NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag Waar kom die sin van die lewe vandaan? Staan jy net op 'n dag op en die son skyn vir jou? Of vra dit dalk 'n ander manier van dink oor wie en wat jy is? Daar is net een manier om waarlik sin en betekenins in jou lewe te verkry: jy moet jou hele bestaan op aarde aan die HERE self koppel.

DIE KEUSE IS JOUNE...

GEBRUIK JOU TALENTE!

Ds AE van den Berg

“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”- Mt.25:23                                 

By geleentheid was ek by ’n prysuitdeling waar ’n leraar wat die opening waargeneem het, die Gelykenis van die Talente gelees en God gedank het vir die talente wat Hy aan die pryswenners gegee het.   Dis glad nie waaroor hierdie gelykenis gaan nie!   Ek wil sê dat 99% mense hierdie gelykenis verkeerd verstaan.   Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie, maar met diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.

Met hierdie gelykenis sluit Jesus by die sakelewe aan; diensknegte word met geld toevertrou waarmee hulle moet woeker met die oog op die terugkeer van hul huisheer.    Dit sluit ook by die vorige een van die tien maagde aan - almal moet voorberei en gereed wees vir die terugkeer van die hemelse Huisheer.

Die Gelykenis van die Talente leer ons meer bepaald hoe om gereed te wees, d.w.s. wat ons moet doen totdat Jesus op die wolke kom.   Die antwoord is baie duidelik:  Benut die geleenthede wat Jesus jou gee om sy saak op aarde te dien en te bevorder.  “Maar soek eers die koninkryk van God….” (Mt.6:33).

Gelowiges bevorder die koninkryk van God met die oog op die wederkoms wanneer Jesus ons gaan vra wat ons, in die lig van sy offer aan die kruis, vir Hom gedoen het.  “Kyk wat Ek vir jou gedoen het; wat het jy vir My gedoen?”

Daar kom ’n dag van afrekening:“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het…” (2 Kor.5:10).    Daar is ’n verband tussen wat ons op aarde doen en ons hiernamaalse verblyf.      ’n Mens kan nie ergerlik leef, maar verwag om op ’n verebed die hemel ingedra te word nie!   Nee, benewens God se genade verg dit geestelike kraginspanning en opoffering om vir die ewige lewe voort te berei.  “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei ….” (Mt.7:14).

Ons opoffering is egter weinig teenoor die veel wat op ons wag.   Desondanks is die weinig van die hede vir die Here nie onbelangrik nie.   Dis juis getrouheid aan die weinig van die hede wat gaan bepaal of ons in die veel van die toekoms gaan deel.   Hoe ons op aarde leef, bepaal waar ons die hiernamaals deurbring soos die verhaal van Lasarus en die ryk man in Luk.16 dit duidelik bevestig.

Die Gelykenis van die Talente sê dat die huisheer gawes uitgedeel en daarna weggegaan het; die tyd tussen Jesus se hemelvaart en wederkoms.   Die talente is die take en gawes wat Hy aan gelowiges toevertrou om op verantwoordelike wyse mee te woeker totdat Hy weer kom.

Dit bring ons by die hoofgedagte van hierdie gelykenis: Wanneer Jesus kom, gaan ons verantwoording doen en daarvolgens geoordeel word. Hierdie oordeel sny na een van twee kante:  Die goeie en getroue dienskneg en ’n salige   beloning teenoor die lui een wat die verderf  beêrwe.   Getroue pligsbesef word ook verder deur ’n teks aangespoor wat grootliks misverstaan word: “Vir elkeen wat het, sal gegee word en hy sal oorvloedig hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het” (:29).

In hierdie gelykenis kom ’n baie belangrike grondbeginsel van die koninkryk van God na vore – elkeen ontvang na sy vermoë.   Vir sommige word vyf, vir ander twee en vir sekere mense net een talent gegee.   Waarom die verskil?  Jesus hou daarmee rekening dat daar geen gelykheid of eenvormigheid onder mense bestaan nie, maar eerder ’n verskeidenheid van begaafdheid.  Indien hierdie verskille geminag word, word beide begaafdes en minder begaafdes verontreg.  As politici dit maar net wil insien!

God hou met enkelinge se vermoë rekening.  Daarom ontvang die dienskneg wat die twee talente byverdien het, dieselfde aanprysing as een wat vyf talente verdien het.   Die opdrag was om wins te maak.  En om hulle te help, het die huisheer lank weggebly sodat hulle genoeg tyd vir hul opdrag gehad het.

Toe die dag van afrekening aanbreek, het twee van die diensknegte 100% wins getoon.  Hulle het sy terugkoms verwag en daarvolgens skouer aan die wiel gesit.   Daarbenewens het nog iets hulle aangespoor – hulle het hul volkome met die huisheer se belange vereenselwig.   Die boodskap van die gelykenis is:  Werk vir Jesus totdat Hy op die wolke kom.  Hy deel nie minderwaardige take uit nie.

Die derde dienskneg het versuim om enige wins te maak en homself probeer regverdig deur beskuldiginge teen sy werkgewer aan te voer.  Die man het nie beswaard gevoel dat hy slegs een talent ontvang het nie.  Die huisheer het met sy persoonlike vermoë rekening gehou.    Sy beswaar was egter teen die huisheer se persoon gerig – ’n harde man wat maai waar hy nie gesaai het nie.   Uit vrees het die dienskneg die talent verberg en teruggegee.  Niemand het skade gely nie.

Die huisheer (Christus) het die lui dienskneg egter nie voor die kop nie, maar in die krop gekyk.   Die man het hom nie met die huisheer se belange vereenselwig nie en derhalwe sy plig versuim.   Daarom het die talent nooit ontkiem en vrug gedra nie en was die straf regverdig.    Baie mense verkeer in die huis van die hemelse Huisheer sonder om hul met sy belange te vereenselwig; name wat op lidmaat registers geskryf staan, maar nie in die boek van die lewe nie!

Die gelykenis sê dat die onverskillige dienskneg se talent wat hy gehad het van hom weggeneem en vir die man wat die tien verdien het, gegee is.   Wie in die koninkryk van God vrugbaar is, word met verdere gawes geseën.     Met hierdie woorde spoor Jesus gelowiges aan om met hul talente te woeker.    Gelowiges werk nie vir die Here net om eendag nie in die hel te beland nie, maar om ’n ryk skat in die hemel te hê.  “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele…” (Mt.5:12).

Die lui kneg kon nie met die talent gou iets probeer verdien nie, omdat dit soos die vyf dwase maagde te laat was om die bruilofsaal in te kom.  Omdat hy ontrou was, is hy nie toegelaat om die talent te behou nie.   Die oomblik toe dit van hom weggeneem is, is die band tussen hom en die huisheer verbreek en die oordeel oor hom voltrek – ’n skrikwekkende ewigheid!

Laat ons vanoggend kyk wat Jesus aan die kruis vir ons gedoen het, die hand in eie boesem steek en een vraag beantwoord:  Wat doen ek vir Hom?   Hy is soos die huisheer op pad terug aarde toe om verantwoording te eis.  Wat wil jy graag van Jesus hoor?  “….Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel…. Of “…werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis…?   Die keuse is joune!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 974 gaste aanlyn