NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As trotse Boere en patriotiese Afrikaners kan ons God dank vir elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande wat vooraf en lotsbepalend deur Hom beplan is: van ons huweliksverbond, ons gesinsverband, ons familieverbintenis, ons gemeenskapsbelange, ons volkslewe en ons nasionale gebondenheid; waarvan niks toeval is nie maar suiwer ons Skepper se beskikking. Elke mens se predestinasie het God volgens sy Wil uitgespreek.

HOE LYK JOU VREDE OP HIERDIE KERSDAG?

Ds Andrè van den Berg

“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” - Luk.2:14                            

Op Kersdag ervaar talle gelowiges ʼn ambivalensie.  Hierdie groot woord beteken om twee uiteenlopende ervarings gelyktydig te ervaar.  Dis soos om te wil lag en ter selfde tyd ook te wil huil.   Kersdag is enersyds ʼn vreugdevolle dag maar andersyds ook ʼn hartseer dag.   Vir gelowiges is dit ʼn vreugdevolle dag omdat Jesus se koms na die aarde herdenk word, maar andersyds ook ʼn hartseer dag omdat die meeste mense dit vir die verkeerde rede vier.

Kyk maar net hoe gaan dit tydens die Kerstyd.  Handelsomgewings is ʼn miernes van bedrywigheid; mense jaag van die bank na die winkels en soms selfs wéér terug bank toe!   Kerstyd is die tyd van die jaar waar mense oorboord gaan met  buitensporige aankope en vergrype.   En dit maak gelowiges opreg hartseer. Kerstyd moet eerder daardie tyd van die jaar wees om voor God stil te raak en met die geestes-oor die engelekoor van die grootsheid van Christus hoor sing, net soos wat die skaapwagters hul daardie nag in Betlehem hoor sing het.

Daardie skaapwagters was nie net bly nie, maar het mense dadelik gaan vertel dat die langverwagte Messias waarvan die profete deur die eeue heen voorspel het uiteindelik gekom het.   Kersfees gaan oor Jesus en oor niemand of niks anders nie!  Wie Kersfees op enige ander wyse vier, vier dit onwaardig!

Mense raak so besig met Kersfeesreëlings dat hulle vergeet oor Wie dit werklik gaan.  Kersfees sonder Jesus Christus is soos ʼn skulp minus die pêrel. Nee, gelowiges wil eerder iets van die skaapwagters se ervaring van daardie eerste Kersfees op aarde in die gees beleef.  Daarsonder sal niemand Kersfeesvreugde ervaar nie en sal “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” by die een oor in en by die ander een uitgaan.

Die skaapwagters van Betlehem was nie toevallig die enigste mense wat daardie engelekoor gehoor het nie.  God het dit so bestem.   Skaapwagters was maar baie eenvoudige mense sonder openbare aansien.  Nogtans het God dit so beskik dat hulle die lied van die engele die duidelikste van alle mense gehoor het.  Hulle hoor die engele sing: “Eer aan God in die hoogste hemel”.

Ons moet egter weet dat God se eer nooit van mense afhang nie.  Hy is die Here en sal alle eer vir ewig en altyd hê.   Dit maak nie saak wat die wêreld sê of die mensdom doen nie; God hét al die eer.   Kersfees mag nooit bloot ʼn gesellige familiebyeenkoms of tyd wees om ou vriende op te soek nie.  Kersfees is ʼn tyd om God se eer onder onverskillige familie, vriende en volksgenote te bevorder.

Luk.2:14 vermeld iets groots – vrede.   Dis wonderlik om met Kersfees Jesus Christus as Messias en Verlosser te vereer, en baie gelowiges doen dit.  Maar wat het van die vrede waarvan die engele gesing het, in Suid-Afrika geword?   Waar is die vrede van Christus wanneer kinders verkrag, aangerand en selfs om die lewe gebring word?   Waar is die vrede van Christus wanneer boere op hul plase vermoor word?   Waar is die vrede van Christus wanneer duisende mense jaarliks deur booswigte aangerand, beroof en dikwels vermoor word?  Die vrede van Christus ontbreek in die reënboognasie se hele politieke mondering!

Die vrede waarvan die engele daardie nag gesing het, is nie net iets tussen mense nie, maar ook tussen God en mens.   Met die eerste Kersdag op aarde het God die oordeel oor die sondeval opgehef deur in Christus vrede met sy skepping te maak.   Ongelukkig het die skepping nie vrede met Hom gemaak nie.  Mense het die hand wat God in Jesus na die verlore mens uitgesteek het, eerder op Golgota aan ʼn houtkruis vasgespyker!

Ons hoor gereeld in die nuusmedia van vredespogings en vredesverdrae wat gesluit word.  Dis alles mensgemaakte vrede wat gewoonlik misluk.  Die geringste ding steek maar net weer die lont aan die brand.  Slegs as God se vrede in menseharte woon, is dit duursaam soos wat die geskiedenis van Suid-Amerika van getuig.  In 1901 was Chili en Argentinië in ʼn stryd gewikkel.   Die twee leërs het met geweldige groot troepemagte weerskante van die grenslyn saamgetrek, gereed om oorlog te maak.

Die leiers aan weerskante was egter Christene en het ter elfder ure besluit om ʼn laaste poging aan te wend om deur onderhandeling die dreigende oorlog af te weer.  Nadat hulle ernstig om vrede gebid het, het beide die leërs teruggetrek en was daar sedertdien nooit weer onvrede tussen die twee lande nie.

Wat hierdie vrede soveel merkwaardiger gemaak het, was dat beide regerings kort daarna ʼn standbeeld van Christus op die plek van die onderhandelings opgerig het.  Dis die hoogste standbeeld ter wêreld - 3,832 meter bo seevlak in die Andesgebergte.  Dit word die Christus van die Andes genoem.  En waarvan is dit gemaak?   Van die kanonne wat vir die oorlog gebruik sou word!

Die standbeeld is op 13 Maart 1904 ingewy met die aangrypende onderskrif:  “Hierdie berge sal eerder wankel en tot stof verkrummel as wat Argentyne en Chilene die vrede wat hulle aan die voete van Christus die Verlosser gesluit het, ongedaan sal maak”. Ja, vrede het ook sy oorwinnings.  Dis net jammer dat daar meer monumente vir oorloë as vir vrede in die wêreld opgerig is!

Gelowiges ervaar ʼn vrede baie anders as dié van die wêreld.  Hierdie vrede is deel van die bekeringspakket in Christus: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.  Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Joh.14:27).   Die vrede van Christus is die enigste wat mense in onrustige tye werklik rustig maak.   Jesus se optrede op die aarde is immers aan kalmte in die aangesig van beproewing gekenmerk.  Alle vrede buite Jesus om is ʼn hersenskim en tevergeefs. Ware vrede is eintlik nie duur nie.  Dis die namaaksels wat so duur is!

Telkens wanneer sondaars tot bekering kom, ervaar ons as gelowiges God se vrede in die praktyk en hoor ons die engelekoor met ons geestes-oor sing:  “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae”.

In die slotreël hoor ons:” ...in die mense ʼn welbehae en ons laat die kop in skaamte sak omdat ons so dikwels ons eie belange bo God stel.   Hoe kan God in sondaars ʼn welbehae hê?   Bybelvertalers het Luk.2:14 selfs anders probeer vertaal omdat die oorspronklike vertaling nie vir hulle sin maak nie.  In die Vulgaat, die Latynse vertaling van die Bybel, lui hierdie slotgedeelte: “...vir die mense wat in God ʼn welbehae het”. ʼn Ander een vertaal Luk.2:14 met: “...vir die mense wat met welbehae op God se groot dade en verlossingswoorde reageer”. Maar dis nie wat daar staan nie!   Daar staan in die Grieks: “Eer aan die hoogste God en vrede op aarde vir mense in wie Hy groot blydskap het”.

God het blydskap in mense soos ek en jy al stel ons Hom ook hoe dikwels teleur.   Hy maak met ons soos ʼn ouer met sy kind - omdat hy sy kind liefhet, sal hy hom, wanneer hy oortree, vergewe en nooit verstoot nie.

Luk.2:14 draai om die as van vrede.  Vrede is die mooiste vorm van gelukkig wees.  Is jy gelukkig?   Het jy vrede in jou hart?   Niemand kan vrede met lippe verkondig as dit nie in sy hart is nie, al is hy ook hoe ryk.   Sonder vrede in die hart beteken rykdom net so min soos ʼn goue pantoffel aan ʼn seer voet!

Hoe lyk die vrede in jou lewe?  En in dié van jou gesin?   Vrede in ʼn huis bring orde in ʼn gesin.  ʼn Ordelike gesin bring rus in ʼn volk en ʼn rustige volk bring vrede in die wêreld; dit waarna almal smag.  En kyk waar begin dit – vrede in jou eie hart.

Laat ons vanoggend dankbaar saamsing: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae”. Hierdie eeu oue boodskap is nog steeds dieselfde boodskap wat ons aan ʼn wêreld sonder Christus en sonder vrede moet uitdra.  Want waar daar geloof is, heers daar liefde.  En waar daar liefde is, heers daar vrede en waar daar vrede is, regeer Christus.  En waar Christus regeer, ontbreek dit sy kinders aan niks nie.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 933 gaste aanlyn