NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vir talle mense is SIEN wel GLO; tog glo almal wat sien NIE, want slegs diegene wat bereid is om hulle harte te verander sal glo wat hulle sien. So sal groot getalle siele verlore gaan ten spyte daarvan dat hulle God se wonderwerke aanskou het.

KYK IN JOU SPIEËL

Ds Andrè van den Berg

“Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het” - Jak.1:23,24                                

Om in die hemel te kom, moet jy jou tot Jesus Christus bekeer. Daar is geen ander manier nie. Bekering is die toegangskaartjie. Jesus sê: “... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Om hemel toe te gaan, moet jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer as jy jou laaste asem uitblaas.

 

Waar begin so ʼn verhouding?  By jou berouvolle erkenning dat jy ʼn sondaar is, dat jy jouself nie kan red nie en derhalwe ʼn Redder nodig het. So ʼn verhouding is nie staties nie, maar groei soos ʼn liefdesverhouding tussen man en vrou.

Om dit vir ons moontlik te maak, skep God sekere roetes om te bewandel ten einde hierdie verhouding volwassenheid te laat bereik.

Een daarvan is gebed. Ons het die voorreg om met God te kan praat; iets wat nie een van sy ander skeppings kan doen nie.  

Tweedens smee ons deur kerkgang en gemeente betrokkenheid geestelike bande met God en met mekaar.

Derdens gee God ook vir ons sy Woord sodat ons Hom kan leer ken en sy wil te wete te kom.

Ek staan by God se voorsiening van sy Woord stil. Baie mense se gebrek aan geestelike groei is aan ʼn verkeerde manier van omgang met die Bybel te wyte. Mense sien die verstandelike aspek van Bybelkennis in en stem saam dat dit waar, betroubaar, ewig en derhalwe onveranderlik is en lees dit hoogstens.

Nee, ʼn studie van die Bybel is onontbeerlik vir geestelike groei. Want daarin leer ons Wie God werklik is en wat sy doel met ons lewens is: En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom” (Kol.3:15-17). Dis die verstandelike aspek.

Baie mense is ook met die gedragsdoelwitte van die Bybel vertroud. Hulle lees graag die Bybel omdat dit hulle help om reg te leef. Die Bybel bevat riglyne en opdragte wat mense leer hoe om tot God se eer en tot voordeel van ander te leef. Die Bybel help ons op pad na ons ewige reis. “U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad” (Ps.119:105).

Ongelukkig beland so baie mense se strewe om volgens God se Woord te leef, spoedig op ʼn syspoor en mis hulle die belangrikste rede waarom God vir ons die Bybel gegee het - om ons verhoudings reg te hou. Hierdie verhoudingsaspek hang aan die spyker van liefde.  Waarom lees ons die Bybel?   As dit nie is om ons te help om in ʼn innige, liefdevolle verhouding met God wat dit geskryf het en diegene vir wie Hy lief is, te leef nie, kan ons net sowel strokiesverhale lees!

Jakobus skryf dat God se Woord soos ʼn spieël teen die muur van ons hart hang. Paulus skryf in dieselfde trant: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18).

Soos wat ʼn spieël aan ʼn spyker/skroefie hang, hang God se spieël (Bybel) aan liefde: “En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand... En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself... Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Mt.22).  

Kennis van die Bybel moet tot liefde vir God en die medemens lei: “As iemand sê: Ek het God lief – en sy broeder haat, is hy ʼn leuenaar...” (1 Joh.4:20). Elke Bybelboek, elke goddelike opdrag en elke geestelike beginsel hang aan die spyker van liefde. Liefde voorsien ook die raamwerk waarbinne die Bybel verstaan moet word. God se Woord leer ons hoe om in ʼn geestelike liefdesverhouding met Hom en ons medemens te staan.

As die skroefie wat die spieël vashou, uitgetrek word, val dit stukkend op die vloer. En al plak jy die stukke een vir een aan mekaar, sal die beeld wat jy sien, nooit weer so duidelik wees soos tevore nie. Sonder die skroefie in die muur is dit ʼn verwronge beeld.

Dit was die probleem met die Fariseërs. Hulle het ʼn spieël gehad wat geval het waarna hulle net sekere stukke van God se waarheid gesien het. Jesus wys telkens op die Fariseërs se goeie kennis van die Woord (verstandelike aspek), maar ook hul ontoereikende toepassing daarvan (verhoudingsprobleem): “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie” (Joh.5:39,40).

Die Jode het geglo dat ʼn verstandelike aspek van God se Woord plus ʼn goeie gedragspatroon wat daaruit voortspruit, hulle hemel toe sou laat gaan. Dit was ʼn fatale fout wat hulle die ewige lewe gekos het! As kennis van die Bybel jou nie tot ʼn beter verhouding met God en jou medemens lei nie, mors jy jou tyd. Om Bybeltekste te leer, maar dit nie in ʼn goeie verhouding met God en mens uit te leef nie, is ʼn vermoeienis en alles tevergeefs.

Die Fariseërs het baie erns daarmee gemaak om mense met Skrifkennis toe te rus. Desondanks het hulle in gebreke gebly om mense die verhoudingswaarde te leer. Dit help nie dat leraars gelowiges toerus met stukke van God se waarheid en hulle daarna soos ʼn geestelike polisiemag uitstuur om diegene wat oortree, aan die pen te laat ry nie!

Ek is bevrees dat die kerk van die 21ste eeu die skroef wat die spieël van God se Woord vashou, verloor het.  Kerklui verloor toenemend sig van die twee groot gebooie waaraan God se Woord hang; die liefde vir God en die medemens. Liefdeloosheid neem oorhand toe soos Christus voorspel vir die einde van die tyd voorspel het: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel” (Mt.24:12).

Dit verduidelik waarom daar soveel kennis van God se Woord is, maar so min werklike uitlewing daarvan. Dis waarom so baie kerkgangers weet hoe om in die hemel te kom, maar paaie bewandel wat ver daarvandaan verbyloop.

Die Bybel getuig van homself: Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Heb.4:12).  Dit help egter niks as die skroefie waaraan dit hang in mense se harte ontbreek nie.

Kyk na jou eie lewe. Hang jou spieël? Kyk jy nog daarin?   Wat sien jy? ʼn Bekeerde mens wat God en sy medemens liefhet? Of sien jy iemand wat aan die liefde vir Gods en sy medemens mank gaan?

Elke gelowige is geroep tot diens. En die tyd om vir Christus diens te verrig, raak baie kort.   Diens aan Christus sonder liefde is soos ʼn bedekte spieël in die huis. “Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het”. Moenie dat dit van jou lewe waar is nie.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1093 gaste aanlyn