NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om heeltemal jouself voor God te wees vra bevrydende genade. Die Geesvervulde mens het nie 'n "geestelike" houdinkie nie maar 'n ongekunstelde, spontane, eerlike eenvoud en diepgaande natuurlikheid.

ONS BEWAARDER SLAAP NIE!

Ds AE van den Berg

“My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het”    - Ps.121:2                                

Ps.121 is ’n Bedevaartslied, ’n lied wat pelgrims op pad na die groot Joodse feeste in Jerusalem gesing het.   Die Psalm vertel van die gevare op pad.   Ja, daar was destyds ook rowers.   Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel van ’n Jood wat na ’n rooftog vir dood agtergelaat is.

Vers 1 is nie ’n belydenis van geloof nie, maar eerder ’n uitroep van wanhoop; ’n man wat bang is om op pad te wees.  Hy vertel van die gevaar wat in die heuwels skuil en rowers wat wag om moeë reisigers te beroof omdat die booswigte geweet het dat hulle geld by hulle gehad het.   As so ’n reisiger aangeval is, waar sou hy hulp vandaan kry?   Beroofde mense is dikwels aan hul eie lot oorgelaat.  Mense wou, soos die priester en die Leviet, nie betrokke raak nie. Die Psalmdigter beantwoord sy eie vraag.  Sy hulp kom van God.   Ook ons s’n.

Ons is almal reisigers op die lewenspad, pelgrims na die Nuwe Jerusalem, ons eindbestemming.   Ons pelgrimstog het begin toe ons Jesus as Verlosser aangeneem het en duur voort totdat ons van die lewenspad afklim en ons geloofsvertroue in aanskoue oorgaan.   “Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie” (Ps.119:19).

Op pad na die Nuwe Jerusalem is ons ook aan rowers uitgelewer wat ons van ons vrede en vreugde wil beroof.    Hoe lyk hierdie rowers?  Een daarvan is sonde.   Daar is sondes wat die vuur van God in ons siele wil blus.   Wat van probleme?    Is dit nie ook ’n rower nie?   Daar is probleme wat ons van die heerlikheid en krag van God wil stroop.  Ja, daar kom tye wat jy so deur probleme omring is, dat jy wonder hoe jy ooit daaruit gaan kom!  Moenie moed verloor nie; hierdie Psalm is net vir jou!

Jy moet egter dieselfde kragbron as die Psalmdigter hê:  God!   “My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het” In die Psalm vind ons hulp en raad vir ons lewensreis.   Die Psalmdigter wil vir ons sê:  Byt vas, hulp is op pad!

Die Psalmdigter weet dat sy hulp nie van die berge kom nie.  In die ou tyd is afgodery op die heuwels en berge bedryf.   Van koning Agas word gesê:  “Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die Here, die God van sy vaders, geterg” (2 Kron.28:25).

Afgode help geen mens op sy lewenspad nie, maar verwoes hom eerder.  Daarom wend die Psalmdigter hom tot God vir hulp want as God die wêreld kon maak, het Hy beslis die krag om na hom om te sien.   “En aan Hom wat mag het om te doen vêr bo wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efes.3:20).

In vers 3 skryf die Psalmdigter dat die Here ons voet nie sal laat wankel nie.   Hy weet hoe maklik ons voor sonde en moedeloosheid kan swig.  God het ons wonderlike beloftes van onderskraging gegee: “….Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie” (Heb.13:5).  “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20).

Het God al ooit ’n ding begin wat Hy nie voltooi het nie?   Het God al ooit ’n fondament gelê wat ingegee het?   Hoor wat sê Hy vir die gemeente in Filadelfia:  “….Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deurgegee en niemand kan dit sluit nie….” (Openb.3:8).

Daar kom tye in gelowiges se lewe dat jy voel om tou op te gooi en maar in te gee.   Maar waarom het dit nie gebeur nie?  Omdat God ons betyds uit die modderige slyk van moedeloosheid opgetel het.   Dawid het dit ervaar!   “Ek het die Here lank verwag en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel….” (Ps.40:2,3).

Gelowiges kan op die Here reken om hul op die lewenspad te help.  Die NT skets God, die Heilige Gees, as ’n Trooster.  “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei…” (Joh.16:13).   Die Heilige Gees help ons om vas te staan sodat ons nie op die glybaan van moedeloosheid seerkry nie.

God weet dat ons nie net maklik val nie, maar ook maklik aan die slaap raak.   In tye van beproewing raak ’n mens soms so moeg dat jy nie meer waak nie en aan die slaap raak.   Dis hier waar God vir jou tegemoetkom.  Hy is nooit moeg nie, maar wakker om ons by te staan.   Daarom is dit onnodig om bekommerd te wees en selfs slapelose nagte hê.   God is altyd wakker en waak oor jou.   Jeremia kon in sy grootste nood toe hy saam met sy volksgenote in ballingskap gegaan het, uitroep: “Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop” (Klaagl.3:24).

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Londen een nag hewig gebombardeer.  Ná  die lugaanval het die inwoners ’n ou tannie vermis en haar later in haar bed vas aan die slaap gevind.  Toe hulle haar vra hoe sy te midde van die gevaar kon slaap, het sy geantwoord:  “Omdat die Bybel sê dat die bewaarder van Israel nie sluimer of slaap nie, het ek maar gaan slaap.  Dit was nie nodig vir beide van ons om wakker te bly nie!”

In vers 5 skryf die Psalmdigter dat die Here ons skaduwee aan ons regterhand is.  In die ou tyd het soldate twee dinge na die gevegsfront geneem – ’n swaard en ’n skild; ’n skild in die linker- en swaard in die regterhand.   Omdat daar geen skild was om die regterkant te beskerm nie, is dit onbeskerm gelaat.   Die Psalmdigter sê dat God ’n berekende, verdedigende houding inneem om ons daar waar ons die kwesbaarste is, te beskerm.

Die slegte ding is dat ons nooit weet vanwaar aanvalle kom nie.   Ons bevind onsself soms op lewensgebiede waar ons baie kwesbaar is en ons vyande weet dit!    Ons word ook soms op gebiede aangeval waar ons dink dat ons sterk is.  Elia was bekend vir sy moedigheid in die geloof, maar moes desondanks vir ’n vrou (Isebel) vlug!   Moses se grootste deug was sagmoedigheid.  Desondanks het hy die rots geslaan en kon gevolglik nie Kanaän ingaan nie.

Abraham se krag was sy geloof in God.   Desondanks het hy uit vrees vir sy lewe in Egipte voorgegee dat sy vrou sy suster is.   Feit bly staan: Ons word aangeval sonder om altyd te weet vanwaar die aanval kom!    Dis hier waar God ons tegemoetkom.   Hy word nooit onverhoeds betrap nie en is altyd daar om ons te beskerm en te bemoedig.

In vers 6 skryf die Psalmdigter dat God ons ook van natuur-elemente bewaar en meld twee van die gevare waarmee daar rekening gehou moes word:  son- en  maansteek.  Sonsteek is ’n gevaarlike toestand waar die liggaam oorverhit en tot stilstand kom.   Dit kan die dood veroorsaak.   Maansteek is deur die oumense as net so gevaarlik beskou.    Dit het egter nie die liggaam nie maar die verstand geraak.   Mense het geglo dat sielsieke toestande deur die maan veroorsaak is.   Mt.17 vertel van ’n man wat vir Jesus sê: “Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar…” (:15).  Dis waar die Engelse term lunatic vandaan kom vir iemand met ’n psigiese versteuring.

Die Psalmdigter sê dat God ons van innerlike en uiterlike vyande bewaar.   Of die aanvalle openlik of geheimsinnig, in die dag of gedurende die nag is, God is altyd daar om jou te bewaar en jou krag vir die stryd te gee.  Jy kan na Hom vlug:  “Hy sal jou dek met sy vlerke en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en ’n pantser” (Ps.91:4).

In vers 7 sê die Psalmdigter dat God ons van onheil bewaar.   Ons is soos ’n vulkaan wat enige oomblik kan uitbars.  Ons kan elke denkbare sonde begaan.  Ons is van nature bedorwe: “Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie,; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie” (Rom.7:18).

Kan ’n mens ooit reg vir God leef?  Ja, jy kan.  Daarvoor het ons die Heilige Gees nodig.   As ons tot bekering kom, neem Hy sy intrek in ons.   Ons glo nie soos die Charismate dat die Heilige Gees eers later kom nie.   Hy kom in ons woon en gee ons al die hulpmiddels om versoeking te weerstaan, d.w.s. vir sonde nee te sê. “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle  kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra” (1 Kor.10:13).

Hoe maklik is dit nie om te sondig nie!   Dit verg geen moeite nie, want ons is so gebore, ons hele menswees neig in daardie rigting, ons geniet sonde en is goed daarmee.   Desondanks help God ons om dit te oorwin indien ons die begeerte in ons harte het.  In vers 8 sê die Psalmdigter dat God ons vir ewig sal bewaar.  In Jesus is ons vir ewig bewaar.   Dit is ’n kosbare waarborg!

Ons is pelgrims op pad na die Nuwe Jerusalem en het al hierdie beloftes vir ons lewensreis.   Daar is ’n lewende God in die hemel wat belang stel in alles wat met my gebeur.   Ek moet Hom net met my lewe vertrou.  Dis my grootste verpligting want geloof is vertroue en sonder geloof kan niemand God behaag nie.    Hy sien na my om al is ek so moeg vir die lewe dat ek kan sterf. “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1039 gaste aanlyn