulle gestraf deur hulle in ballingskap te laat wegvoer.

Die Bybel leer ons dat oral waar booshede seëvier, wet en orde sal verdwyn en dat dit net voor die wederkoms van Jesus skerp gaan toeneem. In 1940 is onderwysers in Amerikaanse staatskole gevra wat hul probleme met skoolkinders was. Hulle noem toe op: Kinders wat uit hul beurt praat, kougom kou, raas, indruk en mors. Toe onderwysers 50 jaar later die selfde vraag gevra is, het die probleme anders gelyk: dwelmmisbruik, drankmisbruik, tienerswangerskap, selfmoord, roof en aanranding. Dis die geweld van die laaste dae – dis ʼn doodskultuur!  

Kinders wat wapens skool toe bring, is algemene nuus. ʼn Paar jaar gelede is ʼn skoolseun in Krugersdorp deur ʼn medeleerling met ʼn swaard doodgemaak.  Onlangs is ʼn wiskunde-onderwyser by ʼn swart skool deur ʼn leerling met ʼn mes in die klaskamer doodgesteek.

Kinders wend hul toenemend tot geweld. Let op die konsole speletjies wat gespeel word – sommige daarvan is doodsspeletjies! En wat doen ouers daaraan? Niks nie. Solank as wat dit kinders besig hou. Sulke argeloosheid maak van bose vervaardigers multi-miljoenêrs!

Die Evangelie-skrywer Lukas gee ʼn gelykluidende beskrywing van Mt.24 en gebruik Lot as voorbeeld: “ Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: Hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word” (Luk.17:28-30).       

Die mense van Sodom was uitsonderlik boos en het homoseksualisme skaamteloos bedryf en daarmee God se orde vir die huwelik verag; ʼn gruwel wat deesdae in kerke met morele verskonings doodgeverf word.  ʼn Meisie wat ʼn vrou word, is een van God se mooiste kunswerke. Maar ʼn man wat ʼn vrou word, is een van die Satan se lelikste skilderye!

Terug by die geweld in ons gebroke samelewing. Wat is geweld? Die fisiese vertoon van misplaaste trots. Die val van Satan is ʼn sprekende voorbeeld hiervan – misplaaste trots wat in opstand oorkook. Diktators en tiranne se regerings is gewoonlik vrot van geweld en korrupsie!

Die wêreld is ryp vir God se finale oordeel. Hy weet presies wat aangaan: “Die Here is in sy heilige paleis.... sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet” (Ps.11:4,5). Die uurglas is besig om vinnig leeg te loop!

Al hoe meer volke breek bande met God: “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad ten die Here en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps.2:1-3).  

Hierdie verterende blindheid van die siel maak van mense leë doppe in ʼn hol wêreld!  

Jesus draai in sy Profetiese Rede nie doekies om as Hy sê dat gelowiges van die laaste dae baie swaar gaan kry nie. Dit sal so erg wees, dat as God die dae van die Groot Verdrukking nie verkort het nie, niemand gered sou word nie

Ons is nie in vir ʼn luilekker lewe nie. Daar lê vir ons groot stryd voor en ons moet voor die tyd ingeoefen raak en dit die hoof te kan bied. Ons kan nie soos die vyf dwase maagde tot op nommer 99 wag en dan wil regmaak waar ons versuim het nie. Ons moet nou in die Here sterk word.     

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.   Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efes.6;10.11).

Wie nie nou in die Here sterk word nie, gaan ʼn slaaf van die nare omstandighede word waarvan Christus waarsku. Die geskiedenis van die kerk gaan eindig soos wat dit begin het – met ʼn stryd teen die Satan waartydens die koring van die kaf geskei word.  

Word sterk en as jy hierdie jaar vir jou geloof deur die donker moet loop, moenie ophou voordat dit lig word nie. Geen vrug smaak so lekker as die een waarvoor jy die verste geloop het nie.   Moenie toelaat dat die wanhoopsdampe van die hel die helder lig van die hemel wat op ons as oorwinnaars wag verdring nie! Christus het ons ʼn wonderlike belofte gegee: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1254 gaste aanlyn