Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die armste mens op aarde is die mens wat niks anders as geld besit nie.
ESRA
Yweraar vir bloedsuiwerheid
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die Boek van Esra begin waar 2 Kronieke eindig met die koning van Persië wat ʼn bevelskrif uitgevaardig het dat al die Joodse bannelinge in sy ryksgebied na Jerusalem kon terugkeer. God het in sy vrymagtigheid self ʼn heiden-koning gebruik om sy wil uit te voer. So ook later vir Artasasta wat Esra na Jerusalem gestuur het om die Joodse godsdiens daar te laat herleef. Artasasta het ook vir Nehemia met die opbou van die stadsmure van Jerusalem laat bystaan en eerbiedwaardigheid aan die stad van God verleen.
Alle Joodse bannelinge het nie van die aanbod gebruik gemaak om terug te keer nie. Baie van hulle is in Babel gebore, het goeie werk gehad en was derhalwe gemaklik met hul omstandighede. Ander het weer te oud gevoel om ʼn nuwe begin te gaan maak en ook nie kans vir die bykans 1500 km reis gesien nie.
“.... en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad” (Esra 8:31).
Baie Jode wou ook nie terugkeer nie omdat hulle met die plaaslike heidendom vermeng en ontrou aan God se riglyne vir die lewe was. Hulle sou ʼn paar jaar later groot probleme kry soos in die Boek van Ester opgeteken is. Die Jode wat wel teruggekeer het, was die vervulling van God se beloftes:
“Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring”(Jer.29:10).
1. Teleurstelling
Toe Esra met ʼn afvaardiging in Jerusalem aankom om die Joodse godsdiens te laat herleef, was hy baie teleurgestel. Baie van die Jode was ondankbaar met hul omstandighede. Hulle was vry maar glad nie bly nie. Dit het Esra ontstel en op God alleen vir die herlewing vertrou.
Om die herlewing van stapel te stuur, het hy by een van die grootste probleme in Jerusalem begin - gemengde huwelike. Hy het dit in geen onduidelike taal veroordeel nie en die Jode aangesê om van hul volksvreemde vroue te skei en saam met kinders wat uit dié huwelike gebore is, weg te stuur:
“En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. Want hulle het van húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad” (Esra 9:1,2).
Die Wet het huwelike met heidene streng verbied:
“Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie — jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg”(Deutr.7:3,4).
Gevolglik het die gemengde huwelike Esra erg ontstel:
“En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit” (Esra 9:3).
By geleentheid het Nehemia ook harde woorde oor dieselfde oortreding gehad:
“Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of julleself neem nie! Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie?” (Neh.13:25,26).
2. Eiesoortigheid
Voordat die Israeliete Kanaän binne getrek het, het God hulle gewaarsku om hul eiesoortigheid onder die heidene te bewaar en ter wille van Hom sterk teen afgodery op te tree :
“…hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. Want jy is ’n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees” (Deut.7:5,6).
Salomo se ongeoorloofde huwelike met heiden-vroue het God so vertoorn dat Hy Israel in twee ryke laat skeur het. Soos wat volksvreemde egverbintenisse Salomo van God vervreem het, vervreem gemengde huwelike nog steeds mense van Hom. Daar is min uitsonderings op hierdie reël!
3. Afgodery
Gemengde huwelike is ʼn invalspoort vir afgodery. Dit was een van die sondes wat Juda in ballingskap laat gaan het. Daarom was Esra hewig ontsteld toe die terugkerende Jode weer met dieselfde vuur gespeel het. Nadat hy baie ernstig met hulle gepraat het, het ʼn groep Jode berouvol na hom gekom en belowe om ʼn verdrag met God aan te gaan ten einde die saak reg te stel:
“Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak. Laat ons dan nou ’n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word” (Esra 10:2,3).
Hierdie verdrag het ʼn geestelike ommekeer in Jerusalem gebring sodat die Jode hul opnuut aan die ware God gewy en van mense afgeskei het wat ander gode aanbid het. Esra was verheug:
“En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesê: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder. Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue” (Esra 10:10,11).
Die hele herstelproses was na ongeveer drie maande afgehandel en die Jode se daadwerklike optrede nie strydig met Mal.2:16 se verbod op egskeiding nie.
4. Herstel
Die beeld van Israel as God se volk was besig om te herstel. Hulle sou hul nooit van ander volke kon onderskei indien hulle met volke wat nie in ʼn verbondsverhouding met die ware God gestaan het ondertrou het nie. Daarom is ondertrouery terstond gestaak. Al wat nog nie afgehandel was nie, was die herbou van die stadsmure. Dit was belangrik want wat sou die wêreld van die volk van God dink as hulle in ʼn stad met vervalle mure gewoon het?
Esra is vir gelowiges ʼn voorbeeld van geestelike ywer, diensbaarheid aan God en een wat God se Woord as die hoogste gesagsbron geag het. Daarbenewens staan hy ook uit as die een wat sy volk begeester het om hul eiesoortigheid te handhaaf.
Wie eerbied vir homself het en aan volksgenote voorkeur gee omdat hulle sy volkswaardes vertolk, moenie van haat beskuldig word nie. Niks het oud Israel soveel krag soos die suiwerheid van sy bloed gegee nie. Daarenteen bedreig bloedvermenging God se geseënde andersheid en het die Bybel geen goeie woord vir bloedvermenging nie.

Daar was ook Jode wat vir hul veiligheid gevrees het. Hulle sou kosbaarhede by hulle hê en kon rowers ten prooi val: