NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek dank U, grote God, vir hierdie ongelooflike dag: die dansende groen geeste van bome en die blou droom van die lug, die helder strale van die son, die gekoer van duiwe in samesang met al die pragtige voëls; vir alles in die natuur wat oneindig is en wat ja sê vir U!

TREK JOU FEESKLERE AAN!

Skrif: Mt.22:1-14

Ds Andrè van den Berg

“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (:12,13).

As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie, maar as ‘n vereiste beskou!  Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).

Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis. ‘n Mens sal enigiets doen om die lewe te behou. Wat ‘n heuglike dag as jy na deeglike behandeling die goeie nuus ontvang dat jy kankervry is!

Maar wat maak ons met sonde, daardie kanker wat ons siel aanval?   Dis veel erger as fisiese kanker. Waarom? Omdat die liggaam sterf, maar die siel leef voort – of in die hemel of in die hel!

Nie alle kankers genees nie. Miljoene mens sterf jaarliks daaraan. Die kanker van die siel kan wel genees.  Jesus belowe aan almal wat siele-kanker het en na Hom toe kom, dat hulle genees sal word. “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”(Mt.11:28). Wat beteken hierdie rus anders as genesing? Mal.4:2 sê dat daar genesing onder sy vleuels is.  

Daarom moet ons nie al ons hoop op die aardse lewe plaas nie. Dit wat ons hier doen of nalaat om te doen, bepaal wel ons ewigheid. “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).  

Moenie dat sonde jou lewe beheer en jou van ‘n ewige, salige eindbestemming beroof nie. Verkry eerder vergifnis en leef reg. Jy het niks om te verloor nie. Jy wen al die pad! Die goeie nuus is dat God niemand in die hel wil sien nie. “...Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” (Eseg.33:11). Is ons gewillig om sy redding te aanvaar? Hy het die reddingsboei in die stormsee van die lewe ook na jou uitgegooi. Het jy dit vasgryp?

Hoe dwaas dit ook al mag klink, weier mense dikwels om dit vas te gryp. God laat mense selfs groot skrik, sonder dat dit enigsins help. Koning Belsasar het hom oor ‘n mik geskrik toe hy God se hand teen die paleismuur sien skryf. Desondanks het hy hom nie bekeer nie en daardie selfde nag nog in sy sonde gesterf.

God dwing niemand om die reddingsboei vas te gryp nie. Hy dring Hom nie aan ons op nie. Hy gee ons wel die kans om aan ewige straf te ontsnap. Daarom gooi Hy in Christus Jesus die reddingsboei tot teenaan ons. Ons moet net die hand uitsteek en dit vasgryp. As ons dit vasgryp, gaan ons hemel toe. As ons dit los, gaan ons hel toe!

Wie dit vasgryp, word kinders van God. Hierdie kindskap is nie maklik nie, maar ‘n stryd. “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14). Dis egter die moeite werd want geestelike stryd maai ‘n ewige lewe. Niks klop die beloning nie - ons erf ‘n koninkryk!  

Dis die enigste manier om in die hemel te kom. Ons kan dit nie met geweld betree soos die mense van Babel wat met die bou van ‘n toring die hemel probeer bestorm het nie. Om in die hemel te kom, het ons nie oorlogsklere nodig nie, maar feesklere!

In die gelese gedeelte vergelyk Jesus die hemel met ‘n huwelik - ‘n heuglike geleentheid. Vir die ou Jode was ‘n huwelik baie groter as vandag en kon tot sewe dae duur. Om te verhoed dat mense ongevraagd opdaag, het die gasheer elke genooide van ‘n bruilofskleed voorsien.   Die Engelse praat van gate crashing, Dit was as’t ware die toegangskaartjie. Wie nie een gehad het nie, is uitgegooi en daarvoor het ‘n paar sterk manne by die deure gesorg. Hulle was uitsmyters “bounsers”.  Ja, niks is nuut nie!

In Mt.22 lees ons van ‘n persoon wat ongenooid opgedaag het.   Omdat hy nie ‘n bruilofskleed aangehad het nie, het hy aandag getrek: “Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En toe hy niks kon antwoord nie, is hy summier uitgesmyt. “Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en sy voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis...” (:13).

Om die hemel in te gaan, sal soos ‘n bruilofsfees wees. Met jou bekering het jy ‘n huweliksuitnodiging (bruilofskleed) ontvang na die huwelik van Jesus met sy kerk.   Die Bybel stel Christus dikwels beeldsprakig as ‘n Bruidegom voor met die kerk as sy bruid. Jesus vertel in Mt.25 selfs ‘n gelykenis hieroor – diè van die 10 maagde wat op ‘n bruidegom gewag het.   ‘n Gelowige is dus tegelyk gas en deel van die bruid!  

In Milaan is daar ‘n katedraal met drie ingange en drie opskrifte. Bokant die eerste staan daar geskryf ALLES WAT BEHAAG, IS MAAR VIR ‘n OOMBLIK. Bokant die tweede ALLES WAT HINDER, IS MAAR VIR ‘n OOMBLIK. Bokant die hoofingang verskyn die woorde: SLEGS DIT WAT EWIG IS, IS BELANGRIK.

Wat is vir jou die belangrikste? Die tydelike lewe of die ewigheid?

Die Skrif nooi ons telkens om van die lewende water wat God voorsien, te drink. Tydens ‘n loofhuttefees sê Christus aan die Jode: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink” (Joh.7:37). Die slotgedeelte van die Bybel bevat selfs beloftes van ‘n oorvloedige voorraad dorslessende water: “En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom, en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openb.22:17).

God dwing die hemel op niemand af nie. Net hy wat dit wil hê, ontvang dit. Wie dit nie wil hê nie, ontbeer dit. Wat wil jy hê? Vergifnis en vrede is op aarde byderhand; maar in die hel is dit onbereikbaar!   Om die hemel mis te loop, is tragies en om die ewigheid in die hel deur te bring, die grootste ramp wat ‘n mens ooit kan tref!

Jesus kom eersdaags weer. En hy kom as Regter!   Die boog van God se toorn is reeds gespan en die pyl lê reg op die snaar. Moet dus nie aan Jesus se verkeerde kant staan nie. Daar is net een asemteug tussen jou en die dood.   Jou tyd op die aarde is beperk en miskien korter as wat jy dink.   Moenie hel toe wil gaan nie! “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is” (Jes.55:6).  

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1503 gaste aanlyn